Jaarboeke

Program: LLM Ontginningsbedryfsreg in Afrika (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
04252018 Fakulteit Regsgeleerdheid
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 200
Contact:
Adv LJ Gerber
[email protected]
+27 (0)124206667

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: SA aansoekers – 30 November; nie-SA aansoekers – 31 Augustus.

Hierdie program is beskikbaar vir internasionale studente.

Behalwe as anders aangedui, word die leergang normaalweg as volg saamgestel:

  • Drie modules wat elk 30 krediete tel (ten minste een van die modules moet gedurende die eerste jaar van registrasie voltooi word).
  • 'n Module in Navorsingsmetodologie (RHP 801) wat 5 krediete tel (hierdie module moet gedurende die eerste jaar van registrasie voltooi word).
  • 'n Navorsingsvoorstel (RHP 803) wat 5 krediete tel. Die student moet die navorsingsvoorstel (RHP 803) nie later nie as die einde van die eerste semester van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad, en voor met die skryf van die miniverhandeling begin word, by die studieleier indien. Sodanige tydperk kan met die goedkeuring van die betrokke departementshoof verleng word.
  • 'n Miniverhandeling word vereis. Die eksamenkopie van die miniverhandeling moet nie later nie as einde Oktober vir die Herfspromosieplegtigheid, einde April vir die Lentepromosieplegtigheid en einde Augustus vir die Desemberpromosieplegtigheid by Studenteadministrasie ingedien word. Na goedkeuring van die eksamenkopie van die miniverhandeling moet die finale weergawe op of voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtigheid,15 Julie vir die Lentepromosieplegtigheid en 15 November vir die Desemberpromosieplegtigheid by Studenteadministrasie ingedien word. Sodanige miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een van die modules of 'n kombinasie van die modules waarvoor die student vir sy/haar LLM-graad geregistreer is. Enige versoek vir 'n verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling mag net deur die Nagraadse Komitee op aanbeveling van die betrokke departementshoof toegestaan word.

Toelatingsvereistes

’n LLB, BProc of gelykwaardige kwalifikasie van ’n buitelandse universiteit, wat toelating tot die regsprofessie verleen.

Die inligting is slegs in Engels beskikbaar.

Addisionele vereistes

Duur
Die duur van die graadprogram is normaalweg vier semesters (2 jaar) met dien verstande dat die graad wel in twee semesters (1 jaar) voltooi kan word mits aan al die vereistes vir die voltooiing van die graad voldoen is, onderhewig daaraan dat die volle voorgeskrewe klasgelde vir die LLM-graad betaal is. Programme mag ook spesifiek vir een jaar studie gestruktureer word. Die een- of tweejaarperiode mag slegs deur die Nagraadse Komitee verleng word op aanbeveling van die Departementshoof, en indien goeie rede aangetoon word en dit duidelik is dat die student binne 'n verdere jaar van studie die program sou kon voltooi.

Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

General admission requirements

In addition to an LLB, BProc or equivalent qualification from a foreign university that allows the applicant entrance to the formal legal profession, the following requirements are set for admission of a prospective student to the LLM Coursework programme:

A minimum average mark of 65% with respect to the prescribed final-year modules of the undergraduate programme is required for admission to an LLM coursework programme.

Where an average of below 65% is achieved, the student may be admitted on recommendation of the relevant head of department after consultation with the programme coordinator and consideration of other merits (eg relevant professional experience; the applicant’s performance in undergraduate modules related to the particular LLM; the candidate’s performance in independent research essays or similar components) and/or an admission examination.

Linguistic competence, primarily in English; foreign applicants who did not complete undergraduate studies through the medium of English must show proof of competence in English at a minimum average level of 6 out of 10 for IELTS or a minimum total score of 83 in TOEFL calculated as follows: reading 21, listening 17, speaking 23 and writing 22. In any other instance where there is doubt as to the English linguistic competence of an applicant, the Dean may require the same proof as prescribed for foreign applicants.

Foreign qualifications are subject to SAQA evaluation. (Some LLM coursework programmes or modules as indicated in the yearbook may only be available to students who hold a relevant South African legal qualification.)

Even though a student may comply with the above requirements, the Dean may, on the recommendation of the head of department presenting a specific degree or module, refuse to accept a prospective student for any LLM programme if such a student's performance in the chosen modules or field of study during undergraduate study was not satisfactory. Alternatively, the Dean could set additional requirements with a view to admission

An admission examination may also be required in respect of a particular programme or module.

Particular LLM programmes have additional selection criteria and deadlines specific to those programmes

 

Ander programspesifieke inligting

  1. Hierdie is 'n keuringsrigting en slegs gekeurde studente sal tot die program toegelaat word.
  2. Die miniverhandeling moet 13 000-15 000 woorde beslaan – voetnote ingesluit maar die inhoudsopgawe en bibliografie uitgesluit.

Eksamens en slaagvereistes

Behalwe met goedkeuring van die Nagraadse Komitee word geen student toegelaat om sy/haar studies voort te sit in die geval waar geen modules tydens 'n spesifieke jaar van registrasie geslaag is nie.

Hoewel geen hereksamen met betrekking tot LLM-modules toegestaan word nie, geld die Algemene Regulasies (Regulasie G.12.3 en G.12.6) met betrekking tot spesiale en aanvullende eksamens.

Navorsing

Die betrokke departementshoof moet 'n studieleier en onderwerp vir 'n mini-verhandeling aanbeveel vir goedkeuring deur die Nagraadse Komitee. Die mini-verhandeling moet geassesseer en afgehandel word soos vervat in die LLM Beleidsdokument van die Fakulteit soos goedgekeur deur die Fakulteitsraad.

Waar 'n miniverhandeling vereis word, moet dit ingedien word in die formaat soos deur die studieleier bepaal en deur die Nagraadse Komitee goedgekeur. Die studieleier mag insgelyks en onderhewig aan die goedkeuring van die Nagraadse Komitee die navorsingsonderwerp en die bestek van die beoogde navorsing bepaal.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet 'n student 'n gemiddelde van minstens 75% in al die gedoseerde modules behaal, sowel as 75% vir die miniverhandeling. Die gemiddelde vir die modules moet tydens die eerste eksamenpoging behaal word.

Algemene inligting

Taalbeleid
Die onderrigtaal is Engels, maar waar omstandighede dit toelaat, kan 'n LLM-module in Afrikaans aangebied word. Die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal die taalbeleid.

Tydperk van inskrywing
Studente moet wanneer die betrokke module 'n aanvang neem, ingeskryf wees en die bepaalde module se lesings bywoon. Andersins moet die betrokke studieleier en departementshoof se toestemming verkry word, alvorens ’n student toegelaat sal word om ’n bepaalde module in ’n ander studiejaar te doen.

Beperking met betrekking tot aanbieding van modules in ’n spesifieke akademiese jaar en beskikbaarheid van modules vir buitelandse studente
Die Dekaan bepaal jaarliks watter modules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van die beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, die maksimum aantal inskrywings vir 'n bepaalde keusemodule bepaal aan die hand van die voorgeskrewe riglyne bepaal. Die Dekaan mag verder, in oorleg met die betrokke departementshoof, besluit dat 'n LLM-module nie aangebied sal word waar daar op die eerste dag van lesings vier of minder studente vir die module geregistreer is nie.

In die geval van buitelandse studente kan die Dekaan addisionele vereistes stel en die beskikbare modules vir hierdie studente mag ook beperk word.

Vervanging van modules
Die Dekaan mag, op aanbeveling van die betrokke departementshoof, 'n student toelaat om een voorgeskrewe LLM-module vir 'n bepaalde LLM-program deur 'n ander LLM-module te vervang waar sodanige uitsondering nie andersins toegelaat word nie en indien goeie rede vir sodanige uitsondering aangetoon word.

Erkenning van modules wat aan 'n ander instansie voltooi is
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof 'n student met 'n maksimum van twee modules wat aan 'n ander instelling voltooi is, krediteer mits dit aan die vereistes van hierdie Fakulteit voldoen. Waar sodanige modules nie dieselfde benaming het as modules wat deur hierdie Fakulteit aangebied word nie, kan krediet in die plek daarvan verleen word aan modules met wesenlik dieselfde inhoud soos deur die betrokke departementshoof bepaal, of, in die afwesigheid van sodanige nou-verwante modules, kan krediet verleen word aan modules wat steeds relevant is binne die breë spektrum van 'n spesifieke LLM-graad en onder spesiale kodes vir die doeleindes van sodanige graad. Bykomende vereistes mag gestel word alvorens enige sodanige module erken word ten einde voldoening aan die vereistes van hierdie Fakulteit te verseker.

Erkenning van nie-regskomponente
Ten einde te kwalifiseer vir 'n LLM-graad met nie-regskomponente kan hoogstens een van die modules wat uit verbandhoudende nie-regskomponente bestaan, erken word met spesiale toestemming van die Fakulteitsraad.
Neem kennis dat geen erkenning verleen sal word aan modules wat deel vorm van ’n graad waarvoor die student reeds aan die graadvereistes voldoen het, of waar die student gelyktydig vir meerdere grade geregistreer is nie.

Herregistrasie vir modules
'n Student mag nie meer as twee keer vir dieselfde module registreer nie. 'n Finale punt van 50% moet behaal word ten einde 'n module te slaag.

Minimum krediete: 100

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    (a) Beplanning en organisering van ‘n navorsingsprojek (b) Konsep navorsingsvoorstel: Hipotese en navorsingsvraag (c) Teorie in navorsing en metodologiese benaderings tot regsnavorsing (d) Taal (e) Verwysing en die etiek van verwysing (f) Konsephoofstukke en afronding

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The objective of this module is to equip students with a thorough understanding of the legal and policy aspects of natural resources and the regulation of natural resources and industries to extract natural resources. Topics include: (a) Industry background such as the extractive industry value chain and the role of extractive industries in national, regional and global economies, basic extractive industry business and project feasibility metrics, typical national public policy priorities, the differences between the mining and oil and gas industries, gas industry specifics, the various downstream industries (smelters, refineries and petrochemical and energy industries and policy issues pertaining to renewable energy and unconventional extraction methods such as hydraulic fracturing ("fracking"); (b) Natural resource and extractive industry policy concepts and regulatory options; (c) Ownership of mineral rights dispensations (state versus private ownership of mineral rights), the legal position of the owner of the land and the owner of the products of extraction; (d) The advantages and disadvantages of the main granting methodologies applied by host governments including concessions, production sharing agreements, participation agreements, services agreements and hybrid methods; (e) Typical conditions to obtain, renew or transfer exploration or extraction rights and the veracity of the public policy basis of such requirements; (f) Agreements and transactions to transfer rights to prospect and/or to extract; (g) Constitutional and administrative law aspects of relevance in dealing with extractive industry legislation and regulation including the legality of administrative processes governed by an Act such as the MPRD Act and related regulation, the right of third parties to be heard in applications by resource companies under the MPRD Act and the constitutionality of the conversion of "old order mineral rights" to "new order mineral rights".

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The objective of this module is to equip students with a thorough understanding of the sustainability aspects of extractive industries. Topics include: (a) A general introduction to sustainability, sustainable development, corporate social responsibility, good governance as it pertains to governments and good corporate governance; (b) International, regional and national instruments related to sustainability aspects of extractive industries such as the protection of human rights, forced labour, inappropriate security practices, "conflict minerals" and "blood diamonds" (including the Kimberley Process Certification Scheme and the US Dodd-Frank Act and SEC disclosure requirements); the Extractive Industry Transparency Initiative (EITI) and the UN Global Compact; [US Dodd-Frank Act; (c) Safety, health and environmental (SHE) aspects of extractive industries including emerging issues such as climate change and personal criminal liability of directors and officers for SHE contraventions; (d) Corporate governance and company law developments of relevance to sustainability including the King 3 Code and similar Codes internationally, Responsible Investment Codes, the role of Social and Ethics Committees as required by the Companies Act 2008, sustainability indexes of the stock exchanges such as the JSE SRI Index and the Dow Jones Sustainability Index, public reporting on sustainability and international reporting guidelines such as the Global Reporting Initiative

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The objective of this module is to equip students with a thorough understanding of conceptual and practical aspects of the South African Mineral and Resources Development Act and related jurisprudence.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module word slegs in Engels aangebied.                                                             The objective of this module is to equip students with a thorough understanding of the international law aspects of extractive industries. Topics include: (a)Sovereignty in respect of legal regimes and laws governing extractive industries including the act of state doctrine, the doctrine of sovereign immunity and waivers of immunity and compensation for expropriation; (b) An overview of the most relevant treaties and conventions of relevance to extractive industries including the Convention on the Continental Shelf, the OILPOL convention, the UN Convention on Contracts for the International Sale of Goods, the UN Conventions of the Law of the Sea, the New York Convention, the Convention on the Settlement on Investment Disputes between States and Nationals of Other States, the Energy Charter Treaty to protect international energy investment and trade; international environmental law treaties and conventions and the Guiding Principles on Business and Human Rights. (c) Relevant aspects pertaining to the World Trade Organisation including extractive industry subsidies, environmental labelling and confiscatory taxation; (d) Direct and indirect forms of resource nationalisation and investment treaties to protect natural resource investors; (e) The legal status of offshore petroleum and mining installations and vessels including production platforms, floating production, storage and offloading (FPSOs) vessels and subsea pipelines as well as state jurisdiction in respect of such installations. (f) International dispute resolution mechanisms including enforcement of arbitration awards.

    Sien meer

Minimum krediete: 100

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    (a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences