Jaarboeke

Landbou-ekonomie 415


 
Modulekode LEK 415
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud

Afgeleide instrumente in die landbou: Om studente voor te berei vir SAFEX se landboukommoditeitsafdeling se makelaarseksamen. Die semester verskaf 'n in-diepte kennis oor die belangrikheid van verskansing en die ontwerp en implementering van lae-/zero-risiko verskansingstrategieë. Inleiding tot die wiskunde van portefeuljebestuur en wiskundige modellering van afgeleide instrumente. Inleiding tot die bestuur van opsieportefeuljes. Uitbreiding van afgeleide instrumente om aspekte soos rentekoerse, weersomstandighede en dieselkoste te verskans.

Modulekrediete 16.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Voorvereistes EKN 110, LEK 220 en WTW 134 of WTW 165
Kontaktyd 3 lesings per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontw
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences