Modulekode | COS 132 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | *Nota: Alle studente wat vir grade in die Skool vir IT geregistreer is, uitgesluit die twee vierjaar programme, BIS (Inligtingkunde) en BIS (Uitgewerswese), moet registreer vir hierdie module. Die module stel die studente aan imperatiewe rekenaarprogrammering bekend, wat 'n fundamentele boublok van rekenaarwetenskap is. Die proses om 'n program vir 'n gegewe probleem te ontwikkel, programmeer, te redigeer, te vertaal (met die hand of automaties), uit te voer en te ontfout, word van die begin af gedek. Die doel is om die elemente van programmeertaal te bemeester, en om hul saam te kan voeg om sodoende programme te skep wat gebruik maak van tipes, kontrolestrukture, skikkings, funksies en biblioteke. 'n Inleiding tot objekgeoriënteerdheid sal gegee word. Na afloop van die module, behoort 'n student die fundamentele elemente van 'n program te verstaan, asook die belangrikheid van goeie programontwerp en gebruikersvriendelike koppelvlakke. Studente behoort basiese programanalise te kan doen en volledige elementêre programme te kan skryf. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme |
BCom Statistiek
BIng Elektriese Ingenieurswese BIng Elektriese Ingenieurswese Engage BIng Elektroniese Ingenieurs Engage BIng Elektroniese Ingenieurswese BIng Rekenaar-ingenieurswese Engage BIng Rekenaaringenieurswese BIS Multimedia BIT Inligtingtegnologie BSc (Rekenaarwetenskap) Rekenaarwetenskap BSc Inligtingtegnologie Inligting- en Kennisstelsels BSc Aktuariële en Finansiële Wiskunde BSc Fisika BSc Wiskunde BSc Wiskundige Statistiek |
Diensmodules | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Voorvereistes | TPT van 30 en Vlak 5 (60-69%) Wiskunde |
Kontaktyd | 1 tutoriaal per week, 1 praktiese sessie per week, 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Rekenaarwetenskap |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App