Jaarboeke

Maatskaplikewerkteorie 310


 
Modulekode MWT 310
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Geslote – vereis departementele keuring Deel 1: Maatskaplikewerkintervensie: Individu en gesin Teorieë, modelle, gevorderde kommunikasievaardighede, die genogram en die ekokaart as intervensietegnieke en die intervensieproses soos van toepassing op die individu en die gesin. Deel 2: Gesinsontwikkeling en -begeleiding Die ontwikkeling van kennis ten opsigte van die verskillende vorme van huwelike en gesinne, die gesin en verliese, gesinsgeweld met betrekking tot huweliksgeweld, gesinsmoorde, die dinamiek van die verskillende vorme van seksuele molestering, die effek van seksuele kindermolestering op die lewe van die volwasse persoon en substituutsorg.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes MWT 210, 220, MWP 261 +DS
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 besprekingsklas per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Maatskaplike Werk en Kriminologie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences