Jaarboeke

Fakulteit Opvoedkunde

Fakulteitsregulasies en -inligting

Die regulasies ten opsigte van kwalifiskasies wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan voor die aanvang van die akademiese jaar gewysig word.

Die Algemene Regulasies (G-regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Raadpleeg ook die Algemene Reëls en Inligting op die Jaarboek-webblad vir bykomende inligting.

1. Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot:
alle voorgraadse programme;
alle nagraadse sertifikaatprogramme (NGSO en NGSHO); en
alle BEdHons-, magister- en doktorale programme.

2. Eksamens
Sien ook Algemene Regulasies en Reëls

2.1 Eksamentoelatings- en slaagvereistes
'n Subminimum van 40% in die jaar- en/of semesterpunt is 'n voorvereiste vir toelating tot die eksamen in elke module. 'n Student wat 'n finale punt van 40–49% in 'n module behaal, kwalifiseer vir 'n hereksamen. Indien 'n slaagpunt in 'n module behaal is, maar die vereiste subminimum van 40% is nie in die eksamen behaal nie, sal die student 'n hereksamen moet aflê. 'n Finale punt van minstens 50% word vereis ten einde 'n module te slaag.

2.2 Eksamenperiodes
Die eksamens vir eerste semester modules, vind in Mei/Junie plaas, terwyl alle ander eksamens (tweedesemestermodules en jaarmodules) in Oktober/ November plaasvind.

2.3 Aanvullende eksaminering
Die eksaminatore kan 'n student na aflegging van 'n eksamen en voor bekendmaking van die eksamenuitslae oproep om 'n aanvullende eksamen oor bepaalde aspekte van die werk van 'n module af te lê.

2.4 Siekte-/buitengewone eksamens
'n Student wat nie op die geskeduleerde eksamendag sy/haar vraestel skryf nie, kan vir 'n siekte- of buitengewone eksamen by die kantore van Studenteadministrasie aansoek doen. Dosente mag nie self reëlings met studente tref oor die toestaan van hierdie kategorie van eksamen nie. Die onus is op die student om vas te stel of sy/haar aansoek suksesvol was. Indien die aansoek suksesvol was, moet die student die buitengewone eksamen tydens die hereksamen aflê. Sodanige student kan dan nie verder vir 'n hereksamen kwalifiseer nie.

Aansoeke vergesel van 'n geldige mediese sertifikaat moet by die kantore van Studenteadministrasie ingedien word, nie later nie as drie werksdae nadat die module geskryf moes word.

'n Student wat toestemming gekry het om 'n siekte-/buitengewone eksamen af te lê en dan afwesig is, kwalifiseer nie vir enige verdere sodanige aansoek nie.

'n Mediese sertifikaat wat lees dat die student na eie mening nie in staat was om die eksamen af te lê nie, sal nie aanvaar word nie. 'n Mediese sertifikaat wat nie die dokter/praktyk se fisiese adres en telefoonnommer bevat nie, sal nie aanvaar word nie. 

In geval van 'n ander rede as siekte, moet die student 'n beëdigde verklaring aflê wat die rede vir afwesigheid tydens die eksamen vermeld. Verdere bewysstukke en stawende beëdigde verklarings van persone wat oor die situasie kan getuig, moet ook ingedien word. In die geval van 'n begrafnis, word 'n doodsertifikaat van die oorledene of ander stawende bewyse vereis, asook 'n uiteensetting van die verbintenis tussen die student en die oorledene.

2.5 Hernasien van eksamenantwoordstelle
Departemente gee na eksaminering terugvoering aan studente oor die raamwerk wat eksaminatore tydens eksaminering gebruik. Die wyse waarop hierdie terugvoering geskied, word deur die departementshoof bepaal. Studente kan ná insae en binne 14 kalenderdae na die aanvang van lesings in die volgende semester aansoek doen om die hernasien van 'n antwoordstel. Na betaling van die voorgeskrewe gelde, sal die antwoordstel hernagesien word deur 'n eksterne eksaminator wat deur die betrokke departementshoof aangewys is.

2.6 Hereksamens

  1. Hereksamens in eerstesemestermodules vind na afloop van die Mei-/Junie-eksamen plaas en dié in tweede semester modules en jaarmodules na afloop van die Oktober-/Novembereksamen.
  2. Behoudens andersluidende fakulteitsbepalings, kan 'n student tot 'n hereksamen in 'n module toegelaat word indien:
  • 'n finale punt tussen 40% en 49% behaal is; of
  • 'n slaagpunt behaal is, maar die vereiste subminimum in die eksamengedeelte van die module of onderdele daarvan nie behaal is nie.
  1. Behoudens andersluidende fakulteitsregulasies, moet 'n student om in 'n hereksamen te slaag, 'n finale punt van minstens 50% behaal. Die semester- of jaarpunt word nie in berekening gebring nie en die hereksamenpunt is die finale punt.
  2. Die hoogste finale punt wat aan 'n student in 'n hereksamen toegeken kan word, is 50%.
  3. Spesiale hereksamens word nie gereël vir studente wat nie gedurende die hereksamentydperk die eksamen op geskeduleerde tye kan aflê nie.

3. Bevorderingsvereistes

  1. Die registrasie van 'n student word slegs hernu indien hy of sy:
  • in 'n bepaalde studiejaar, in die geval van voltydse studente, ten minste die ekwivalent van vier semester modules geslaag het, met dien verstande dat fakulteitsrade ander bevorderingsvereistes kan neerlê waaraan studente met die oog op hertoelating moet voldoen. Akademiese-inligtingbestuur (AIM) -modules word nie in berekening gebring vir dié geslaagde modules nie;
  • die graadprogram waarvoor geregistreer is, in die geval van voltydse studente, steeds binne die voorgeskrewe minimum tydperk plus twee jaar voltooi, met dien verstande dat fakulteitsrade ander bevorderingsvereistes kan neerlê waaraan studente met die oog op hertoelating moet voldoen.
  1. 'n Student wat nie aan die vereistes in (i) gestel voldoen nie en wat hertoelating tot die fakulteit verlang, kan die dekaan skriftelik versoek dat sy of haar aansoek om hertoelating tot die fakulteit ingevolge die voorgeskrewe prosedure oorweeg word.
  2. Hierdie vereistes is mutatis mutandis van toepassing op studente van ander tersiêre inrigtings wat by die Universiteit registreer.

Studente kan slegs tot die vierde studiejaar bevorder word indien al die modules van die eerste drie jaar geslaag is.

Verantwoordelike en etiese navorsing
Alle navorsingsprojekte in die Fakulteit Opvoedkunde is onderhewig aan voorafgoedkeuring en klaring van die Navorsingsetiekkomitee wat die Universiteit van Pretoria se regulasies vir verantwoordelike en etiese navorsing implementeer. Alle navorsers (studente en personeel) van die Universiteit van Pretoria moet op hoogte wees van die Etiekkomitee se riglyne wat by die volgende e-posadres beskikbaar is: [email protected]

Afstandonderrigprogramme
Let wel: Regulasies en inligting met betrekking tot Afstandonderrigprogramme is slegs in Engels beskikbaar.

Regulations and information for Distance Education programmes
1. Registration for a particular year of study
On successful application a student will be registered for the complete programme.

2. Registration for examination
A student registers for a programme before 1 September to write examination in April of the following year, or before 1 March to write examination in October of the same year.

3. Examination admission and pass requirements
3.1 BEdHons (Education Management, Law and Policy)

A final mark of at least 50% is required to pass a module.  The final mark iscalculated by using the following three marks: assignment 1 = 10%; assignment 2 = 20% and the examination/project = 70%.

3.2 Examinations
Examinations take place twice a year, (during April and October), at examination centres countrywide. Students must register for examinations as stipulated in paragraph 2 above.

3.3 Re-marking of examination papers (also consult General Regulation G.14)
After an examination, students may request written feedback about the framework that was used by the examiners during the examination. The departmental heads determine the way in which feedback is given. A student may apply for re-marking of the examination paper within 3 weeks of the date on which final marks were released. The prescribed fee has to be paid. An examiner, appointed by the head of department concerned, will re-mark the paper.

4. Reregistration for a module
If a student failed the examination in a module twice, the student will be de-registered for that module and will have to reregister for the module. A student who reregisters for a module has to pay the fees for that module again, and will have to resubmit both assignments 1 and 2. Assignment marks obtained previously will not be carried over.

5. Termination of studies
A student, who decides to terminate his or her studies during the course of the academic year, must notify the Unit for Distance Education in writing.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences