Jaarboeke

Siertuinbou 490


 
Modulekode HSC 490
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud

Ekonomiese belangrikheid van snyblomme, sierplante en turfgras.Taksonomie en plantbeskrywing. Klimaatsvereistes en kweekpraktyke, insluitend vestiging, groeimanipulasie, voedingsvereistes, besproeiing, insek- en plaagbeheer, oes en na-oeshantering. Identifikasie van sierplante vir kommersiële en landskapsgebruik. Klimaat, voortplanting en onderhoudsvereistes vir bome, palms, broodbome, struike, blomplante, grondbedekkers, turfgras, rankers en binnenshuise plante. Funksionele en estetiese waarde van plante in 'n landskap of binnenshuis. Ekskursies na kwekerye en praktiese ervaring op die proefplaas is verpligtend vir alle deelnemers in die module.

Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd Prakties tweeweekliks, 2 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Plant- en Grondwetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences