Jaarboeke

Bedryf- en organisasiesielkunde 110


 
Modulekode BDO 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud

Inleiding tot die bedryf- en organisasiesielkunde
‘n Inleiding tot die verskillende denkskole van die sielkunde word gegee met spesiale klem op bedryf- en organisasiesielkunde en laasgenoemde se toepassingsvelde. Die basiese beginsels in die wetenskaplike sistematisering van bedryfsielkundige kennis word bespreek. Die biologiese basis van gedrag word behandel ten einde die grondslag te lê vir die toepassing van ergonomiese beginsels.
Individuele prosesse
In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na aspekte soos vorm-, diepte-, afstand- en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf- en organisasiesielkunde.

Modulekrediete 10.00
Diensmodules Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Voorvereistes Mag nie ingesluit word in dieselfde kurrikulum as SLK 110/120 nie
Kontaktyd 4 lesing per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Menslikehulpbronbestuur
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences