Modulekode | TPU 211 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Teoreties: 'n Kort geskiedenis van grondgebruikbestuur in Suid-Afrika; rasionaal agter grondgebruikbestuur; beginsels van goeie grondgebruikbestuur binne die konteks van post-apartheid, globale omgewingsverandering, nuwe geografiese ekonomie en ontwikkelingsekonomie; kritiek teen grondgebruikbestuur; etiek in grondgebruikbestuur; die eienskappe van 'n geskikte grondgebruikbestuurstelsel wat transformasie, volhoubaarheid, elastisiteit, gelykheid, inklusiwiteit en integrasie in Suid-Afrika bevorder; die skakel tussen grondgebruikbestuur en strategiese ruimtelike beplanning; internasionale en Suid-Afrikaanse voorbeelde van grondgebruikbestuurstelsels; die toekoms van grondgebruikbestuur. Prakties: Generiese komponente van grondgebruik- en grondontwikkelingsaansoeke en prosedures, dorpstigtingsprosedures ooreenkomstig huidige wetgewing; praktiese oefeninge in die opstel, indiening, prosessering en evaluering van grondgebruiksaansoeke; beleidvoorbereiding rakende grondgebruikbestuurstelsels wat gelykheid, veerkragtigheid, inklusiwiteit, volhoubaarheid en integrasie bevorder; appèlle; inleiding tot omgewingsimpakstudies. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Stads- en Streekbeplanning |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App