Jaarboeke

Program: NGSO Intermediêrefase-onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09227021 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr S Coetzee
[email protected]
+27 (0)124205555

Programinligting

Neem asseblief kennis: Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) het 'n beleid in plek gestel om 'n stel minimum vereistes vir Onderwysersopleiding Kwalifikasies (MRTEQ) (Staatskoerant no 38487, 19 Februarie 2015) te spesifiseer. Die vereistes vir toelating tot die NGSO (Grondslag Fase- en Intermediêre Fase-Onderwys) het so streng geword dat studentegetalle gedaal het tot die mate dat hierdie spesialiserings nie tans aangebied kan word nie en sal dus nie beskikbaar wees in 2017 tot verdere kennisgewing nie. 

Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente ’n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 8 weke elk (16 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsdosente ondersteun en geassesseer word.

Vakkeuses moet voor registrasie tydens ’n oriënteringsessie met die pakket-koördineerder uitgeklaar word.

Toelatingsvereistes

The MRTEQ policy (Gazette 34467) stipulates that the minimum admission requirement into a PGCE is an appropriate diploma or bachelor’s degree. An appropriate diploma or degree should include sufficient disciplinary learning in appropriate academic fields to enable the development of teaching specialisation or/and subjects as specified for each school phase. The MRTEQ policy also clearly defines minimum entrance requirement guidelines in terms of sufficient subject knowledge per qualifier, some specialisations and DHET approved diplomas (the DHET will publish a list of approved diplomas for entry into an Advanced Diploma in Teaching). Furthermore, a student’s choice in elective modules depends on the phase that a student qualifies for. In this regard the MRTEQ policy describes various factors that influence the range of teaching specialisations. These include:

  • Specialised pedagogical content addressing the particular qualifier;
  • Specialist requirements for the knowledge mix per qualifier;
  • Minimum admission requirements;
  • Approved teaching specialisations for Initial Teacher Education Qualifications;
  • Approved basic competences of a beginner teacher.
  • Appropriate subjects passed at a first-year academic level (100) which corresponds with one or more relevant subjects at school level (see programme modules).
  • English passed at First year level. Any ONE official language passed at first-year degree level besides English.
  • Any Mathematics, Applied Mathematics, Statistics or Applied Statistics, Accountancy (or suitable course addressing the Foundations of Mathematics) at First year level to 6 credits minimum.

Addisionele vereistes

Intermediêre Fase Onderrig en Leer:
Toepaslike graadmodules op 100-vlak geslaag wat verband hou met een of meer relevante vakke op skoolvlak (kyk programmodules). Engels geslaag op eerstejaarsvlak. Enige EEN offisiële taal geslaag op eerstejaarsvlak anders as Engels. Enige Wiskunde, Toegepaste wiskunde, Statistiek of Toegepaste Statistiek, Rekeningkunde (of toepaslike module wat Fundamentele Wiskunde ondervang) op eerstejaarsvlak tot 6 krediete mimimum.

Ander programspesifieke inligting

Keusemodules
Kies twee van die volgende agt leerareas in ooreenstemming met die toelatingsvereistes (relevante akademiese modules word tussen hakies aangedui):

  • IPH 416: Tale (Afrikaans, Engels)
  • IPH 412: Wiskunde (Wiskunde, Toegepaste wiskunde, Statistiek of enige ander verwante akademiese module)
  • IPH 403: Kuns en kultuur (Kuns, Drama, Dans, Antropologie of enige ander verwante akademiese module)
  • IPH 414: Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis, Geografie, Sosiologie, Politieke Wetenskappe of enige ander verwante akademiese module)
  • IPH 417: Natuurwetenskappe (Biologie, Plantkunde, Dierkunde, Chemie, Fisika, Fisiologie, Genetika, Mikro-biologie, Biotegnologie of enige ander verwante akademiese module)
  • IPH 408: Tegnologie (Enige Tegnologie of tegniese of rekenaarverwante akademiese module)
  • IPH 409: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ekonomie, Bedryfsekonomie, Entrepreneurskap, Ondernemings-bestuur, Rekeningkunde of enige ander verwante akademiese module)
  • IPH 410: Lewensoriëntering (Sielkunde, Menslike bewegingstudie, Rekreasie-kunde of enige ander verwante akademiese module)

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

PPF 400 en PRO 410 en 420 word deurlopend en geintegreerd geassesseer aan die hand van bekwaamheidsgebaseerde kriteria. Assessering en terugvoering word deurlopend gedoen, sowel as aan die einde van die eerste semester. Aan die einde van die jaar word van die studente verwag om hul professionele groei deur middel van ‘n portfolio te demonstreer.

Spesiale eksamens in die Fakulteit Opvoedkunde
’n Finalejaarstudent wat ’n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en ’n finale punt van minstens 40% daarin behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar ’n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student hierdeur aan alle vereistes vir die sertifikaat kan voldoen.

Slaag met lof

Die NGSO word met lof uitgereik aan die student wat 75% in elk van die Professionele ontwikkeling (PPF 400), Leerfasilitering (FCL 400) en die spesialiseringsmodule(s) behaal het, sowel as ’n gemiddelde van 75% in die ander modules.

Algemene inligting

Rekenaargeletterdheid
Die rekenaargeletterdheid van alle studente sal deur middel van ’n vaardigheids-toets bepaal word. Studente word aan die hand van hul prestasie in die rekenaargeletterdheidstoets in 'n bepaalde rekenaargeletterdheidsmodulegeplaas.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences