Jaarboeke

Program: BISHons Multimedia

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12240007 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Mr JW de Beer
[email protected]
+27 (0)124202833

Toelatingsvereistes

  • BIS in Multimedia.
  • ’n Minimum gemiddelde van 60% in die voorgraadse studie.

 

 

 

Addisionele vereistes

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van G Regulasie G.18.3, moet 'n voltydse kandidaat vir 'n baccalaureus honoresgraad sy of haar studies binne twee akademiese jare (vier semesters), en 'n na-uurse kandidaat binne drie jaar (ses semesters) na eerste registrasie vir die graad voltooi. Die Dekaan kan egter, op aanbeveling van die Departementshoof, in beide gevalle die studietydperk met hoogstens twee semesters verleng.

Hoogstens twee keusemodules mag gekies word van die ander departemente in die Skool vir Inligtingtegnologie.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote module
    Ontwikkeling en produksie van 'n multimediaproduk; produklewensiklusbestuur en produkdokumentasie; die student dien 'n voorlegging in wat geëvalueer word. Indien dit aanvaar word, lei dit tot 'n multimediaproduk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Studie van hipermediastelsels, spesifiek aanpasbare hipermediastelsels, sowel as datamodellering, -berging en -herwinning, databasisstrukture en metadata. 'n Studie van verskillende opmerktale en die rol daarvan in multimediaprodukte met die klem op datastrukturering, hiperskakelteorieë en modelle.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Geskiedenis van multimedia-idees en tegnologie; huidige tendense in multimedia, die nuutste tegnologie en toekomstige tendense in multimedia.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In die module doen studente navorsing en bespreek verskeie onderwerpe wat verander van jaar na jaar. Die onverwerp spesifiek aan elke jaar kan gevind word op die departementele webwerf. Die onderwerp is verwant aan die kreatiewe gebruik van multimediategnologie. 'n Begrip van huidige multimediatendense word vereis tesame met die kennis om dit te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente blootgestel aan virtuele omgewings wat volledig onderdompelende virtuele werklikheid en aanlyn virtuele wêrelde insluit. Beginnende met die idee van die werklikheid en hoe die werklikheid gesimuleer word, leer studente oor hardeware, sagteware en mens-faktore wat met die skep en verkenning van virtuele omgewings gepaard gaan. Studente word ook aan VO platforms en tegnieke, wat gebruik word om 'n virtuele wêrelde te maak, blootgestel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied 'n oorsig van die historiese en huidige beginsels en praktyk van natuurlike beweging animasie. Verskillende animasie tegnieke word gedek, soos stopaksie, tradisionele animasie, en 3D-animasie. Die student kry 'n geleentheid om 'n geanimeerde kort film te skep met behulp van 'n tegniek van hul keuse.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente aan navorsingsonderwerpe en metodologieë binne die MRI-dissipline blootgestel. Studente pas dan hul kennis toe deur 'n navorsingpapier te beplan en af te lê.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie en die toepassing daarvan ten einde navorsingsprobleme op te los en nuwe kennis te skep, is 'n aanwins wat van waarde kan wees vir 'n persoon vir die res van sy/haar lewe. Die module is saamgestel met die volgende oogmerke in gedagte: om die student te onderrig in die basiese beginsels van navorsing en om aan hom/haar die geleentheid te bied om navorsingsprojekte op 'n professionele wyse uit te voer. Studente word gelei van die seleksie van 'n probleem tot die aanbieding van 'n volledige navorsingsverslag. Dit word gedoen aan die hand van praktiese voorstelle wat gebaseer is op 'n sterk teoretiese grondslag.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences