Jaarboeke

Program: BAHons Argeologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240183 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr A Antonites
[email protected]
+27 (0)124206490
Prof I Pikirayi
[email protected]
+27 (0)124204661

Programinligting

Die honneursgraad behels een jaar voltydse studie en bestaan uit kursuswerk, veld- en laboratorium werk, en eksamens. ’n Navorsingsverslag van tussen 10 000 woorde, gegrond op óf veldnavorsing óf versamelinggebaseerde navorsing, moet teen die einde van die akademiese jaar ingedien word.

Daar word ook van studente verwag om toepaslike departementele seminare asookplaaslike konferensies by te woon om aspekte van hulle navorsingprojek aan te bied.’n Plakkaataanbieding van die navorsingsprojek word sterk aanbeveel.

Studente moet minstens agt (8) weke veldwerk voor die einde van die honneurs-program voltooi en moet vaardigheid in basiese veldwerktegnieke toon.

Toelatingsvereistes

  • ’n Driejarige baccalaureusgraad met ’n kredietwaarde van minstens 360 waarvan minstens 120 in Argeologie of verwante dissipline behaal is. Ten minste 60 van die 120 krediete moet op jaarvlak 3 wees
  • ’n Gemiddelde van 65% vir Argeologie op derdejaarsvlak is ’n sterk aanbeveling vir toelating.
  • Daar kan van aansoekers met minder as 65%, asook van aansoekers wat hulle baccalaureusgraad by ’n ander tersiêre inrigting verwerf het, verwag word om ’n toelatingseksamen te voltooi tot die bevrediging van die programbestuurder en in konsultasie met die Argeologie-programkoördineerder.
  • Studente wat ’n beroep in Forensiese Argeologie wil volg moet ANA 122, ANA 215 en ANA 315 by hul BA-graadprogram insluit en ook Argeologie as ’n hoofvak tot op derdejaarsvlak neem.

Addisionele vereistes

  • Daar kan van aansoekers met minder as 65%, asook van aansoekers wat hulle baccalaureusgraad by ’n ander tersiêre inrigting verwerf het, verwag word om ’n toelatingseksamen te voltooi tot die bevrediging van die programbestuurder en in konsultasie met die Argeologie-programkoördineerder.
  • Studente wat ’n beroep in Forensiese Argeologie wil volg moet ANA 122, ANA 215 en ANA 315 by hul BA-graadprogram insluit en ook Argeologie as ’n hoofvak tot op derdejaarsvlak neem.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Gevorderde argeologiese teorie Diepte-, deelnemende seminaarstyl-ontleding van die funkies van argeologiese teorie en die ontwikkeling daarvan in ’n globale konteks en in Afrika. Aktuele teoretiese ontwikkelings soos landskap, gender en bemiddeling word gedek. Studente sal ook kernnavorsingsvaardighede geleer word ten einde kritiese denke en evaluering te verbeter.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde argeologiese metodiek en interpretasie Diepte-, deelnemende seminaarstyl-ontleding van veld- en laboratoriumtegnieke. Die geskiedenis, omvang en potensiaal van ’n reeks argeologiese tegnieke en metodes word ontleed. Studente word in die beginsels van ontwerp, implementering en analise van navorsing onderrig, met die fokus op spesialismetodes/-tegnieke wat by die Departement beskikbaar is (bv materiaalwetenskappenavorsing). Klem word geplaas op praktiese onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module dek ’n verskeidenheid kontemporêre kwessies in argeologie wat wissel van die opkoms van sosiale kompleksiteit en staatstelsels in Suider-Afrika, tot die begrip van materiaal- kultuur in die argeologiese rekord. Die module-inhoud is bedoel om dinamies te wees, en kontemporêre tendense en ontluikende kwessies te weerspieël, terwyl dit in die kernnavorsings-temas en spesialiteite van die Department geanker is.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente werk dwarsdeur die jaar aan hulle navorsingsverslag. Hulle ontwikkel ’n navorsingsvraag en -voorstel, versamel die betrokke data, en verwerk die resultate in ’n navorsingsverslag van 10 000 woorde. Studente het gereelde ontmoetings met hul studieleiers wat aan die begin van die jaar aangewys word.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences