Jaarboeke

Program: BISHons Inligtingkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12240006 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof I Fourie
[email protected]
+27 (0)124205216

Toelatingsvereistes

  • ‘n Minimum gemiddelde van 60% in die voorgraadse studie.
  • Iemand wat vir die eerste keer by die Universiteit registreer, of na onderbreking van studie weer wil registreer, moet aansoek om toelating doen. Aansoeke om toelating tot alle programme sluit op 30 September.
  • BIS in Inligtingkunde, Inligting- en Kennisbestuur, Biblioteekkunde of ’n ekwivalente graad.

 

Addisionele vereistes

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van G Regulasie G.18.3, moet 'n voltydse kandidaat vir 'n baccalaureus honoresgraad sy of haar studies binne twee akademiese jare (vier semesters), en 'n na-uurse kandidaat binne drie jaar (ses semesters) na eerste registrasie vir die graad voltooi. Die Dekaan kan egter, op aanbeveling van die Departementshoof, in beide gevalle die studietydperk met hoogstens twee semesters verleng.

 

Die semester waarin die module aangebied word, mag van jaar tot jaar verskil. Sien asseblief die departementele webwerf.

Minimum krediete: 120

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie en die toepassing daarvan ten einde navorsingsprobleme op te los en nuwe kennis te skep, is 'n aanwins wat van waarde kan wees vir 'n persoon vir die res van sy/haar lewe. Die module is saamgestel met die volgende oogmerke in gedagte: om die student te onderrig in die basiese beginsels van navorsing en om aan hom/haar die geleentheid te bied om navorsingsprojekte op 'n professionele wyse uit te voer. Studente word gelei van die seleksie van 'n probleem tot die aanbieding van 'n volledige navorsingsverslag. Dit word gedoen aan die hand van praktiese voorstelle wat gebaseer is op 'n sterk teoretiese grondslag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote module Dit word van studente verwag om 'n navorsingsverslag (5 000-7 000 woorde) (10 000-12 000 woorde) te skryf oor 'n onderwerp wat in oorleg met die dosente gekies word.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bestaan uit twee hoofafdelings. 'n Teoretiese raamwerk ten opsigte van inligting- en kennisbestuur sal aangespreek word in afdeling een. Afdeling twee dek die hulpmiddels van inligting- en kennisbestuur. Hierdie hulpmiddels sluit in: leierskap, korporatiewe kultuur, organisatoriese leer, strategie, wette en beleide, meting en inligtingtegnologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inligtingherwinning dek die probleme aangaande die effektiewe berging, toegang en soek van inligting deur individue. Hierdie module stel studente bekend aan die teorie en operasionele vereistes vir inligtingorganisering en -herwinning asook die evaluering van inligtingherwinningstelsels, sowel as inligtingsoekgedrag.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die kern etiese vraagstukke wat betrekking het op inligting en IKT, globalisering, privaatheid en kennisvloei. Die volgende studietemas, onder andere, word gedek: kuber-oorlogvoering en terrorisme; inligtingsfilosofie; inligtingsekuriteit; privaatheid en die reg tot inligting; digitale identiteitsbestuur; kuberwetgewing; globalisering en die impak daarvan op die samelewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied aan die student die geleentheid om vertroud te raak met verskeie kennisbestuurprogramme sowel as die ontwikkeling, implementering en evaluering van kennisbestuurstrategieë. Kennisverteenwoordiging en die ontwikkeling van 'n Intranet sal ook gedek word. Nuwe sleutelaangeleenthede met betrekking tot kennisbestuur sluit die module af.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    "Information is continuing to grow exponentially, diversifying into many forms and media.  In this complex labyrinth there is a definite need for increased effort aimed at tailoring IR performance to user demands" (Ingwersen, 1992).
    In hierdie module bestudeer studente inligtingherwinning vanuit 'n stelselperspektief, maar met inagneming van die menslike gebruiker. Beste-pas- en Boolese stelsels word in detail bestudeer, met die fokus op die verskillende aspekte van menslike en stelselrelevansie. Studies in inligtingsoekgedrag wat herwinningsverrigting kan verhoog, sal ook gedek word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module evalueer die benaderings tot en begrippe oor die inligting-/ kennissamelewing. Dit bevraagteken die ontstaan en politieke motiewe vir die bevordering van 'n inligting-/kennissamelewing en bestudeer 'n aantal relevante temas wat in die literatuur voorkom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die vestiging van 'n effektiewe kompeterende-intelligensieprogram is 'n integrale deel van elke onderneming wat wil oorleef in die nuwe millennium. Hierdie module fokus op die kompeterende aard van die besigheidsomgewing, die doel van kompeterende intelligensie, Porter se ''Competitive Forces-model'', die verskil tussen kompeterende intelligensie en industriële spioenasie, die intelligensieproses sowel as hulpmiddels en tegnieke vir die ontwikkeling en implementering van 'n kompeterende- intelligensieprogram.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kompeterende intelligensie (KI) bied geanaliseerde inligting betreffende die mededingende omgewing aan die besluitnemer. Die doel daarvan is om aan die besluitnemingsbehoeftes te voldoen. In hierdie module val die klem op die rol van analise in die intelligensiesiklus, die toepassing van analisetegnieke op 'n gevallestudie, KI en korporatiewe beheer, die daarstel van KI-bekwaamheid in 'n organisasie, en die probleme waarvoor professionele KI-werkers in Suid-Afrika te staan kom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module wat op die effektiewe kommunikasie van inligting fokus, neem die deelnemende benadering tot die kommunikasie van inligting as uitgangspunt. Ter inleiding sal die aard van inligting binne die konteks van inligtingkunde ondersoek word. Daarna sal kommunikasie-media geidentifiseer en bespreek word en studente sal leer hoe om ‘n teikengehoorprofiel saam te stel om die geskikte media en inhoud vir die verspreiding van inligting te bepaal. Inligting- en kommunikasie-tegnologieë (IKT) en die kommunikasie van inligting sal binne die konteks van geletterheid en mediageletterheid ondersoek word. Die kommunikasie van inligting sal ’n sentrale fokus van die module vorm. Gevolglik sal die rol van interpersoonlike, tradisionele sowel as moderne media aangespreek word. Die prosesse wat gevolg kan word om betekenisvolle en effektiewe boodkappe vir die kommunikasie van inligting te skep, sal ook bestudeer word.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences