Jaarboeke

Bedryf- en organisasiesielkunde 229


 
Modulekode BDO 229
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Werknemergesondheid en ergonomika Hierdie afdeling fokus op aktuele en belangrike aspekte van gesondheids- en veiligheidsbestuur in organisasies, asook die aard en rol van ergonomika daarin. Hierdie aspekte word teoreties en prakties toegelig sodat die student die nodige kennis en vaardighede bekom in die veld van organisasiesielkunde en menslikehulpbronbestuur. Bestuur van diversiteit Hierdie afdeling fokus op die ontwikkeling van ‘n sensitiwiteit vir ‘n diverse werksmag en die ontwikkeling van ‘n klimaat van wedersydse respek en toleransie tussen individue en groepe in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op die voorvereistes vir die effektiewe instel van ‘n diversiteitsbestuurprogram in ‘n organisasie.
Modulekrediete 16.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Voorvereistes BDO 219 GS
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Menslikehulpbronbestuur
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences