Jaarboeke

Program: MPH Openbare Gesondheid

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10256502 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 195

Programinligting

Die MPH-program bestaan uit die volgende drie komponente:

  • Kernmodules
  • Spoormodules (voorgeskrewe/verpligte en keusemodule)
  • Miniverhandeling

Spoormodules (voorgeskrewe en elektief):
Die volgende areas is beskikbaar:

  • Biostatistiek en epidemiologie – Monitering en evaluering
  • Siektebeheer
  • Siektebeheer – Veldepidemiologie en laboratoriumopleidingprogram
  • Omgewings- en beroepsgesondheid
  • Omgewings- en beroepsgesondheid – Beroepshigiëne
  • Omgewings- en beroepsgesondheid – Lugvaart- en ruimtegeneeskunde
  • Gesondheidsbeleid en -bestuur
  • Gesondheidsbevordering

Inligting rakende die inhoud van elke spoor, is op aanvraag beskikbaar op die webbladsy van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid (www.shsph.up.ac.za).

Toelatingsvereistes

Vir toelating tot studie vir die Magistergraad in Openbare Gesondheid (MPH) moet 'n kandidaat in besit wees van:

  • ’n vierjarige baccalaureusgraad met minstens twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • ’n honneursgraad; of
  • ’n driejarige baccalaureusgraad met minstens vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring.

Registrasie as 'n spesiale student in die Fakulteit met die oog op die slaag van 'n statuseksamen
(i) Kandidate moet in die volgende gevalle eers as spesiale studente in die Fakulteit registreer ten einde 'n statuseksamen af te lê en te slaag:

  • 'n Driejarige baccalaureusgraad, met minder as vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • 'n Vierjarige baccalaureusgraad, met minder as twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • Enige aansoeker in besit van 'n goedgekeurde baccalaureusgraad wat deur die Skool se Keurkomitee as geskik vir registrasie as ’n spesiale student beskou word.

Let wel:
Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.

(ii) Slaagvereistes vir die statuseksamen

  • Minstens 60% moet in die statuseksamen behaal word.
  • Die statuseksamen word in Junie afgeneem.


(iii) Die aansoek van ’n student wat die statuseksamen geslaag het, moet aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word. Suksesvolle studente mag dan in die volgende akademiese jaar vir die graadprogram registreer.

Ander keuringskriteria
(Elk op ’n skaal van een tot vyf)

  • Akademiese meriete
  • Nasionale/Internasionale aanvraag vir openbare gesondheid
  • Onderverteenwoordigende groepe in openbare gesondheid
  • Openbare gesondheidsverwante werk
  • Besonderhede soos diensrekord, akademie, gemeenskapsbou, ens.

Addisionele vereistes

Registrasie as 'n spesiale student in die Fakulteit met die oog op die slaag van 'n statuseksamen

  1. Kandidate moet in die volgende gevalle eers as spesiale studente in die Fakulteit registreer ten einde 'n statuseksamen af te lê en te slaag:
  • 'n Driejarige baccalaureusgraad, met minder as vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • 'n Vierjarige baccalaureusgraad, met minder as twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • Enige aansoeker in besit van 'n goedgekeurde baccalaureusgraad wat deur die Skool se Keurkomitee as geskik vir registrasie as ’n spesiale student beskou word.

Let wel:
Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.

  1. Slaagvereistes vir die statuseksamen
  • Minstens 60% moet in die statuseksamen behaal word.
  • Die statuseksamen word in Junie afgeneem.
  1. Die aansoek van ’n student wat die statuseksamen geslaag het, moet aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word. Suksesvolle studente mag dan in die volgende akademiese jaar vir die graadprogram registreer.

Ander keuringskriteria
(Elk op ’n skaal van een tot vyf)

  • Akademiese meriete
  • Nasionale/Internasionale aanvraag vir openbare gesondheid
  • Onderverteenwoordigende groepe in openbare gesondheid
  • Openbare gesondheidsverwante werk
  • Besonderhede soos diensrekord, akademie, gemeenskapsbou, ens.

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Alle MMed-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon.

Sien ook Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Eksaminering van modules
  1. Elke module het sy individuele (eie) evaluering, wat uit meer as een evalueringswyse mag bestaan. ’n Minimum van 50% word vereis om te kan slaag.
  2. Indien ’n student ’n module druip, maar minstens 40% tot 49% daarin behaal, moet sodanige student ’n tweede eksamen in die betrokke module aflê. Die student moet die nodige reëlings in dié verband met die dosent wat die module aanbied, in oorleg met die akademiese programkoördineerder, tref.
  3. Indien ’n student ’n module druip, maar ’n punt behaal van minder as 40%, moet sodanige module volledig in die daaropvolgende jaar herhaal word.
  4. Indien ’n student ’n kernmodule ná twee pogings steeds nie geslaag het nie, mag hy of sy nie met die MPH-program voortgaan nie.
  5. ’n Verpligte module in die student se spoor mag slegs een keer herhaal word. Indien dit ná die tweede poging nog nie geslaag is nie, sal die student versoek word om van spoor te verander. Indien die student ná twee pogings in die tweede spoor nie slaag nie, mag hy of sy nie met die MPH-program voortgaan nie.
  6. Indien ’n keusemodule ná twee pogings steeds gedruip word, moet die student ’n ander keusemodule kies.
  1. Finale eksamens vir die MPH
  1. Behalwe vir ’n opsomming van die totaal punte behaal vir modules, het die MPH-program ’n addisionele evaluering van die kursuswerk, wat bestaan uit twee omvattende eksamens. Die eksaminatore besluit of hierdie eksamens mondeling of skriftelik afgeneem sal word.
  2. Die eerste eksamen sal na voltooing van al die voorgeskrewe kernmodules plaasvind, en dek basiese kennis in openbare gesondheid. Die eksamen bestaan uit twee vraestelle van twee uur elk. Vraestel I sal die materiaal wat gedurende kernmodules HME 870, DEG 870 en BOS 870 geleer is, dek. Vraestel II sal materiaal wat gedurende die oorblywende kernmodules, met die uitsondering van materiaal wat gedurende die module Weten-skaplike skryfmetodes 871 (HMS 871) geleer is, dek.
  3. Die tweede eksamen vind aan die einde van die MPH-program plaas en omvat die modules wat geneem word as deel van ’n spesialisering of ’n fokusarea.
  4. Die minimum slaagpunt vir elke eksamen is 50% en vir die eerste kerneksamen word ’n subminimum van 40% in elk van die twee vraestelle vereis. Die finale punt vir die eerste kerneksamen sal eenvoudig ’n gemiddelde van die persentasiepunte wees wat in elk van die twee konstituerende vraestelle behaal is. Indien ’n student een van die eksamens druip, word ’n tweede eksamen gedurende die volgende eksamentydperk vereis. Indien ’n student vir die tweede keer nie slaag nie, mag hy/sy nie met die MPH-program voortgaan nie.

Die miniverhandeling moet onafhanklik met minstens 50% geslaag word.

Navorsing

Miniverhandeling

  1. Die MPH-graad bestaan uit kursuswerk (70%) en ’n navorsingskomponent (30%). Die miniverhandeling behels 60 krediete (die ekwivalent van 600 veronderstelde leerure volgens SAQA-kriteria).
  2. Die verwagte uitkoms van die miniverhandeling, is dat die student in staat sal wees om gesondheids- en gesondheidstelselsprobleme op ’n omvattende wyse te begin identifiseer en ondersoek, en om paslike intervensies te begin formuleer.
  3. Die student se navorsingsprotokol word aan die hoof van die fokusarea vir goedkeuring voorgelê, vóór voorlegging aan die Gesondheidswetenskappe-navorsingsetiekkomitee.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die miniverhandeling en ’n gemiddelde van minstens 75% in die kombinasie van kursuswerk en eksamens behaal het.

Algemene inligting

Gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme

  1. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies, (wat mutatis mutandis van toepassing is in die geval van nagraadse diplomastudie) word die toestemming van die Dekaan vereis vir gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme, en is dit onderhewig aan die regulasies van toepassing op die betrokke studierigtings, en enige ander bepalings wat die Dekaan mag voorskryf. Sodanige toestemming kan deur die Dekaan teruggetrek word indien die student nie bevredigend vorder nie – alle werkopdragte en kursuswerk moet betyds voltooi wees. Gelyktydige registrasie sal nie as verskoning aanvaar word vir onbevredigende vordering of vir keerdatums waarby nie gehou word nie, en dit geld vir beide studieprogramme.
  2. In die geval van gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme in die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid en elders, moet studente die skriftelike toestemming van beide die koördineerder van die huidige studieprogram, asook dié van die tweede studieprogram (of die spoorkoördineerder in die geval van die MPH) bekom, en dit tesame met ’n geskrewe motivering, aan die Skool se Akademiese Programkomitee voorlê, vir ’n aanbeveling deur die Voorsitter van die Skool, waarna die aansoek aan die Dekaan vir goedkeuring deurgestuur word.
  3. Die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid beskou gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme as ’n voorreg en nie ’n reg nie.
  4. Daar moet jaarliks om gelyktydige registrasie aansoek gedoen word, en word toegestaan op grond van akademiese vordering in die eerste graad- of diplomaprogram. Indien die huidige studierigting 'n magistergraad is, mag die tweede studierigting 'n nagraadse diploma wees.
  5. Indien die huidige studierigting 'n nagraadse diploma is, mag die tweede studierigting 'n ander nagraadse diploma wees.

Minimum krediete: 200

Kernmodules

Keusemodules

Minimum krediete: 200

Kernmodules

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences