Jaarboeke

Program: BAHons Augmentative and Alternative Communication

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01242132 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Miss RE Morwane
[email protected]
+27 (0)124204190

Programinligting

Hierdie program word aangebied deur afstandsonderrig oor ’n tweejaarperiode met ’n paar kontakgeleenthede op kampus.

Alle studente moet in die veld van erge gestremdhede werk.

Alle studente moet vaste e-pos- en internettoegang van hul woonplek af hê.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 30 November.

 

Toelatingsvereistes

  • Studente wat aansoek doen vir die tweejarige program moet oor ’n relevate driejarige baccalaureusgraad beskik om te kwalifiseer vir toelating.
  • Alle studente moet in die veld van erge gestremdhede werk.
  • Alle studente moet vaste e-pos- en internettoegang van hul woonplek af hê.
  • 'n Beperkte aantal studente word tot die program toegelaat en voornemende studente moet aan die keuringsvereistes voldoen.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Kommunikasie vir persone met erge gestremdhede en die gebruik van ongesteunde en gesteunde sisteme. 'n Praktiese komponent is hierby ingesluit. Na voltooiing van hierdie module moet die student in staat wees om AAK-simboolsisteme en die redes waarom hierdie sisteme suksesvol is wanneer daar gewerk word met persone met erge gestremdhede te verstaan, deur dit te gebruik met ‘n persoon met min of geen funksionele spraak.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Opleiding van observasievaardighede met gebruik van 'n assesseringskedule. 'n Praktiese komponent is hierby ingesluit. Na voltooiing van hierdie module moet die student in staat wees om die proses van kommunikasie-evaluasie van persone met erge gestremdheid te verstaan deur die assesseringsbeginsels te beskryf en ook assessering van geleentheids- en toeganklikheidsstruikelblokke van spesifieke vaardighede te beskryf.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Implementering van aanvullende kommunikasiehulpmiddels deur die erg gestremde populasie. Na voltooiing van hierdie module moet die student in staat wees om die verskillende tipes aanvullende kommunikasiehulpmiddels, vanaf lae tot hoë tegnologie, te verstaan, om sodoende kliënte met min of geen funksionele spraak by te staan in die seleksie van die mees toepaslikste hulpmiddel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK), definisie van AAK, identifikasie van kernvraagstukke in AAK-implementering en beskrywing van kandidate wat by AAK mag baat vind; hul basiese menseregte tot kommunikasie, opvoeding en werk. Aan die einde van die module moet die student in staat wees om AAK te kan definieer, om kernvraagstukke in AAK-implementering te identifiseer en te bespreek, en om kandidate wat by AAK kan baat, te beskryf.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Benadering tot die kind met erge gestremdhede ten opsigte van AAK word in hierdie module gevolg. ’n Praktiese komponent is ingesluit. Aan die einde van hierdie module moet die student in staat wees om toepaslike AAK-strategieë vir kinders met verskillende vermoëns te beskryf en te implementeer, en om AAK-implementering te integreer binne kontekste soos aangepaste spel-, en geïntegreerde vroeë kinderontwikkeling- en onderwysopsette.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    The module covers planning for data collection, field work, analysing data collected and writing up the results and discussion of the results in the form of a complete research report. On completion of the module, the student will be expected to complete a research report on an approved topic in the field of augmentative and alternative communication.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences