Jaarboeke

Inligtingkunde 120


 
Modulekode INL 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Organisasie en voorstelling van inligting. Hierdie module bied die student 'n inleiding tot die basiese beginsels en prosesse onderliggend aan die organisering en voorstelling van inligting. Die organisering van inligting in dokumente en op die web, in multimediaformate, met behulp van dokumentbeeldprosessering en in databasisse word behandel. Die voorstelling van inligting deur middel van die skep van metadata in verskeie algemene en domeinspesifieke metadataskemas word behandel, bv. Dublin Core as 'n metadatastandaard vir die Web, asook verskeie ander metadaskemas. Praktiese klasse sluit in basiese HTML en die skep van webblaaie wat alles dek wat in die teorie behandel is.
Modulekrediete 12.00
Diensmodules Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 praktiese sessies per week, 3 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Inligtingkunde
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences