Jaarboeke

Program: MOccTher Handterapie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10258012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 is die Baccalaureusgraad in Arbeidsterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ’n vereiste vir toelating.
  • 'n Student moet ten minste een jaar kliniese ervaring in die voorgestelde studieveld hê (Gemeenskapsdiensjaar uitgesluit).
  • ’n Student moet ’n pos van minstens 15 uur per week beklee vir die duur van die studie wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke rigting van die magisterstudie beskou word.
  •  Spesialiseringsrigtings vir die gedoseerde MArb-graad word op ’n tweejaarlikse basis aangebied mits minstens vyf kandidate aansoek om toelating tot ’n spesifieke spesialiseringsrigting doen. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is 31 Oktober jaarliks. Kandidate sal so gou doenlik na genoemde datum in kennis gestel word of ’n spesifieke spesialiseringsrigting in die daaropvolgende jaar aangebied sal word. Aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof bespreek word.

Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)

Eksamens en slaagvereistes

  1. 'n Deurlopende evalueringspunt van minstens 50% word vir eksamentoelating in die hoofvak vereis.
  2. Die eksamens in die voorvereiste vakke word afgeneem in die volgorde soos deur die departementshoof bepaal na gelang van die hoofvak wat die student volg.
  3. 'n Subminimum van 40% in die skriftelike en/of praktiese en/of kliniese afdelings van die eksamen, en 'n finale punt van minstens 50%, word in die voorvereiste vakke sowel as die hoofvak vereis om te kan slaag.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die hoofvak en 'n gemiddelde van minstens 65% in die voorvereiste vakke behaal het.

Minimum krediete: 180

Fundamentele modules

Kernmodules

Minimum krediete: 180

Fundamentele modules

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences