Jaarboeke

Program: MA Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01252134 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof KM Tönsing
[email protected]
+27 (0)124204729

Toelatingsvereistes

  • ’n Baccalaureusgraad in Spraak-Taalpatologie; of
  • ’n BAHons (AAK); of
  • Enige ander relevante graad op honneursvlak, op voorwaarde dat voldoende agtergrond in kommunikasieteorie en navorsing duidelik daaruit blyk, in welke geval ? toelatingseksamen vereis kan word;
  • 'n Gemiddelde van minstens 65% in die finalejaarsmodules van die relevante voorafgaande kwalifikasie;
  • Minstens 65% in die navorsingsmodule van die vooraafgaande kwalifikasie.

Minimum krediete: 90

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Teorieë van kommunikasie, inligtingsprosessering, taalontwikkeling en die aanleer van geletterdheid word behandel met betrekking tot persone wat aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK) vereis of gebruik. Die rol van AAK binne ’n sosiokonstruktiewe siening van gestremdheid word verken. Huidige navorsingsvraagstukke in die veld word verken met betrekking tot verskillende kontekste en verskillende bevolkings. 
    Na afloop van hierdie module moet die student in staat wees om:

    • die invloed van AAK op kommunikasie, inligtingsprosessering, taalontwikkeling en die aanleer van geletterdheid met betrekking tot spesifieke gevalle te bespreek; en
    • huidige navorsingsfokusareas in die veld te identifiseer en te hersien.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal die deelnamemodel (gebaseer op ’n bio-ekologiese, sosiokonstruktiewe benadering) as ’n raamwerk vir AAK-assessering en -intervensie bespreek word. Die volgende aspekte sal in meer besonderhede behandel word:

    • Toepaslike assesseringsprosedures;
    • Intervensiebenaderings wat relevant is tot geselekteerde bevolkingsgroepe met betrekking tot die bewysbasis van hierdie benaderings;
    • Die gebruik van kommunikasiehulpmiddels met spesifieke fokus op toestelle, sowel as oorwegings vir toepaslike seleksie, ontwerp, en programmering;
    • Toepaslike posisionering om deelname te maksimaliseer in persone met fisiese gestremdhede. 

    Aan die einde van hierdie module behoort die student in staat te wees om hierdie kennis toe te pas om ’n gepaste assesserings- en behandelingsplan vir ’n gegewe kliënt op te stel, te verdedig en
    krities daaroor te reflekteer.

    Sien meer

Minimum krediete: 90

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die miniverhandeling moet ’n onafhanklike navorsingsprojek van beperkte omvang behels, oor 'n tema wat verband hou met die veld van aanvullende en alternatiewe kommunikasie, gekies in oorleg met die studieleier(s). Die projek moet gebaseer wees op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiekklaring, indien laasgenoemde nodig is vir die projek.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences