Jaarboeke

Gewasfisiologie 461


 
Modulekode APS 461
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud ? Oorsig van fotosintese en respirasie met die doel om die fisiologiese basis van oesopbrengs te ondersoek. Dit sluit in die assessering van parameters wat groei beïnvloed, faktore wat opbrengs beïnvloed, in planta kompartementering / verspreiding van foto- assimilante en geleenthede vir opbrengsverhoging. Gewasgroei en opbrengs sal in perspektief met klimaatsverandering beskou word asook die evaluering van plante se reaksie op abiotiese stremming en plante se vermoë op omgewingsveranderinge “aan te voel”. Die verskeie rolle van groeireguleerders in plante en die belang van hierdie komponente in landbou sal ook uitgelig word.
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes GKD 250 en BOT 356
Kontaktyd Prakties tweeweekliks, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Plant- en Grondwetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences