Jaarboeke

Gedetailleerde ontwerp 420


 
Modulekode SDO 420
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die module fokus op toepassings in detailontwerp. Die student voer detailontwerp uit in die klassieke dissiplines soos strukture, geotegnies, hidroulika en vervoer. Die studieleiers kies die mees verteenwoordigende toepassings met die oog daarop om die student voor te berei vir praktyk. Tipiese voorbeelde is as volg: • Strukture: Meerverdiepinggeboue met gewapendebetonrame en blaaie • Hidroulika: Pypleidings en pompstasies • Geotegnies: Slikdamme en hellingstabiliteit • Vervoer: Vervoerimpakstudies, plaveiselontwerp en analise Die temas van die ontwerptoepassings mag verskil van jaar tot jaar.
Modulekrediete 24.00
Voorvereistes (SHC 410), (SIN 411), (SIN 413), (SGM 323), (SVC 412)
Kontaktyd 5 lesings per week, 1 praktiese sessie per week, 1 tutoriaal per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Siviele Ingenieurswese
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences