Jaarboeke

Program: MArch Argitektuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252025 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof BP Jekot
[email protected]
+27 (0)124204052

Programinligting

By wyse van ’n verhandeling en eksamen.

Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G. 50 tot G.54.

Toelatingsvereistes

’n Kandidaat wat ’n onderwerp in die dissipline van argitektuur wil navors en

(i) oor ’n BArch of ekwivalente vierjarige graad of meer beskik;
 
of
 
(ii) oor ’n honneursgraad in argitektuur BArchHons of ekwivalent beskik;
 
of
 
(iii) oor ’n driejarige graad met ontwerp as hoofkomponent beskik en vir aanvullende modules wat dieselfde gewig as ’n honneursgraad dra soos deur die Departementshoof vereis inskryf en suksesvol voltooi;
 
of
 
(iv) wat deur die Departementshoof in oorleg met die Dekaan as geskik beskou word en (waar nodig) die toestemming van die Senaat verkry het en voldoen aan enige ander vereistes wat voorgeskryf mag word word tot die studie vir die Magister in Argitektuur (deur navorsing) toegelaat.

 

Eksamens en slaagvereistes

Na ’n minimum van een jaar van registrasie moet die student ’n verhandeling vir eksaminering voorlê en ’n mondelinge eksamen oor sodanige verhandeling in die verwante vakgebied aflê.

Toekenning van die graad
Die Magister in Argitektuur word toegeken aan ’n student wat ’n minimum slaagpunt van 50% in beide die verhandeling en die mondelinge eksamen behaal.

Navorsing

Die G Regulasie G.39.12. is van toepassing.

Slaag met lof

Die Magister in Argitektuur word met lof toegeken aan ’n student wat ’n minimum van 75% in beide die verhandeling en mondelinge eksamen behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences