Jaarboeke

Program: MChD Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie (endossement ChirMaxFac-Med)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10252080 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 7 jaar Totale krediete: 1088

Toelatingsvereistes

       Elke kandidaat moet vir toelating tot die MChD-graadprogram

  • in besit wees van die BChD-graad van die Universiteit van Pretoria, of ’n gelykwaardige kwalifikasie, of ingevolge die bepalings van Alg. Reg. G.1.3 en G.62 tot magisterstudie toegelaat word;
  • by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n tandarts geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.

Addisionele vereistes

Tweede studiejaar: Die student registreer ook vir die MBChB-graad en moet aansoek doen om registrasie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as student in Geneeskunde.

Ander programspesifieke inligting

Ten einde vir die graad te kwalifiseer moet 'n kandidaat, vir 'n tydperk van vier tot agt jaar, na gelang van die spesifieke vereistes vir 'n bepaalde studierigting, 'n voltydse opleidingsbetrekking/kliniese assistentskap met welslae beklee het aan 'n opleidingsinrigting wat deur die Universiteit goedgekeur is. In die geval van Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie moet 'n kandidaat 'n voltydse kliniese assistentskap vir 'n minimum van vier jaar beklee (in die geval van 'n kandidaat met beide ’n BChD-graad en ’n MBChB-graad), vir minstens sewe jaar (in die geval van ’n kandidaat met 'n BChD-graad), vir minstens ses jaar (in die geval van ’n kandidaat met 'n MBChB-graad), of minstens vyf jaar (vir MChD (ChirMaxFac-Dent)).

Eksamens en slaagvereistes

  1. Eksamen in die basiese vakke

'n Student moet al die basiese vakke (Anatomie [met Embriologie], Fisiologie en Farmakologie [Universiteit van Pretoria of die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika] slaag alvorens hy of sy tot die eerste studiejaar toegelaat mag word. 'n Slaagpunt van minstens 50% word in alle eksamens van die Universiteit van Pretoria en die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie vereis, en 'n minimum slaagsyfer van 65% van enige ander tersiêre instelling (raadpleeg ook die Algemene Regulasies).

  1. Eksamen in die byvakke (intermediêre vakke)

(Die slaagpunt is minstens 50%.)

  1. Vir die endossement ChirMaxFac-Med, moet 'n student, in die studiejaar soos aangedui, Beginsels van chirurgie slaag, alvorens hy of sy met die program mag voortgaan.
  2. 'n Student moet Toegepaste mondpatologie slaag, minstens twee en 'n half jaar voordat hy of sy die eksamen in die hoofvak mag aflê.

Hierdie byvakke mag by die Universiteit van Pretoria of die Kollege vir Maksillio-fasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika geslaag word.

  1. Indien 'n student in enige van die byvakke Beginsels van chirurgie of Toegepaste mondpatologie druip, mag hy of sy op aanbeveling van die Departementshoof tot ’n tweede eksamen toegelaat word.
     
  2. Eksamen en evaluering in die hoofvak
  1. Indien 'n student in die hoofvak druip, mag hy of sy weer vir toelating tot die finale eksamen van die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika aansoek doen.
  2. Aangesien ’n nagraadse student 'n eksamen in enige vak slegs een keer mag herhaal, moet die student wat 'n tweede eksamen druip, die program staak.
  3. Indien ’n student tot 'n tweede eksamen in die hoofvak toegelaat word, sal die Departementshoof bepaal of hy of sy die kliniese assistentpos aan die einde van die opleidingstydperk moet ontruim. Die student moet die kliniese assistentskap onmiddellik na voltooiing van die tweede eksamen ontruim.
  4. Subminimum: ’n Student moet in die kliniese deel (operasie en kortgevalle) van die eksamen ’n subminimum van 60% behaal, met ’n subminimum van 50% in alle ander dele vir die magistergraad. Hy of sy moet ook voldoen aan die vereistes ten opsigte van die aantal afgehandelde operasieprosedures uitgevoer in elke afdeling, soos deur die Departementshoof vereis. ’n Finale punt van minstens 50% word vereis om in 'n vak te slaag
  5. Benewens bogenoemde bepalings, moet die student ’n miniverhandeling (endossement ChirMaxFac-Med) of ’n verhandeling (endossement ChirMaxFac-Dent) oor ’n goedgekeurde onderwerp wat met die hoofvak verband hou, indien en slaag en ’n manuskrip voorlê soos vereis (raadpleeg ook die Algemene Regulasies). ’n Volledige rekord van operasies (as 'n logboek) moet ook ingedien word.
  1. Die magistergraad kan slegs toegeken word nadat die Nasionale Professionele eksamen ([FCMFOS(SA)] geslaag is (aangesien hierdie magistergraad en die Genootskap as ’n verweefde finale ekwivalensie-eksamen gebruik mag word).

Vrystelling

Vrystelling op grond van vergelykbare opleiding en/of ervaring wat betref die vereistes van gemelde Regulasies vir die Skool, mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof verleen word, met dien verstande dat vrystelling van die eksamen en evaluering in die hoofvak nie verleen mag word nie.

Let wel: Die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, soos gepubliseer in die Staatskoerant Nr. 4631 van 11 Januarie 1991 – Kennisgewing Nr. R.40 (soos gewysig), sal as maatstaf in die bepaling van die tydperk van vrystelling gebruik word.

Slaag met lof

'n Student wat ’n finale punt van minstens 75% met die eerste poging in die hoofvak behaal, verwerf die graad met lof.

Algemene inligting

  1. Die inhoud van die basiese vakke, byvakke en bywoningsvakke sal deur die betrokke departementshoof in oorleg met die departementshoof by Tandheelkunde of Geneeskunde bepaal word.
  2. Algemene inligting betreffende die inhoud en omvang van die basiese en byvakke is by die betrokke department beskikbaar.
  3. Studente moet verseker dat sertifikate van bevredigende voorbereiding in al die bywoningskursusse verwerf word.

Maksillofasiale en Mondchirurgie

Hoofvak:
Maksillofasiale en mondchirurgie: Ervaring word opgedoen deur praktiese en kliniese opleiding en aangevul deur seminare, bespekings, referate en navorsing. Diagnose, beplanning, chirurgiese en bykomstige behandeling van siektes, beserings en defekte van die menslike mond, kake, gesig en verwante strukture.

Byvak (intermediêre vak):
Beginsels van chirurgie: Onderrig hoofsaaklik deur die departemente Chirurgie (en sy afdelings), Neurochirurgie, Oor-, Neus- en Keelheelkunde, Oogheelkunde en Huisartskunde. Hierdie opleiding vind plaas oor nege maande.
Onderrig in die byvak:
Beginsels van chirurgie:
Endossement Chir.Max.Fac.-Med BVC 806
Algemene Chirurgie (insluitend Pediatriese Chirurgie): 2 maande
Intensiewesorg: 2 maande
Neurochirurgie: 2 maande
Oogheelkunde: 1 maand
Oor-, Neus- en Keelheelkunde: 1 maand
Plastiese Chirurgie: 1 maand
Toegepaste Mondpatologie: 3 maande

Endossement Chir.Max.Fac.-Dent BVC 807
Noodeenheid (Huisartskunde): 1 maand
Algemene Chirurgie (insluitend Pediatriese Chirurgie): 1 maand
Intensiewesorg: 2 maande
Neurochirurgie: 2 maande
Oogheelkunde: 1 maand
Oor-, Neus- en Keelheelkunde: 1 maand
Plastiese Chirurgie: 1 maand
Toegepaste Mondpatologie: 3 maande

Algemene inligting rakende die endossemente Chir.Max.Fac.-Med en Chir.Max.Fac.-Dent:

  1. 'n Kandidaat met ’n BChD- of BDS-graad moet verkieslik vir die MChD (Chir.Max.Fax.-Med)-program inskryf.
  2. Toestemming word verleen aan 'n student vir Chir.Max.Fac.-Med om gelyktydig vir die nagraadse en voorgraadse programme soos van toepassing, te registreer. Aan die einde van die program sal sodanige student voldoen aan al die vereistes vir die BChD-, MBChB- en MChD-grade.
  3. Die inhoud van die basiese vakke, byvakke (intermediêre vakke) en bywoningskursusse word deur die betrokke departementshoof in oorleg met die Departement Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie bepaal.
  4. Basiese en byvakke (intermediêre vakke): Erkenning van basiese en/of byvakke (intermediêre vakke) mag verleen word indien alle betrokke vakke reeds aan ’n goedgekeurde inrigting soos die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika (Kollege van Maksillofasiale en Mondchirurgie) geslaag is, soos deur die departementshoof aanbeveel.
  5. Farmakologie as 'n basiese vak moet as 'n voorvereiste voor die eerste studiejaar geslaag word, indien alle ander basiese vakke deur 'n goedgekeurde inrigting erken word.
  6. Onderrig in die hoofvak strek oor 'n minimum tydperk van drie jaar, waarvan die eerste jaar hoofsaaklik op geringe mondchirurgie toegespits word.
  7. 'n Student vir die endossement Chir.Max.Fac.-Med kan alleenlik sy of haar kliniese verpligtinge in Beginsels van Chirurgie nakom nadat hy of sy aan al die vereistes vir die MBChB-graad voldoen het, asook die Sertifikaat vir Gevorderde Trauma-lewensondersteuning (GTLO) verwerf het (voor aanvang van die kliniese assistentskap).
  8. Die onderrig in die laaste twee jaar in die hoofvak geskied alleenlik na suksesvolle voltooiing van die byvakke.
  9. Die eerste jaar van die kliniese assistentskap word as 'n addisionele jaar van ervaring vir Geneeskunde of Tandheelkunde erken indien die opleiding in Maksillofasiale en Mondchirurgie gestaak word. 'n Student wat een van die vakke staak moet egter onmiddellik as kliniese assistent bedank.
  10. Die basiese vakke vir Maksillofasiale en Mondchirurgie en Mondchirurgie (endossemente Chir.Max.Fac.-Med en Chir.Max.Fac.-Dent is presies dieselfde)
  11. Die vereistes vir die hoofvak is: Indiening van 'n miniverhandeling (endossement Chir.Max.Fac.-Med) en 'n verhandeling (Chir.Max.Fac.-Dent), 'n brief van 'n geskikte vaktydskrifredakteur, waarin ontvangs erken word van die konsepmanuskrip, chirurgiese portefeulje (logboek) met die minimum gevalle wat per chirurgiese seksie hanteer is, ’n voorgeskrewe opsomming van gevallestudies, enige publikasies, navorsingsamevattings, eksamen in ’n chirurgiese prosedure, en eksamen in pasiëntkortgevalle uitgevoer onder eksamenomstandighede.
  12. 'n Student mag slegs voortgaan met die finale FC MFOS (SA)-eksamen na voldoening aan al die vereistes vir die MChD(Chir.Max.Fac.-Med of -Dent) soos uiteengesit in 11. hierbo.
  13. Die MChD(Chir.Max.Fac.-Med of -Dent) mag slegs toegeken word na suksesvolle afhandeling van die finale eksamen vir die FC MFOS (SA).
  14. Koste of fooie vir enige eksamen(s) en registrasie by die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika moet deur die student gedra word.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences