Module-inhoud |
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente Die doel en funksie van bestuursrekeningkunde. Grondliggende kostebegrippe. Die bepaling van produkkoste met inbegrip van grondstofkoste, arbeidskoste, bokoste en die toedeling daarvan volgens die tradisionele sowel as aktiwiteitsgebaseerde kostetegnieke, voorraadbestuur, die akkumulering van koste volgens ‘n taak- en proseskostestelsel, die hantering van gesamentlike en neweprodukte en die bepaling van kostes volgens ‘n direkte sowel as ‘n absorpsiekostebenadering. Besluitneming met verwysing na kostevolume-wins-verhouding, relevante koste, risiko en waarskynlikhede, beslissingsbome, liniêre programmering en kapitaal-investeringsbegrotings, projekbestuurbeginsels. Beplanning en beheer deur middel van kwantitatiewe tegnieke, begrotings en standaardkosteberekening. Prestasiemeting dmv verantwoordelikheids-rekeningkunde en die vasstelling van oordragspryse. Finansiële bestuur met inagneming van die doel van finansiële bestuur, bedryfskapitaalbestuur, finansieringsbesluite, koste van kapitaal, dividendbeleid, kapitaalstruktuurbesluite, aandelewaardasies. Die student moet in staat wees om die onderliggende teorieë op gevorderde gevallestudies toe te pas. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App