Code | Faculty |
---|---|
09250203 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 240 |
Die sluitingsdatum vir die program is 31 Julie en keuring vind plaas in Augustus. Die program sluit praktiese werk in. Dit voldoen aan die vereistes wat gestel word vir registrasie as Opvoedkundige Sielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, na voltooiing van ’n internskap in Opvoedkundige Sielkunde aan ’n inrigting wat deur die genoemde Raad vir die doel goedgekeur is. Die Universiteit staan onder geen verpligting teenoor studente om internskappe te voorsien of te reël nie.
Studente word voorwaardelik gekeur tydens die formele keuring wat plaasvind in Augustus. Bekragtiging van keuring vind plaas in die daaropvolgende Junie van elke jaar. Die Departement van Opvoedkundige Sielkunde behou derhalwe die reg om ’n student se toelating tot die program te heroorweeg gedurende die eerste ses maande van studie, gebaseer op gedemonstreerde opleidings- en beroepsgerigte vermoëns.
Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 tot G.62 kan ’n kandidaat toegelaat word indien hy/sy voldoen aan die volgende vereistes:
Die Senaat kan:
Addisionele Toelatingsvereistes
Alle aansoeke is onderworpe aan keuring.
Die keuring is gebaseer op:
Alle magisterstudente moet 'n verhandeling of 'n miniverhandeling indien, en moet Navorsingsvoorstel (NMQ 800) slaag. Vir die MEd-graad met verhandeling, moet studente 'n verhandeling wat handel oor ’n onderwerp wat deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedgekeur is, voorlê nadat ’n volledige navorsingsvoorstel goedgekeur is. ’n Literatuurstudie is nie aanvaarbaar nie.
Die gedoseerde MEd-graad word met lof toegeken aan 'n student wat 75% vir die miniverhandeling sowel as 'n gemiddelde van 75% in die res van die modules behaal het.
Al die Kern modules, NMQ 800 (Navorsingsvoorstel) en een van die miniverhandelinge (BOP, ODK, OPG or OUB 895) moet gekies word in die 1ste jaar. Wanneer die "Navorsingsvoorstel" geslaag is in die 1ste jaar, moet net die "miniverhandeling" weer gekies word in die finale jaar. Studente word twee geleenthede gebied om NMQ 800 te slaag.
Module-inhoud:
Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.
Module-inhoud:
Die beroepsbestuurproses: Teorie en toepassing. Fases van loopbaanontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke in beroepsbestuur. Beroepsbestuur binne werksomgewings. Post-modernistiese benadering tot beroepsbestuur. Die praktyk van begeleiding en berading: Onderhoudvoering, implementering en interpretering van media, diagnosering, verwysing, verslagskrywing.Module-inhoud:
Fundamentele benadering(s) rakende leerhindernisse, met verwysing na die Suid- Afrikaanse konteks; teoretiese raamwerk(e) vir diagnostiese assessering met betrekking tot akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks; oefening in die selfstandige integrasie en sintese van relevante onderwerp-spesifieke literatuur ter voorbereiding van eie navorsing: neuropsigologiese funksionering, taal (T1 en T2), lees, skryf, spelling, gesyferdheid en wiskundige vaardighede, studievaardighede, onderwys- en omgewingsbenadeeldheid. Professionele vaardighede en waardes van verantwoordbare diagnostiese assesseringspraktyk en verslagvoering van bevindings met betrekking tot leerders se akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks.Module-inhoud:
Leerondersteuning in Suid-Afrika: kontekstualisering. Die leerder en leerondersteuning, inklusiewe onderwys. Leerondersteuning op mikrovlak. Groepwerk.Module-inhoud:
Die opvoedkundige sielkundige as konsultant en fasiliteerder binne ‘n multi-kulturele raamwerk; onderliggende teorie en benadering tot opvoedkundige sielkundige assessering en intervensie. Forensiese dimensie. Die onderliggende beginsels van kinderpsigoterapie. Die opvoedkundige sielkundige as persoon. Verskillende assesserings- en terapeutiese benaderings en die gefundeerde gebruik daarvan by kinders met emosionele en gedragsprobleme. ‘n Repertoire van assesserings- en terapeutiese tegnieke vir gebruik tydens assessering van en terapie met kinders. Beginsels vir die beplanning en implementering van terapie met kinders en andragogiese intervensie met ouers.Module-inhoud:
Praktiese module: assessering en ondersteuning van kinders met emosionele, gedrags, leer- en beroepsverwante behoeftes. Analise van gesinne. Gemeenskapswerk. Groepwerk. Implementering en interpretering van sielkundige media, diagnostisering, verwysing, verslagskrywing, sowel as terugvoer aan ouers. Multidissiplinêre samewerking. Ouerbegeleiding. Onderhoudsvaardighede binne die raamwerk van die opvoedkundige sielkundige model van hulpverlening. Luister- en kommunikasievaardighede. Etiese aspekte en die regte van die kliënt. Die praktyk van die opvoedkundige sielkundige.Module-inhoud:
Diversiteit in gesinsfunksionering; gesinslewensiklus en ontwikkeling; parameters vir gesinsfunksionering; gesinsveerkragtigheidsmodelle vir die analise van gesinsfunksionering. Analise van besondere gesinsituasies, gesinsgeoriënteerdeintervensie ten opsigte van elkeen van hierdie aspekte as die sentrale tema.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Beroepsoriënteringspedagogiek.Module-inhoud:
Ortodidaktiek. ‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Ortodidaktiek.Module-inhoud:
Ortopedagogiek ‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Emosionele en Gedragsprobleme.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van gesinsgeoriënteerde intervensie.Al die Kern modules, NMQ 800 (Navorsingsvoorstel) en een van die miniverhandelinge (BOP, ODK, OPG or OUB 895) moet gekies word in die 1ste jaar. Wanneer die "Navorsingsvoorstel" geslaag is in die 1ste jaar, moet net die "miniverhandeling" weer gekies word in die finale jaar. Studente word twee geleenthede gebied om NMQ 800 te slaag.
Module-inhoud:
Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.
Module-inhoud:
Die beroepsbestuurproses: Teorie en toepassing. Fases van loopbaanontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke in beroepsbestuur. Beroepsbestuur binne werksomgewings. Post-modernistiese benadering tot beroepsbestuur. Die praktyk van begeleiding en berading: Onderhoudvoering, implementering en interpretering van media, diagnosering, verwysing, verslagskrywing.Module-inhoud:
Fundamentele benadering(s) rakende leerhindernisse, met verwysing na die Suid- Afrikaanse konteks; teoretiese raamwerk(e) vir diagnostiese assessering met betrekking tot akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks; oefening in die selfstandige integrasie en sintese van relevante onderwerp-spesifieke literatuur ter voorbereiding van eie navorsing: neuropsigologiese funksionering, taal (T1 en T2), lees, skryf, spelling, gesyferdheid en wiskundige vaardighede, studievaardighede, onderwys- en omgewingsbenadeeldheid. Professionele vaardighede en waardes van verantwoordbare diagnostiese assesseringspraktyk en verslagvoering van bevindings met betrekking tot leerders se akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks.Module-inhoud:
Leerondersteuning in Suid-Afrika: kontekstualisering. Die leerder en leerondersteuning, inklusiewe onderwys. Leerondersteuning op mikrovlak. Groepwerk.Module-inhoud:
Die opvoedkundige sielkundige as konsultant en fasiliteerder binne ‘n multi-kulturele raamwerk; onderliggende teorie en benadering tot opvoedkundige sielkundige assessering en intervensie. Forensiese dimensie. Die onderliggende beginsels van kinderpsigoterapie. Die opvoedkundige sielkundige as persoon. Verskillende assesserings- en terapeutiese benaderings en die gefundeerde gebruik daarvan by kinders met emosionele en gedragsprobleme. ‘n Repertoire van assesserings- en terapeutiese tegnieke vir gebruik tydens assessering van en terapie met kinders. Beginsels vir die beplanning en implementering van terapie met kinders en andragogiese intervensie met ouers.Module-inhoud:
Praktiese module: assessering en ondersteuning van kinders met emosionele, gedrags, leer- en beroepsverwante behoeftes. Analise van gesinne. Gemeenskapswerk. Groepwerk. Implementering en interpretering van sielkundige media, diagnostisering, verwysing, verslagskrywing, sowel as terugvoer aan ouers. Multidissiplinêre samewerking. Ouerbegeleiding. Onderhoudsvaardighede binne die raamwerk van die opvoedkundige sielkundige model van hulpverlening. Luister- en kommunikasievaardighede. Etiese aspekte en die regte van die kliënt. Die praktyk van die opvoedkundige sielkundige.Module-inhoud:
Diversiteit in gesinsfunksionering; gesinslewensiklus en ontwikkeling; parameters vir gesinsfunksionering; gesinsveerkragtigheidsmodelle vir die analise van gesinsfunksionering. Analise van besondere gesinsituasies, gesinsgeoriënteerdeintervensie ten opsigte van elkeen van hierdie aspekte as die sentrale tema.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Beroepsoriënteringspedagogiek.Module-inhoud:
Ortodidaktiek. ‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Ortodidaktiek.Module-inhoud:
Ortopedagogiek ‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van Emosionele en Gedragsprobleme.Module-inhoud:
‘n Verhandeling van beperkte omvang onder die leiding van ‘n studieleier word uitgevoer op die gebied van gesinsgeoriënteerde intervensie.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App