Jaarboeke

Visuele kultuurstudies 321


 
Modulekode VKK 321
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Visuele Kunste
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences