Code | Faculty |
---|---|
07130043 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 445 |
Prof JGI Oberholster [email protected] | +27 (0)124203788 |
Hierdie graadprogram (wat slegs voltyds aangebied word) is die gespesialiseerde baccalaureusgraad vir kandidate wat voorberei vir die toepaslike kwalifiserende eksamens van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR/SAICA) en die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure (ORRO/IRBA). Die program BCom (Rekeningkundige Wetenskappe), tesame met die (voltydse program) BcomHons (Rekeningkundige Wetenskappe) en die Sertifikaat in die Teorie van Rekening-wetenskappe (STR), is geakkrediteer deur die SAIGR/SAICA as deel van hulle opvoedkundige vereistes vir die geoktrooieerde rekenmeesterkwalifikasie.
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak |
TPT | |||||||
Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 6 | 2 | B | B | 34 |
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
Spesialiseringsmodules: FRK 300, FBS 300, BEL 300 en ODT 300.
’n Kandidaat wat:
Let wel: “Graad 12-eksamen” verwys na die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)- eindeksamen.
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Minimum krediete: 119
Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module intends to equip students with the competence in reading and writing required in the four high impact modules: Business Management, Financial Accounting, Statistics and Economics. Students will also be equipped to interpret and draw figures and graphs and to do computations and manage relevant formulas. During Semester 1 students engage with the online computer program MyFoundationsLab individually in a flexible learning environment, and during Semester 2 they attend the scheduled contact sessions and do the coursework.
Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir studente van BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)
Inleiding tot bestuursrekeningkunde, kritiese beredeneringsvaardighede en probleemoplossings-tegnieke vir bestuursrekeningkunde, kostebegrippe, eenvoudige liniêre regressie-analise om toekomstige verkoopsvolumes en kostes te kan vooruitskat, tydreeks-analise vir die vooruitskatting van toekomstige verkoopsvolumes, indeksering om sodoende ’n stel finansiële data vir inflasie en deflasie aan te pas, inleiding tot finansiële bestuur, die funksionering van die finansiële markte wat die werking van die rentekoers- en wisselkoersmeganismes insluit, wiskunde vir besighede wat tydwaarde-van-geld-berekeninge insluit, en kritiese beredeneringsvaardighede en probleemoplossingstegnieke in ’n finansiëlebestuur-konteks. Waar toepaslik sal spreibladtoepassings (Excel) aangespreek word tydens die aanbieding van die onderskeie onderwerpe.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)-studente
*Studente wat in 'n vorige akademiese jaar vir FRK 101 geregistreer was en nie die module geslaag het nie, word slegs toegelaat om die module te herhaal indien hulle minder as 35% daarvoor behaal het en mag nie met ‘n punt van onder 35% vir FRK 100 registreer nie.
(Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.)
'n Inleiding tot die konseptuele raamwerk (teorie van rekeningkunde); basiese rekeningkundige vergelyking; belasting op toegevoegde waarde, afslag; inkomste; rekeningkundige prosedures vanaf brondokumente via hulpjoernale na algemene grootboek en proefbalans; finansiële jaarstate van ‘n eenmansaak; kontrolerekeninge; departementele rekeninge; bankrekonsiliasiestate; voorraad; niebedryfsbates eiendom, aanleg en toerusting; kontant en kontantekwivalente; beleggings; lenings; renteberekeninge; versekeringseise; ondernemings entiteite sonder winsoogmerk; takrekeningkunde; permanente vennootskappe; vennootskapsrekeninge; veranderinge in vennootskappe; beslote korporasies; maatskappye; ontleding en vertolking van finansiële state met gebruik van ‘n kontantvloeistaat; vervaardigingsentiteites; opsporing en regstelling van foute; onvolledige rekords;.
'n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.
Module-inhoud:
Inleiding tot inligtingstelsels; inligtingstelsels in ondernemings; apparatuur: invoer; verwerking; uitvoer; programmatuur: stelsels- en toepassingsprogrammatuur; organisering van data en inligting; telekommunikasie en netwerke; die internet en intranet. Transaksieverwerkingstelsels; bestuursinligtingstelsels; besluitnemingsteunstelsels; inligtingstelsels in besigheid en samelewing; stelselontleding; stelselontwerp; implementering; onderhoud en hersiening.
Module-inhoud:
Algemene inleiding. Algemene kontraktereg: inleiding tot die kontraktereg; wilsooreenstemming; handelingsbevoegdheid; juridiese en fisiese uitvoerbaarheid; formaliteite; partye tot die kontrak, voorwaardes en verwante regsaspekte, besondere bedinge en uitleg van kontrakte; kontrakbreuk en beëindiging van kontraktuele verhoudinge.Module-inhoud:
Koopreg; huurreg; kredietooreenkomste; verteenwoordigingsreg; sekerheidstelling.Module-inhoud:
Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf.
Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
Module-inhoud:
Beskrywende statistiek:
Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Minimum krediete: 166
Module-inhoud:
In die eerste kwartaal van hierdie module word studente toegerus met begrip van die morele kwessies wat menslike agentskap in ekonomiese en politieke kontekste beïnvloed. Filosofie rus die student toe met analitiese redeneringsvaardighede wat nodig is om komplekse morele probleme wat verband hou met ekonomiese en politieke besluitneming te verstaan en op te los. Ons toon aan hoe die grootste vrae aangaande sosiaal-ekonomiese aspekte van ons lewens ontleed kan word en verhelder kan word deur beredeneerde debat. Voorbeelde van temas wat gedek kan word in die module sluit in geregtigheid en die gemeenskaplike belang van die samelewing, morele nadenke oor die aard en rol van ekonomiese markte in die samelewing, kwessies wat betrekking het op geregtigheid en gelykheid, en dilemmas oor lojaliteit. Die filosowe wie se werk gedek word, kan byvoorbeeld insluit Aristoteles, Locke, Bentham, Mill, Kant, Rawls, Friedman, Nozick, Bernstein, Dworkin, Sandel, Walzer, en MacIntyre. In die tweede kwartaal is die fokus op professionalisme, loopbane en etiek. Etiese kodes in besighede en professies, professionele kodes. en etiese kwessies in die rekenmeestersprofessie word aangespreek.Module-inhoud:
Inleiding tot inkomstebelasting ten opsigte van maatskappye en individue
In hierdie module word 'n inleiding tot die beredderingsproses van bestorwe en insolvente boedels verskaf. Spesifieke klem word geplaas op die opstel van die eksekuteursrekening vir bestorwe boedels asook die trusteesrekening vir insolvente boedels. Die berekening van boedelbelasting word in detail behandel. Inleiding tot belasting, beswaar en appèl, bruto inkomste, bron van inkomste, bruto inkomste (spesifieke insluitings), vrygestelde inkomste, algemene aftrekkingsdefinisie, vasgestelde verliese, spesifieke aftrekkings vir maatskappye, spesifieke aftrekkings vir individue, kapitaaltoelaes.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente
Doel en funksie van bestuursrekeningkunde. Grondliggende kostebegrippe. Die bepaling van produkkoste met inbegrip van grondstof-, arbeids- en bokoste en die toedeling daarvan volgens die tradisionele sowel as aktiwiteitsgebaseerde kostetegnieke, voorraadbestuur, die akkumulering van kostes volgens ‘n taak- en proseskostestelsel, die hantering van gesamentlike en neweprodukte en die bepaling van kostes volgens ‘n direkte sowel as ‘n absorpsiekostebenadering. Besluitneming met verwysing na kostevolume-wins-verhoudings, relevante koste, risiko en waarskynlikhede, beslissingsbome, liniêre programmering en kapitaalbegrotings. Beplanning en beheer dmv kwantitatiewe tegnieke, begrotings en standaardkosteberekening.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente
(Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.)
Voorbereiding en aanbieding van maatskappy finansiële jaarstate in ooreenstemming met die vereistes van die Maatskappywet en Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk in verband met die volgende: die aanbieding van finansiële state; inkomste; voorraad; eiendom, aanleg en toerusting; beleggingseiendom; waardedaling (van individuele bates); voorsienings; hure; gebeure na die balansstaatdatum; verdienste per aandeel; rekeningkundige beleid, veranderinge in rekeningkundige ramings en foute; sekere aspekte van finansiële instrumente. Inleiding tot konsolidasies, insluitend basiese konsolidasietegnieke vir beide volfiliale en filiale wat gedeeltelik besit word. Sekere aspekte van die Maatskappywet, insluitend direkteursvergoeding en Bylae 4.
‘n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Module content will be adapted in accordance with the appropriate degree programme. Only one of KOB 281– 284 may be taken as a module where necessary for a programme.
Applied business communication skills
Acquiring basic business communication skills will enhance the capabilities of employees, managers and leaders in the business environment. An overview of applied skills on the intrapersonal, dyadic, interpersonal, group (team), organisational, public and mass communication contexts is provided. The practical part of the module (for example, the writing of business reports and presentation skills) concentrates on the performance dimensions of these skills as applied to particular professions.
Module-inhoud:
Maatskappyereg; reg insake beslote korporasies; vennootskapsreg; arbeidsreg; arbitrasie- en vervoerreg; versekeringsreg; verhandelbare dokumente; insolvensiereg; erf- en trustreg.Module-inhoud:
Geskiedenis van ouditering: begrip ‘professie’. Die teorie, insluitend die postulate in ouditkunde. Belangrikste begrippe, geselekteerde Maatskappywetartikels deur die Openbare Rekenmeesters- en Ouditeursraad (OROR) en die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) voorgeskryf. Publikasies van die SAIGR en OROR. Beginsels van ouditering, die ouditproses. Interne beheer en stelselontwerp en evaluering.Minimum krediete: 160
Module-inhoud:
Die doel van die module is om die leerder in staat te stel om die belasting op toegevoegdewaarde-aanspreeklikheid te kan bereken en die nodige joernaalinskrywings te kan weergee; die normale belastingaanspreeklikheid (ingesluit die bepaling van belasbare kapitaalwinste en aangeslane kapitaalverliese) van individue, maatskappye, boedels en trusts te kan bereken en belastingbeginsels te kan bespreek; en om voorlopige en werknemersbelasting te kan bereken en beswaar teen ‘n aanslag te kan aanteken.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente
Die doel en funksie van bestuursrekeningkunde. Grondliggende kostebegrippe. Die bepaling van produkkoste met inbegrip van grondstofkoste, arbeidskoste, bokoste en die toedeling daarvan volgens die tradisionele sowel as aktiwiteitsgebaseerde kostetegnieke, voorraadbestuur, die akkumulering van koste volgens ‘n taak- en proseskostestelsel, die hantering van gesamentlike en neweprodukte en die bepaling van kostes volgens ‘n direkte sowel as ‘n absorpsiekostebenadering. Besluitneming met verwysing na kostevolume-wins-verhouding, relevante koste, risiko en waarskynlikhede, beslissingsbome, liniêre programmering en kapitaal-investeringsbegrotings, projekbestuurbeginsels. Beplanning en beheer deur middel van kwantitatiewe tegnieke, begrotings en standaardkosteberekening. Prestasiemeting dmv verantwoordelikheids-rekeningkunde en die vasstelling van oordragspryse.
Finansiële bestuur met inagneming van die doel van finansiële bestuur, bedryfskapitaalbestuur, finansieringsbesluite, koste van kapitaal, dividendbeleid, kapitaalstruktuurbesluite, aandelewaardasies. Die student moet in staat wees om die onderliggende teorieë op gevorderde gevallestudies toe te pas.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente (Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.) Hersiening van werk gedek in FRK 201 en toepassing van hierdie kennis op gevorderde probleme. Voorbereiding en aanbieding van maatskappy finansiële jaarstate in ooreenstemming met die vereistes van Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk in verband met die volgende: inkomstebelasting; hure (insluitend verkoop-en terughuurooreenkomste); eiendom, aanleg en toerusting; beleggingseiendom; voorsienings; gebeure na balansstaatdatum; verdienste per aandeel (insluitend wesensverdienste); ontasbare bates; waardedaling (insluitend inleiding tot kontantgenererende eenhede); staatstoekennings; die uitwerking van verandering in wisselkoerse (insluitend skansrekeningkunde); leenkoste; werknemervoordele; niebedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede; geassosieerdes; gesamentlike ondernemings; kontantvloeistate; verdere aspekte van finansiële instrumente. Gevorderde konsolidasie-aangeleenthede, insluitend intragroeptransaksies; dividende; voorkeuraandele; herwaardasies; horisontale, vertikale en gemengde groepe; insolvente filiale; die verkryging van ‘n bykomende belang. Ontleding en vertolking van finansiële state, asook veranderinge in kapitaalstrukture. ‘n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.Module-inhoud:
Toepassing van statistiese steekproefnemingsmetodes in ouditkunde. Maatskappywetartikels en artikels uit die Wet op Beslote Korporasies deur die OROR en die SAIGR voorgeskryf. Publikasies van die SAIGR, die OROR en geselekteerde internasionale standpunte. Die ouditproses. Interne beheer, stelselontwerp en evaluering. Beheermaatreëltoetse. Ouditering in ‘n elektroniese dataverwerkingsomgewing.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App