Jaarboeke

Lewende- en digitale-optredestudies 311


 
Modulekode SBT 311
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud
*Geslote – slegs vir BDram-studente
*Hierdie module bied ’n keuse tussen Optrede: intermediêre liggaam-/stemstudies en Draaiboekskryfkuns
Optrede: intermediêre liggaam-/stemstudies
Hierdie module ondersoek geselekteerde stem- en liggaamsbewegingpedagogieke in diepte, in verhouding tot fisiese teater, dans, teaterstem, toneelspel en musiekteater. Die module ondersoek verder algemene beginsels wat oorvleuel binne al hierdie pedagogiese benaderings en die wyse waarop elk skakel met beginsels binne die konteks van optrede.
of
Draaiboekskryfkuns
Draaiboekskryfkuns bied ?n keuse tussen skryf vir teater en skryf vir film. Hierdie opsies is eksklusief.
Voorvereistes: Om te kan registreer vir hierdie opsie binne SBT 311 moes jy DFK 110, 120, 210 en 220 suksesvol afgehandel het.
Draaiboekskryfkuns (een kwartaal) stel studente bekend aan narratiewe skeppingsprosesse en narratiewe teorie wat hoofsaaklik verwys na klassieke dominante verhaalmodusse. Sekere film- en televisietekste sal bestudeer word om besprekings en analises rondom narratiewe modusse en genres te lei.
Intermediêre skryf vir film (een kwartaal) volg direk op basiese skryf vir film en verken alternatiewe narratiewe modusse wat afwyk van dominante verhaalmodusse of dit ondermyn. Kritiese teorie sal die student lei in verdere verkenning van sleutelrolprentbewegings en hul posisies in filmstudies met direkte relevansie tot die draaiboekskryfkuns.
Die „skryf vir die verhoog?-komponent van hierdie module behandel die nosie van spel en improvisasie as sleutel tot die aktivering van kreatiewe impulse binne die praktyk van toneelskryf. Die improvisatoriese vaardighede van teatersport sal ontgin word tesame met metodes van toneelskryf wat die idee van „speel? artikuleer. Improvisasie is die sleutel tot dramaturgiese fokus van beide die metodologie en praktyk van toneelskryf en suggereer maniere waarop kreatiwiteit, ?speel? en waarnemingsvaardighede as fundamenteel tot die wêreld van storievertelling ontgin kan word. Die module verskuif dan fokus na toneelskryf, as en van die self in outobiografiese en testimoniële skryfwerk/teater. Temas van obsessie, ooggetuienis, tyd, ruimte en identiteite word ondersoek. Die module kulmineer in geskrewe en opgevoerde monoloë.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes SBT 211
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Drama
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences