Jaarboeke

Internasionale verhoudinge 220


 
Modulekode IPL 220
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Buitelandse beleid en diplomasie ’n Kort inleiding tot die studie van buitelandse beleid word gevolg deur ’n verduideliking van die gebruik van die vergelykende metode en ’n raamwerk vir die analise en evaluasie van buitelandse beleid. Dit bied ’n vergelykende studie van die buitelandse beleid van geselekteerde state van die belangrikste streke van die wêreld, waaronder die buitelandse beleid van Suid-Afrika. In elke gevallestudie word die beleidsomgewing, die formulering- en implementeringsprosesse, asook die inhoud van die spesifieke staat se buitelandse beleid gedek. Daarna vernou die fokus na diplomasie: die oudste, mees veelsydige en universeel gebruikte instrument van buitelandse beleid. Die aard, geskiedenis, tipes diplomasie en regsraamwerk van hierdie instelling word ondersoek. Voorbeelde uit die globale praktyk word gebruik, met spesifieke oorweging van die evolusie van diplomatieke praktyk in die Afrika en Suid-Afrikaanse konteks.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Voorvereistes PTO 111(GS), PTO 120(GS), IPL 210(GS)
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Politieke Wetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences