Jaarboeke

Program: BConSc Kledingkleinhandelbestuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02130110 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 510

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.

?

Minimum vereistes 
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level

5

3 C C 4 3 D D 28
 

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student wat nie al die modules van ’n betrokke studiejaar geslaag het nie, moet eers vir die ontbrekende modules registreer. Met goedkeuring van die departementshoof mag modules van die volgende studiejaar vooruit geneem word, mits daar geen roosterbotsings is nie, aan al die vereistes en voorvereistes voldoen is en nie meer as ’n toegelate aantal krediete per semester geneem word nie. By berekening van die toelaatbare aantal krediete, geld die krediete van die semester waarvan daar modules herhaal moet word, as riglyn.

  1. 'n Student registreer as ’n tweedejaarstudent wanneer minstens 80% van die eerste jaar se modulekrediete geslaag is.
  2. 'n Student registreer as derdejaarstudent wanneer minstens 85% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.
  3. 'n Student registreer as ’n vierdejaarstudent wanneer minstens 95% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:
’n Kombinasie van modules gelykstaande aan ses semestermodules:

  1. Bemarkingsnavorsing 314, Strategiese bemarking 321
  2. Kledingkleinhandelbestuur 410 en Kledinghandelswarebestuur 420
  3. Kledingklereproduksie 321, Produkontwikkeling 411
  4. Projek: Kledingtekstielprojek 402
  5. Nuwe ontwikkelings, volhoubaarheid en tekstiele in gebruik 411
  6. Tekstielkunde: Bemarking en verbruikersaspekte 421

Minimum krediete: 131

Minimum krediete:

Fundamenteel   = 12 

Kern                 = 119 

Addisionele inligting:

Studente wat nie kwalifiseer vir AIM 102 nie, moet vir AIM 111 en AIM 121 registreer.

Studente wat nie kwalifiseer vir STK 110 nie, moet vir STK 113 en STK123 registreer.

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voorstellingstegnieke: visuele voorstellings en tegniese tekeninge. Voorstellingstegnieke met CAD as hulpmiddel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en funksie van rekeningkunde; die ontwikkeling van rekeningkunde; finansiële toestand; finansiële prestasie; die boekstawingsproses; verwerking van rekeningkundige data; elementêre inkomstestaat en balansstaat; dokumentevloei; rekeningkundige stelsels; inleiding tot interne beheer en interne beheermaatreëls; bankrekonsiliasies; kontrolerekeninge; aansuiwerings; opstel van finale state van 'n eenmansaak; die rekeningkundige raamwerk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Begroting, salarisverantwoording, belasting – inkomstebelasting en ‘n inleiding tot ander soorte belasting, krediet en die nuwe Kredietwet, versekering, verantwoording van voorraad (klem op voorraad en die rekeningkundige inskrywings, nie berekeninge nie), vertolking van finansiële state.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese kledingsaamsteltegnieke en kwaliteitsbeheer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Toepassing van basiese kledingsaamsteltegnieke en kwaliteitbeheer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die elemente en beginsels van ontwerp soos toegepas in die interieur en kledingontwerp en in voedselbereiding. Kleurteorieë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf. 
    Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
    Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en ontwikkeling van entrepreneurskap; die individuele entrepreneur en karaktereienskappe van Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Kreatiwiteit en innovasie, die ontdekking en ontginning van ? geleentheid. Die sakeplan en hulpbronvereistes word ontleed. Die begin van die onderneming (“start up”). Ondersoek die verskillende weë/roetes na entrepreneurskap. Toetrede tot familie-ondernemings; die aanskaf van ‘n konsessie (“franchise”); tuisgebaseerde onderneming en die besigheidsoorname. Hierdie semester dek ook hoe entrepreneurs netwerking kan bewerkstellig en ondersteuning vind in hulle omgewing. Gevallestudies van suksesvolle entrepreneurs - ook Suid- Afrikaanse entrepreneurs - word bestudeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beskrywende statistiek:
    Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding.  Waarskynlikheidsleer en inferensie:
    Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings.  Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.

    Sien meer

Minimum krediete: 137

Minimum krediete:

Kern    =  137 

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geïntegreerde handelsnaam kommunikasiebenadering, bemarkingskommunikasiebeplanning, doelwitte en begroting van geïntegreerde bemarkingskommunikasiebestuur, beginsels en strategieformulering van bemarkingskommunikasie-elemente, nuwe media, die handelsnaamkommunikasieproses, meting en evaluering van bemarkingskommunikasie-effektiwiteit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Rekenaarverwerking van rekeningkundige inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Klere- en modegeskiedenis: Voorkomskenmerke van Westerse kleredrag. Beïnvloedende faktore. Evolusie van style van Ou Egipte tot en met die huidige.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die Suid-Afrikaanse modebedryf: basiese beginsels van mode; mode as 'n produk en die verbruiker. Mode-produksie: Haute Couture en pasklaarklere. Modevooruitskouings en - analises.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Rekenaargesteunde ontwerp (CAD).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Patroongebruik en goeie pas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Logistieke bestuur Die rol van logistiek in 'n onderneming; omskrywing en omvang van klantediens; elektroniese en ander logistieke inligtingstelsels; voorraadbestuur en materiaalbestuur met besondere verwysing na Japannese stelsels; bestuur van die voorsieningsketting. Vervoermetodes en vervoerkoste; soorte opberging en die koste daarvan; elektroniese hulpmiddels by materiaalhantering; koste en prysbepaling by aankope; organisering vir logistieke bestuur en metodes om logistieke werkverrigting te verbeter.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Projekbestuur: Inleiding. Konsepte van projekbestuur; behoefte-identifisering; die projek, projekbestuurder en projekspan; soorte projekorganisasies; projekkommunikasie en -dokumentasie. Beplanning en beheer: beplanning, skedulering en skedulebeheer van projekte; hulpbronoorwegings en toedeling; kostebeplanning en prestasie-evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Bruikbaarheidsaspekte: basiese komponente van tekstiele, verbruikersbesluitneming, bruikbaarheidsaspekte wat duursaamheid, gemak, versorging, gesondheid/veiligheid/beskerming en estetiese aspekte insluit. Vesels en garings: Veselstruktuur en -gedrag, insluitende tekstielchemie, veselmorfologie en -vorming, vesel eienskappe, klassifikasie en identifikasie. Garingstruktuur en -gedrag (insluitende gespinde garings, filamentgarings, vervaardiging van eenvoudige garings, mengelgarings, saamgestelde en siergarings).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kleedstofstrukture: Inleiding tot kleedstofstrukture. Weefstowwe, breistowwe, nie-geweefde strukture en saamgestelde strukture. Afwerkings en kleurprosesse: Inleiding tot kleedstofafwerking. Voorbereidende en finale afwerkings. Afwerkings vir spesiale doeleindes: duursaamheid; gemak en beskerming; makliker versorging; estetiese aantreklikheid. Gekleurde en bedrukte tekstiele.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Minimum krediete:

Kern    =  120 

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die rol van bemarkingsnavorsing, die proses van bemarkingsnavorsing, vertolking van sekondêre data, kwalitatiewe navorsing, opnamenavorsing, waarneming, meting- en houdingskale, vraelysontwerp, steekproefontwerp en steekproefprosedures, basiese dataontleding, beskrywende statistiese ontleding, vertolking en verslagdoening van bevindinge en skryf van verslae.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Strategiese vraagstukke in bemarking, strategiese bemarking, strategiese ontleding, (markontleding, klantontleding, mededingersontleding en interne ontleding), markstrategieë (mededingingstrategieë, strategieë in die produklewensiklus, en verhoudingsbestuurstrategieë) asook strategie-implementering en beheer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese beginsels van die kontraktereg; koopreg; kredietooreenkomste, huurreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Arbeidsreg; aspekte van sekerheidstelling; insolvensiereg; ondernemingsreg; maatskappyereg; reg insake beslote korporasies en vennootskapsreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot estetika. Die wisselwerking tussen die omgewing en verbruikers se estetiese ervaring. Handerlsware voostelling: basiese komponente, hulpmiddels en tegnieke; beplanning in kleding-, interieur- en voedselklein-handelomgewings

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sosiaal-sielkundige en kulturele aspekte van kleding: Ontwikkeling van 'n raamwerk; die simboliese-interaktionisme as perspektief; die kognitiewe benadering. Ontwikkeling van die self: self en selfkonsep; die fisiese self as indikator: persoonlike waardes en norme. Voorkomsbestuur en aanbieding van die self: rolaanvaarding, identiteit, sosiale beheer en rolle in sosiale kognisie. Kulturele konteks en klere: weerspieëling van menslike aanpassing; kultuurskeppings (tegnies, moreel, seremoniële patrone); gemeenskappe en klere; skoonheidstandaarde en -ideale. Sosiale konteks, identiteit, verandering en klere; die gesin, politiek, godsdiens, ekonomie en die rol van klere as weerspieëling van die sosiale en persoonlike identiteite; mentefakte en identiteite; sosiale verandering en klere.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kleinskaalproduksie: industriële masjiene, produksiesisteme, kwaliteitbeheer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verbruikersbesluitneming en verbruikersosialisering; faktore wat verbruikerstevredenheid bepaal. Verbruikersopleiding ; ontwikkelling van verbruikersvaardighede. Bestedingspatrone van die diverse Suid-Afrikaanse verbruikersmark en diverse markkontekste. Verbruikerswese Globalisering.

    Sien meer

Minimum krediete: 125

Minimum krediete:

Kern    =  122 

Addisionele inligting:

KTP 403: Praktykopleiding in die industrie: Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs, ’n totaal van 480 uur praktyk-opleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel, deel te neem aan gemeenskapsprojekte/ontwikkeling en diensleergeleenthede te benut . Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof.

Hierdie opleiding moet suksevol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Kledingkleinhandelaspekte:  Funksionering van kerekleinhandelbedryf.  Omgewings, formate end strukture van klerekleinhandelaars.  Verkope en winkelplasing.  Modeverbruikersgedrag.  Etiek en sosiale verantwoordelikhede van klerehandelaars.  Modebemarkingskommunikasie:  advertensie, direkte bemarking, sales promotions, persoonlike verkope en dienslewering, publisiteit en openbare betrekkinge, modevertoning en spesiale funksies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kleding handelsware-bestuursaspekte:  mode-aankope en beplanningsfunksie, beheer van voorraad, faktore wat beweging van voorraad beïnvloed, herverspreiding  van voorraad, klereverkoopsprosesse: opspoor en verhouding me verskaffers, bestuursrolle en -verantwoordelikhede.  Aankoopstrategieë, voorspelling en optekening, voorbereiding van 'n aankoopplan, ontwikkeling van verskeidenheidplan.  Gebruik van toepaslike sagteware in die aankoop- en beplanningsfunksie.  Globale perspektief van die kledingbedryf.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Produksie: produkanalise, beplanning en uitvoering. Toepassing van kleding-, tekstiel- en verbruikerskennis deur die gebruik van 'n CAD-program vir die beplanning en samestelling van uitrustings. Die kleinsake bedryf: Inleiding: kleding kleinsake ondernemings; tipes en plekke. Bemarkingsaspekte: teikenmarkkeuse; produkmengsel; prysbesluite; Verspreidingskanale; bemarkingskommunikasie mengsel; finansiële aspekte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs, ’n totaal van 480 uur praktykopleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel, deel te neem aan gemeenskapsprojekte/ ontwikkeling en diensleergeleenthede te benut. Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie "“krediete” sluit bewys in van praktykopleiding, diensleer en gemeenskapsontwikkeling gedurende die vier jaar van die studieprogram en moet suksevol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Nuwe ontwikkelings (kledingtekstiele). Tekstielprodukgebruik en basiese fisiese kwaliteittoetsprosedures. Tekstiele se impak op die omgewing en volhoubaarheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kledingtekstiele en -produkte vanuit 'n bemarkings- en verbruikersperspektief. Praktiese tekstiel gedragsprobleme en oplossings. ‘n Geskrewe verslag van die resultate word vereis.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie. Beplanning, uitvoering en rapportering van 'n navorsingsprojeck in kledingkleinhandelbestuur; voedselkleinhandelnestuur of gasvryheidbestuur.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences