Jaarboeke

Program: BScHons Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10244024 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die volgende vereistes word gestel:

  • Gevorderde onderrig by wyse van selfstudie en lesings.
  • 'n Student moet die module TNM 800 Toegepaste navorsingsmetodologie slaag 800.
  • 'n Student moet die module PHM 770 Studie in openbare gesondheid slaag 770.
  • 'n Student moet ‘n navorsingsverslag (of projek) ter waarde van minstens 30 krediete slaag.

Toelatingsvereistes

  • 'n Kandidaat moet in besit wees van 'n baccalaureusgraad wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.
  • Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat 'n student wat 'n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het slegs met goedkeuring van die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.
  • Kandidate moet in besit wees van ’n MBChB of gelykstaande graad wat deur die departementshoof as aanvaarbaar geag word.
  • Kandidate moet geregistreerde Lugvaart Mediese Eksaminatore wees.

Addisionele vereistes

  • Kandidate moet in besit wees van ’n MBChB of gelykstaande graad wat deur die departementshoof as aanvaarbaar geag word.
  • Kandidate moet geregistreerde Lugvaart Mediese Eksaminatore wees.

 

 

Eksamens en slaagvereistes

  1. Al die individuele modules in elke studierigting moet met 'n punt van minstens 50% elk geslaag word voordat ‘n student in die studierigting kan gradueer.
  2. Elke studierigting het 'n spesifieke, ekstern gemodereerde, summatiewe assessering wat ook geslaag moet word voordat die student kan gradueer.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die summatiewe assessering, asook 'n gemiddelde van 75% vir die oorblywende komponente van die kurrikulum (dws uitsluitende die summatiewe assesseringspunt) behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The purpose of this module is to teach the fundamentals of aerospace medicine. Topics addressed in this module include:
    Aviation Physiology (The Aviation working environment, cognition, decision making, communication, sleep and fatigue, physics of the atmosphere, hypobarism, hypoxia, vision, spatial disorientation, acceleration, radiation, noise, vibration hyper/hypothermia.)
    Clinical Aviation Medicine (Incapacitation during flight, aging, cardiology, neurology, ophthalmology, ENT, pulmonology, psychiatry, metabolic/endocrine, malignancy, digestive system, haematology, urinary, renal, gynaecological/obstetric, musculoskeletal, infective, medication.)
    Aviation medical regulations (Regulations of the International Civil Aviation Organisation and the South African Civil Aviation Authority.)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Special introduction to fundamentals in Executive Leadership in health
    The emerging student will be taught the fundamentals in executive leadership in healthcare systems which will form the basic platform or foundation for understanding the challenges for application of leadership modalities at the different levels of healthcare service delivery in the public health service and how to begin to think and analyse how the principles of executive leadership at their level of appointment can improve health service delivery.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs bywoningsmodule.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences