Jaarboeke

Program: MSc Toegepaste Mensvoeding

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10253340 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

'n Erkende baccalaureusgraad in Geneeskunde of 'n aanvullende gesondheidsdiensberoep; of 'n erkende en toepaslike honneursgraad met gelykwaardige status as dié van die BDieetkunde-graad met betrekking tot Fisiologie en Biochemie.

Addisionele vereistes

Alle MSc-studente moet vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsings-metodologie 802 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling mag verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)

Sien ook Algemene Regulasies.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk in buitengewone omstandighede goedkeur.

Slaag met lof

Die MSc-graad in Toegepaste Mensvoeding word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in al die voorafgenoemde modules asook die skripsie behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences