Code | Faculty |
---|---|
01243019 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Addisionele werk/modules mag van voornemende studente vereis word, sou dit nodig geag word.
Let asb daarop: Slegs sekere modules word jaarliks aangebied. Raadpleeg asseblief die programbestuurder in hierdie verband.
Minimum krediete: 135
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde)
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
In hierdie module word vyf oorheersende paradigmas in die sielkunde – (neo) behaviorisme, (neuro) kognitief, psigo-analities, humanisties en ekosistemies – en tipiese teorie wat hieruit voortvloei, bespreek. Die filosofie onderliggend aan hierdie paradigmas en hul teorieë word ontleed, met spesifieke verwysing na modernisme en postmodernisme. Klem word geplaas op die praktiese toepassing van kwantitatiewe en kwalitatiewe teorievorming in die lig van die vyf dominante paradigmas.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring.
Die navorsingsverslag vir BSocSciHons Sielkunde behels geïntegreerde assessering van alle leerareas wat in hierdie program aangebied word. Studente moet ‘n navorsingsverslag skryf oor goedgekeurde onderwerp in die spesifieke konteks wat as keusekomponente geselekteer is en wat aan al die vereistes wat deur die programbestuurder gestel word, voldoen.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The focus is on knowledge and skills necessary to understand the empirical research process as applied in psychology. The following aspects are included: theoretical and epistemological assumptions in psychological research, problem and hypothesis formulation, basics of measurement, control in research, threats to validity, and research designs. The module also incorporates statistical methods applicable in research as well as skills necessary to analyse qualitative data all of which is aimed at providing students with greater skills within the realm of research.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Hierdie module handel oor geselekteerde temas uit die sosiale sielkunde, soos sosiale kognisie, houdings en houdingsverandering, oorredingskommunikasie en sosiale beïnvloeding, menslike aggressie, intergroepverhoudings en intergroepkonflik, sosiale identiteitsteorie en die rol van kultuur in menslike gedrag. Hierdie temas word toegepas op praktiese probleme in die kontemporêre Suid-Afrikaanse konteks.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Die fokus van hierdie module is op die aard van die gemeenskapsielkunde, teoretiese benaderings, gemeenskapsinstellings, konsultasie, intervensie en effektiewe programontwikkeling en -bestuur. Die beplanning, koördinering en fasilitering van werkswinkels word ook aangebied. Die module bestaan uit twee komponente: ‘n teoretiese gedeelte wat as ‘n verwysingsraamwerk dien en kan help in die ontwikkeling van denke oor gemeenskapsprosesse en praktiese ervaring om sodoende gemeenskapskwessies aan te spreek. Die fokus hier is op behoeftebepaling, ontwerp, implementering en evaluering van intervensies, basiese berading en groepfasiliteringsvaardighede. Die praktiese komponent is gebaseer op gemeenskapsintervensies.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring.
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
Hierdie is ‘n teoretiese module wat handel oor die proses verbonde aan psigometriese evaluering van menslike gedrag binne verskeie kontekste. Dit sluit nie professionele opleiding in om ‘n psigometris te word nie. Die module handel oor onderwerpe soos die multidimensionele aard, oogmerk, en eienskappe van assessering; kritiese kwessies in sielkundige evaluering binne die Suid-Afrikaanse konteks; die redes vir wetlike beheer en etiek van sielkundige evaluering; die geskikte gebruik van verskeie tipes psigometriese en assesseringsmetodes en instrumente; asook die proses van integrasie van evalueringsresultate en verslagskrywing.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring.
Die module handel oor abnormale gedrag en simptomatologie wat met verskillende patologie verband hou, insluitend intrapsigiese, interpersoonlike en sosiokulturele disfunksies. Die DSM IV-klassifikasiestelsel sowel as multidimensionele perspektief word krities bespreek ten opsigte van spesifieke siektetoestande.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring.
In hierdie module word die verband tussen gedrag en die funksionering van die brein ondersoek met die doel om begrip te vorm van die aard van komplekse sielkundige prosesse. Die vernaamste aspekte van serebrale disfunksie in neurologiese versteurings, traumatiese breinskade en uitvoerende funksies word bespreek. Verskillende neurosielkundige assesseringstegnieke word ook behandel.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).
Hierdie module behels intermediêre, goed-gevormde en sistematiese kennis en begrip van kognitiewe prosesse ten einde bewese oplossings vir kernvraagstukke in die kognitiewe sielkunde aan te bied. Die module sluit onder andere die evaluering van resente akademiese debatte en diskoerse in kognitiewe sielkunde, analise van kontemporêre kontekste en ‘n kritiese evaluering van kernvraagstukke wat met kognitiewe sielkunde verband hou, in.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).
In this module a wide range of personality theories as well as a study of on human functioning in the South African context is studied. The aim of the module is to teach conception of the implications of various personality theories for human functioning. The applications are relevant in therapeutic and counselling contexts, as well as for our understanding of human functioning in everyday life. Themes pertaining to relevant current societal issues form the focus of the practical application of the module.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Closed – BSocSciHons in Psychology only.
This module introduces students to various postmodern approaches and ethical issues. In addition, upon completion of the module, students should have acquired an in-depth knowledge of a specific therapeutic approach of their choice and demonstrate these approaches can be used to intervene at the, individual, family and community level.
Module-inhoud:
*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde).
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The module deals with the study of human development over the entire life span. Developmental Psychology supplies important background information for students who would like to become clinical or counselling psychologists. Knowledge gained by studying developmental psychology is also most valuable for parents, teachers, social workers as well as people in the health professions and in the business world or industry.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App