Jaarboeke

Program: BA Oudiologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130105 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 480
Contact:
Prof L Biagio de Jager
[email protected]
+27 (0)124206774

Programinligting

Die doel van hierdie vier-jarige graadpakket is om gekwalifiseerde studente met diepte kennis toe te rus oor die gehoorproses binne die konteks van menslike kommunikasie, en die oorsake en simptomatologie van gehoor en vestibulêre probleme, en die wetenskaplike basis van intervensie met ‘n persoon met ‘n gehoor- of vestibulêre afwyking, of diegene wat ‘n risiko vertoon om so ‘n probleem te ontwikkel, dikwels as gevolg van die hoë las van siekte in Suid-Afrika. Hierdie intervensie kan geskied in ‘n een-tot-een situasie, in groepterapie, deur gebruik te maak van ‘n multidissiplinêre spanbenadering, or deur gemeenskapsgebaseerde intervensie. Die kwalifikasie sluit in die toegepaste bevoegdheid soos praktiese vaardighede om ourale, vestibulêre en/of kommunikasievermoëns van diegene wat benadeel word deur ‘n gehoor- of vestibulêre probleem, of diegene wat ‘n risiko het om sulke afwykings te ontwikkel, te verbeter of te bevorder. Die kwalifikasie voldoen verder aan internasionale akademiese vereistes.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 32 in Graad 12 te behaal.
  • LET WEL: Slegs studente wat hierdie program as eerste keuse op hul aansoekvorm aandui, sal vir toelating oorweeg word.
  • Die NBT is nie op hierdie program van toepassing nie.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Enige twee tale waarvan
Afrikaans of Engels een behoort te wees

Wiskunde

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

4

3

D

D

32

Addisionele vereistes

Departementele keuring vind plaas.

Praktiserende oudioloë moet oor goeie spraakproduksie en taalgebruik beskik om as modelle te dien vir individue met kommunikasie- en gehoor-afwykings. Hulle moet ook oor goeie gehoor, visie, en motoriese vermoë beskik ten einde individue met ’n verskeidenheid van kommunikasieafwykings te assesseer en behandel.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 te neem.
Studente kies tussen SEP 110, STW 110 of ZUL 110 in die tweede studiejaar.
Let wel:

  • Oorskakeling van die een program na die ander aan die einde van die eerste studiejaar, sal onderworpe wees aan beskikbare plek in die tweede studiejaar en aan ’n keuringsproses.
  • Ten einde ’n module te slaag, moet ’n subminimum of 40% behaal word in elke sub-afdeling van die volgende modules: Menslike kommunikasie (KMP), Oudiologie (ODL) en Spraak-Taalpatologie (SPP).

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student

  • ’n finale punt van 70% of hoër vir elk van die modules in die finale jaar behaal;
  • ’n gemiddelde van 75% of hoër vir die Oudiologie-modules op vierdejaarsvlak behaal; asook
  • ’n finale punt van 75% of hoër vir een van die teoretiese modules, ODL 410 of ODL 420 behaal. 

Minimum krediete: 114

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Anatomie vir kommunikasiepatologie Hierdie module handel oor die teorie en praktiese ervaring van die struktuur van die organe betrokke by spraakproduksie en gehoor uitgesluit neuro-anatomie. Anatomiese terminologie en elementêre weefselleer; makroskopiese anatomie van strukture betrokke by spraakproduksie en gehoor: larinks, skelet en spiere betrokke by asemhaling; vissera van die respiratoriese stelsel, bene en paranasale sinusse van die skedel, opsomming van kraniaalsenuwees, bou van die vissera van die klankgang, struktuur van die oor; embriologie van die gesig, verhemelte, tong, larinks en oor.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Introduction (terminology and anatomical orientation); chemical principles; cytology and histology; neuro-physiology and the senses; haematology and body fluids; cardiovascular system.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Respiratory system; nutrition; digestion and metabolism; kidneys and acid-base equilibrium; endocrinology; reproduction physiology and reproduction; skin and body temperatures.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

    Leadership and multidisciplinary team work. Healthcare systems and legislation. Determinants of health. Introduction to healthcare models (e.g. community-based care, family-centred care, etc.). Professionalism, Ethical principles. Management of diversity. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech-Language Pathology and Audiology students.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aanleer van ‘n basiese, medies-georiënteerde woordeskat saamgestel uit Latynse en Griekse stamvorme verbind met voor- en agtervoegsels afkomstig uit hierdie tale. Die wyse waarop die betekenisse van mediese terme bepaal word deur die ontleding van mediese terme in hul herkenbare betekenisdraende, samestellende dele word onderrig en ingeoefen. Die funksionele gebruik van mediese terme in konteks as praktiese uitkoms van terminologiese toepassing geniet deurlopend aandag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Reseptiewe prosesse in kommunikasie. Inleiding tot oudiologiese evaluering. Die basiese oudiometriese toetsbattery: eerste onderhoud en gevalsgeskiedenis; die otoskopiese ondersoek; stemvurktoetse; suiwertoonoudiometrie (luggeleidingstoetsing, beengeleidingstoetsing, maskering en die oudiometriese Weber); spraak-oudiometriese toetsing (drempel- en bo-drempeltoetse); immittansietoetsing (sifting) en ’n oorsig van oudiometriese toetsprosedures. Beginsels van oudiologiese sifting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Toepassing van die basiese toetsbattery en tipes gehoorverlies. Inleiding tot versterking (teorie en praktiese toepassing) en ourale rehabilitasie. Die populasie van persone met gehoorverlies in Suid-Afrika asook die rol van die oudioloog in ourale rehabilitasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel.  Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Beginsels van tipiese ontwikkeling. Beskrywing van prenatale ontwikkeling van die oro-fasiale strukture en teratogeniese invloede. Kognitiewe en sosio-emosionele ontwikkeling, hegting, sorgpatrone en die relevansie daarvan vir kommunikasieontwikkeling. Tipiese kommunikasieontwikkeling: Spraak- en taalontwikkeling; kommunikasievariasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Inleiding tot kommunikasieafwykings. Teoretiese beginsels van assessering en intervensie in kommunikasieafwykings, basiese assesseringsprotokol; prosedures en tegnieke. Inleiding tot etiese beginsels en standaarde. Teoretiese basis van voorkoming en primêre gesondheidsorg; voorkomingsprogramme vir spraak-, taal- en gehoorafwykings met spesifieke klem op identifikasie in primêre gesondheidsorg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring

    Inleiding tot linguistiek. Spraak, taal en kommunikasie. Toepassing van pragmatiese teorieë in die studie van taal. Semantiek, sintaksis, morfologie, fonologie. Normale reseptiewe en ekspressiewe prosesse.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring.

    Inleiding tot akoestiese fonetiek. Inleiding tot klankfisika. Resonansie en spraak, spraakakoestiek, spraakklankspektrografie
    (eksperimentele fonetiek).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Inleiding tot artikulatoriese fonetiek. Die spraakkommunikasieproses – produksiefase. Die spraakorgane: posisie en funksie. Verskillende lugstroommeganismes, konsonanttabel, artikulatoriese en perseptuele eienskappe van konsonante, insluitende fonetiese simbole en diakritiese tekens.

    Sien meer

Minimum krediete: 129

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

    Principles of project management. Communication principles. Leadership.  Health promotion and education, advocacy and literacy. Counselling for health behaviour change. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Speech- Language Pathology and Audiology students.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote vereis departementele keuring

    Intervensie vir kinders met gehoorverlies: die gedeelde rol van die spraak-taalterapeut en oudioloog; neurologiese grondslag van luister en praat; taal en spraak van die kind met ’n gehoorverlies; ouditiewe opleiding; ouerleiding; intervensie vir ouditiewe neuropatiespektrumafwyking. Inter- en transdissiplinêre betrokkenheid by kliënte met gehoor- en kommunikasieafwykings deur diensplanne vir individue en gesinne saam te stel.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring.
    Vroeë kommunikasie-intervensie: Beginsels en benaderings, omskrywing van risikopopulasies, sifting,assessering en intervensie van babas en kleuters met ’n risiko vir ’n kommunikasieagterstand, sorggeweropleiding. Ouditiewe prosesseringsafwykings: Organiese en nieorganiese oorsake. Die sentrale ouditiewe senuweestelsel. Die verskillende benaderings tot ouditiewe prosessering en ouditiewe prosesseringsafwykings. Omskrywing van ouditiewe prosesseringsafwykings en profiele. Siftingsprosedures, assessering en intervensie. ’n Transdissiplinêre benadering tot ouditiewe prosesseringsafwykings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module handel oor die teorie en praktiese ervaring van die struktuur van die sentrale senuweestelsel, verloop en verspreiding van die kraniaalsenuwees en embriologie van die sentrale senuweestelsel. Indeling: embriologie van die sentrale senuweestelsel; histologie van die senuweestelsel; makroskopiese anatomie: rugmurg, breinstam, serebrale hemisfere, ventrikels, meninges en sirkulasie van serebrospinale vog, bloedsirkulasie, kraniaalsenuwees, outonome senuweestelsel en bane van die SSS.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Neuronal physiology, central nervous system, peripheral nervous system, including the afferent and efferent divisions.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Patologie van die ouditiewe sisteem as basis vir oudiologiese diagnose. Akoestiese metings, kalibrasie, standaarde en tegniese aspekte van oudiologie. Gevorderde toepassings van die oudiometriese toetsbattery, insluitende psigoakoestiese toetse vir plek-van-letsel-toetsing en funksionele gehoorverlies toetsing; otoakoestiese emissietoetsing. Voorkomende oudiologie: die ouditiewe en nie-ouditiewe effek van geraas; gehoorkonserveringsprogramme; klankpeilmetings en geraasbeheer; gehoorassessering binne die industrie; gehoorbeskerming en gehoorbeskermers.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring

    Klankversterkingsisteme; die stadia van gehoorapparaatpassing; kommunikasiehulpmiddels en tegnologie; gevorderde gehoorapparaatpassing; gehoorapparaatpassingstrategieë vir volwassenes; inplanteerbare versterkingsisteme. Ourale rehabilitasie. die evaluering en intervensie van ’n persoon met gehoorverlies. Die kommunikasie-evaluasie en rehabilitasie van die geriatriese persoon en volwassene met verworwe gehoorverlies. Die komponente van ’n ourale rehabilitasieprogram.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Praktiese toepassing: diagnostiese oudiologiese prosedures van die volwassene met ’n kongenitale en verworwe gehoorverlies; diagnostiese immittansie-toetsprosedures; praktiese toepassing van psigo-akoestiese toetse. Die uitvoering van siftingsoudiometrie op alle populasies. Praktiese blootstelling aan diagnostiese en gevorderde toepassings van immittansietoetsing; psigo-akoestiese plek-van-letsel-toetsing en toetse vir funksionele gehoorverlies. Observasie van ’n privaat oudiologie-praktyk en gehoorapparaatpassings vir volwassenes. Voorkomende Oudiologie prakties.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word menslike ontwikkeling vanaf konsepsie tot adolessensie, asook volwassenheid aan die hand van verskillende teoretiese modelle bespreek. Dit sluit in ontwikkelingsveranderinge ten opsigte van kognitiewe, fisieke, emosionele en sosiale funksionering en die konteks van werk. Tradisionele en kontemporêre teorieë oor menslike ontwikkeling in hierdie fases word bestudeer ten einde die kernvraagstukke wat tydens die kinderjare en volwassenheid relevant is, te verstaan en verklaar.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word interpersoonlike en groepprosesse vanuit ‘n sosiaal-sielkundige perspektief bestudeer. Temas wat behandel word, sluit in kommunikasie, prososiale gedrag, sosiale beïnvloeding en oorreding, politieke transformasie, groepgedrag en geweld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners.

    Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Perseptuele analise van spraak- en stemafwykings. Teoretiese aspekte van wetenskaplike data-insameling en opnames van spraak- en stemmonsters. Perseptuele analise van vlotheidsversteurings, stemafwykings,ontwikkelingsfonologiese afwykings en artikulasie-afwykings, gesplete verhemeltespraak, apraksie en disartrie, spraak van persone met gehoorgestremdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Suid-Afrikaanse gebaretaal binne die raamwerk van internasionale gebaresisteme. Die beginsels van gebaretaal – leksikon en grammatika. Die rol en benutting van gebaretaaltolke. Aanvullende en alternatiewe kommunikasie. Vraagstukke en beginsels van aanvullende en alternatiewe kommunikasie-intervensie; multikomponentsisteme, vereistes, en ondersteuningsisteme. Die toepassing van verskillende sisteme, veral die gebruik van tegnologie in kommunikasie in die daaglikse lewe.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

Minimum krediete: 143

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

    Community needs assessment. Leadership in community development. Planning and implementation of collaborative community-based interventions. Application of principles of monitoring and evaluation. NB: Only for School of Healthcare Sciences and Department of Speech - Language Pathology and Audiology students.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Diensverwante professionele funksies in Oudiologie en Spraak-Taalpatologie: Konsultasie, berading, opleiding en bestuur. Die oudioloog en spraak-taalterapeut as konsultante in ontwikkelende lande; medies-wetlike konsultasie. Konsultasie met en opleiding van ander professionele groepe. Berading van die persoon met ’n kommunikasieafwyking en familie na die verlies van normale kommunikasie of gehoor. Die oudioloog en spraak-taalterapeut as bestuurders: administrasie, finansies, personeel, aankope en begroting. Organisasie van die gesondheidstelsel. Neuro-ontwikkelingsteunsorg en neonatale kommunikasie-intervensie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Kurrikulumgemeenskapsinteraksie en die toepassing daarvan in Oudiologie en Spraak-taalpatologie. Beplanning, ontwikkeling en uitvoering van gemeeskapsgebaseerde rehabilitasieprogramme; toepassing van professionele funksies met spesifieke verwysing na die bevordering van normale gehoor en kommunikasievaardighede; voorkoming, opleiding en samewerking in gemeenskappe. Ervaringsleer in ’n publieke hospitaal. Neonatale kommunikasie-intervensie in die praktyk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring

    Elektrofisiologiese evaluering van die ouditiewe en vestibulêre sisteme, insluitende die omvang van ouditiewe ontlokte potensiale (ECochgG, OBR, ASSR, MLR, ALLR, P300, VEMP), en toetse vir vestibulêre funksionering en rehabilitasie van vestibulêre afwykings. Ouditiewe prosesseringsafwykings, sifting, oudiologiese assessering en intervensie. Die evaluering en behandeling van tinnitus en hiperakusie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Teorie van pedo-oudiologie: identifikasie, diagnose en intervensie. Vroeë identifikasie-programme in terme van rasionaal, prosedures en protokolle, kwaliteitstandaarde en -doelwitte. Diagnostiese toetsprosedures volgens ontwikkelingsouderdomme, insluitende die toepassing van elekrofisiologiese prosedures vir ouditiewe funksionering, gedragsobservasie, visuele responsoudiometrie en gekondisioneerde speloudiometrie. Beginsels van vroeë intervensie en pediatriese versterking. Die oordra van die diagnose van ’n gehoorverlies en berading. Stadia van pediatriese gehoorapparaatpassings: voorskrif en seleksie van versterking, verifikasie, oriëtering en opleiding, validasie en opvolg. Uitdagings van pediatriese gehoorapparaatpassings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Gehoorapparaatseleksie, -passing, -verifikasie en -aanpassing vir die volwasse populasie. Evaluering en intervensie van die geriatriese kliënt en die kliënt met verworwe gehoorverlies. Evaluering, berading en rehabilitasie van die kliënt met tinnitus en hiperakusie. Tinnitus en hiperakusie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Gevorderde oudiologiese evaluering, insluitende elektrofisiologiese metings soos otoakoestiese emissies en ouditiewe ontlokte potensiale. Vestibulêre evaluering van pasiënte met vertigo/duiseligheid en wanbalans en vestibulêre rehabilitasie. Evaluering van ouditiewe prosesseringsafwykings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsingskonsepte; navorsingsproses; navorsingsondersoek; beplanning en ontwikkeling van ’n literatuuroorsig; ontwikkeling van ’n navorsingsidee en navorsingsvraag; navorsings-beginsels in die ontwerp van ’n navorsingsvoorstel; skryf van ’n navorsingsvoorstel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Identifikasie van abnormale gedrag in kinders aan die hand van kennis van normale kinderontwikkeling; inleiding tot die studie van verskeie modelle met betrekking tot abnormale gedrag; verstaan en toepassing van basiese konsept in kinderpsigopatologie. Die module verskaf ook ‘n inleiding tot psigopatologie en simptomatologie van volwasse abnormale gedrag. Terminologie, definisie van abnormale gedrag, probleme met diagnose, etiketering en mites aangaande abnormale gedrag sal bespreek word. Neurose as ‘n spesifieke geestesversteuring word krities bestudeer vanuit ‘n multidimensionele perspektief, insluitend intrapsigiese, interpersoonlike and sosiaal-kulturele verduidelikings.

    Sien meer

Minimum krediete: 115

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Om 'n navorsingsverslag saam te stel gebasseer op 'n kritese ondersoek oor 'n professioneel-spesifieke onderwerp

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Vroeë kommunikasie-intervensie: kliniese toepassing van assessering- en intervensiebeginsels vir babas en jong kinders met 'n risiko vir kommunikasieafwykings. Familiegesentreerde benadering en spanwerk. Die rol en funksies van spraak-taalterapeute en oudioloë in kangaroemoedersorg. Gesplete gesigsdeformiteite- kliniek prakties.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Opvoedkundige oudiologie: definisie, intervensie en opvoedkundige oorwegings. Evaluasie en intervensie vir die kind met ’n gehoorverlies met spesifieke verwysing na vroeë intervensiestrategieë om ’n kind se ouditiewe vaardighede en ekspressiewe en reseptiewe taal te ontwikkel, kommunikasiemetodes, samewerking en konsultasie. Inplanteerbare apparate: kogleêe inplantings, middeloor-inplantings, ouditiewe breinstaminplantings, beengeankerde gehoorapparate. Kogleêre inplantings: akoestiese en elektriese gehoor; kogleêre inplantingsisteme, die proses van kogleêre inplantering, die kogleêre inplantingspan, mediese en sjirurgiese aspekte, seleksiekriteria en evaluering, bilaterale kogleêre inplantering en bimodale versterking, elektrofisiologiese metings en neuraleresponsetelemetrie, etiese oorwegings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring.

    Nuutste ontwikkelings op die gebied van oudiologie. Die oudioloog binne verskillende beroepsmoontlikhede: privaat praktyk, hospitale; universiteite; skole. Uitdagings vir ’n professionele praktyk binne die plaaslike konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Opvoedkundige oudiologie: Intervensie met ’n kliënt met gehoorverlies van enige ouderdom; holistiese evaluering en ontwikkeling van ’n geïdividualiseerde intervensieprogram. Intervensie met ’n groep kinders met gehoorverlies binne enige opvoedkundige instansie. Ouerleiding vir gesinne met kinders met gehoorverlies. Passing, verifikasie en oriëntasie en validasie van gehoorapparate by die pediatriese populasie. Intervensie in terme van opvolg deur kontinue evaluering, berading en ouerleiding. Observasie van kogleêre inplantingprogrammering en -intervensie. Toepassing van professionele vaardighede binne alle kontekste (primêre, sekondêre en tersiêre gesondheidskontekste). Privaatpraktyk- en besigheidsbestuur.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences