Jaarboeke

Program: LLM

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
04250003 Fakulteit Regsgeleerdheid
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 200

Programinligting

Indien toegelaat, mag ’n student dadelik vir die MPhil-program registreer. Die volgende twee of drie modules moet voor geregistreer en moet geslaag word binne een jaar vanaf registrasie:

1. Navorsingsmetodologie (RHP 802) wat deur die Fakulteit Regsgeleerdheid aangebied word
(Die Nagraadse Komitee van die Fakulteit Regsgeleerdheid, op aanbeveling van die studieleier, mag ’n student van die navorsingsmetodologiemodule vrystel indien die student genoegsame bewys kan lewer dat hy/sy oor die nodige navorsingsvaardighede vir die doeleindes van nagraadse studie beskik.)

2. Navorsingsvoorstel en verdediging van die navorsingsvoorstel (RHP 804)
’n Mondelinge verdediging van die navorsingsvoorstel insluitende die toetsing van die geldigheid van die verhandelingstelling, navorsingsvraag of -vrae en argument wat in die MPhil-verhandeling ontleed en ontwikkel sal word. ’n Konsep van die navorsingsvoorstel met inbegrip van ’n bibliografie wat die hoofvelde van die studie dek, asook die gronde vir die verhandelingstelling, navorsingsvraag of -vrae en argumente moet minstens drie weke voor die mondelinge verdediging aan die beoordelingspaneel gestuur word. (Die konsepvoorstel moet deur die studieleier goedgekeur word voordat dit aldus voorgelê mag word.) Die student moet die paneel oortuig van die geldigheid van die navorsingsonderwerp, kennis oor die navorsingsonderwerp en vermoë om die navorsing te onderneem. Waar die paneel dit verg, moet die voorgelegde konsepnavorsingsvoorstel verder gewysig word in lig van die kommentare tydens die verdediging daarvan en deur die toesighouer goedgekeur word, voordat die student mag voortgaan met die skryf van die verhandeling. (Geen vrystelling kan van hierdie vereiste verleen word nie.

’n Student wat nie aan bogenoemde twee modules se vereistes voldoen binne een jaar van registrasie nie, kan van die Fakulteit uitgesluit word. Indien hy/sy hertoelating tot die Fakulteit verlang, kan die Dekaan skriftelik versoek word om sy/haar aansoek om hertoelating tot die Fakulteit ingevolge die voorgeskrewe prosedure te oorweeg.

3. Gestruktureerde Navorsingsvoorstel Voorbereiding (RHP 806) (nie-kredietdraend)
Die studieleier mag vereis dat ’n bepaalde student ’n gestruktureerde program volg wat deur die studieleier bepaal word en deur die Nagraadse Komitee goedgekeur word. Die studieleier mag ook die voldoeningsvereistes vir die module, soos deur die Nagraadse Komitee goedgekeur, voorskryf.

Toelatingsvereistes

Onderhewig aan die bepalings van die toepaslike Algemene Regulasies vir ? kandidaat vir die LLM program moet ? kandidaat ten minste oor ?  LLB of BProc-graad of gelykstaande graad van ? buitelandse universiteit beskik om toegang tot die formele regsprofessie te verleen. 

? Kandidaat vir die LLM-program moet ? geskrewe portefeulje indien wat bestaan uit onlangse navorsingsgebaseerde skripsies, werkopdragte of soortgelyk, asook ? motiveringsbrief en voorlopige navorsingsvoorstel (500 woorde beskrywing van die voorgenome navorsingsveld wat die navorsingstema, die breë omvang van die voorgenome studie en ? tentatiewe navorsingsprobleem aandui). 

Indien van toepassing moet ? kandidaat by SAQA aansoek doen vir evaluering van hulle buitelandse kwalifikasie.

? Kandidaat sal slegs toegelaat word tot die LLM program indien hy/sy ? minimum gemiddelde punt van 65% (of gelykstaande aan hierdie punt) behaal het in die voorgeskrywe finalejaarmodules van die voorgraadse program (of gelykstaande graad). Indien ? punt onder 65% behaal is, mag die kandidaat toegelaat word op die aanbeveling van die toepaslike departementshoof na konsultasie met die potensiële studieleier(s) en inagneming van ander faktore, insluitend toepaslike werkervaring, ander akademiese kwalifikasies en enige toepaslike professionele toelatingseksamen.

? Kandidaat sal slegs tot die LLM- program toegelaat word indien die Fakulteit ? geskikte studieleier/promotor kan verskaf gebaseer op die kandidaat se voorlopige navorsingsvoorstel en geskrewe portefeulje. Indien die potensiële studieleier nie tevrede is met die voorlopige navorsingsvoorstel nie, moet die potensiële studieleier/promotor die kandidaat help met die ontwikkeling en formulering van ? navorsingsvoorstel voordat ? finale besluit oor toelating tot die program gemaak word.

Indien ? potensiële studieleier nie ? kandidaat aanvaar nie vir ? rede anders as die gebrek aan kapasiteit (huidige lading in studieleierskap/promotorskap of gebrek aan toepaslike kundigheid), kan die dekaan op advies van die nagraadse komitee, toepaslike opdragte aan die departementshoof  voorskryf (soos om die aanbeveling van ? onafhanklike kundige te verkry) voordat ? finale besluit geneem word.

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies G.30-G.56 sowel as die LLM/MPhil Beleidsdokument van die Fakulteit Regsgeleerdheid.

Navorsing

Ten opsigte van die leergang geld die toepaslike Algemene Regulasies en die verhandeling dra 100% tot die finale punt by. Die verhandeling bestaan uit 36 000-48 000 woorde – voetnote ingesluit, maar die inhoudsopgawe en bibliografie uitgesluit. Die onderwerp van die verhandeling moet ’n onderwerp relevant tot ’n studieveld uit die regsgeleerdheid wees, soos deur die Dekaan goedgekeur. Saam met die finale kopie van die verhandeling moet ’n bewys dat ’n artikel by ’n joernaal ingedien is, ingehandig word. Die artikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees.

Ooreenkoms
’n Skriftelike ooreenkoms moet tussen die student en die studieleier onderteken word. Die dokument dien as basis vir die interaksie tussen die student en die studieleier. Dit dui op hulle afsonderlike rolle, verantwoordelikhede en verwagtinge en stel dit duidelik dat hulle ’n bindende ooreenkoms met mekaar aangaan. Die studieleier dra volle verantwoordelikheid om toe te sien dat die verhandeling behoorlik deur die kandidaat voorberei word.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student minstens 75% vir die verhandeling behaal.

Minimum krediete: 250

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences