Code | Faculty |
---|---|
12250253 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
A BEngHons degree or equivalent qualification is required for admission to the MEng programmes. Postgraduate selection takes place as stipulated in the respective departmental rules. (www.up.ac.za/gstm)
Die bepalings van toepaslike Fakulteitsregulasie geld.
Die Dekaan kan, op aanbeveling van die departementshoof, besluit om ’n student vry te stel van die eksamen oor die verhandeling.
Die gemiddelde punt van al die eksaminatore is die finale punt, met ’n slaagsyfer van minstens 50%.
Die student moet deur middel van ’n verhandeling bewys lewer dat hy of sy in staat is om ’n wetenskaplike ondersoek te beplan, in te stel en uit te voer. Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke studieleier, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ’n bewys uitgereik deur ’n erkende akademiese tydskrif dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die konsepartikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees indien die studieleier nie ’n mede-outeur is nie. Die studieleier sal verantwoordelik wees om toe te sien dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.
'n Student wat ’n verhandeling indien, slaag met lof indien ’n gemiddelde punt van minstens 75% behaal word vir die verhandeling (en die eksamen oor die gebied van die verhandeling).
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App