Jaarboeke

Program: BScHons Eiendomswese

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12242019 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 131
Contact:
Dr M Burger
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Dit word aanbeveel dat ’n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds werksaam sal wees by ’n geskikte werkgewer in die eiendomsbedryf. Daar sal van die student verwag word om ‘n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.

Toelatingsvereistes

Die toelatingsvooreistes moet saam met die voorwaardes soos uiteengesit in die Algemene Regulasies, gelees word.

’n Persoon sal nie toegelaat word as kandidaat vir die graad nie tensy hy of sy:

(a) ’n BSc Eiendomswese gegradueerde van hierdie Universiteit is nie; of
(b) in besit is van enige drie-jarige baccalaureusgraad van hierdie of enige ander universiteit wat erken word deur die departementshoof vir die doeleindes as gelykstaande aan die BSc graad in Eiendomswese van hierdie Universiteit; of
(c) op enige ander wyse ‘n vlak van bekwaamheid bereik het wat in die opinie van die departementshoof genoegsaam is vir toelating.

Addisionele vereistes

Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.

Eksamens en slaagvereistes

Ten einde tot die eksamen in 'n betrokke module toegelaat te word, word 'n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op 'n betrokke module.

Hereksamens
Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.

Spesiale eksamens
Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.

Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).

Minimum krediete: 131

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences