Jaarboeke

Program: MA Afro-Europese Kulturele Verhoudinge (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250015 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof AB Hofmeyr
[email protected]
+27 (0)124202702
Prof S Mühr
[email protected]
+27 (0)124202419
Prof L Kriel
[email protected]
+27 (0)124205732

Programinligting

Studente kies een van die volgende vyf spesialiseringsvelde:

  1. Narratiewe, visuele werelde, simboliese ruimtes.
  2. Sosiohistoriese dinamika.
  3. Afro-Europese verhoudinge wat ons oortuigings en waardes onderlê.
  4. Politieke konstruksies.
  5. Tale, kulture, vertalings.

Toelatingsvereistes

  • ’n Goedgekeurde honneursgraad uit enige veld in die geesteswetenskappe, sosiale wetenskappe, publieke administrasie, opvoedkunde of regte behaal met ’n gemiddelde van ten minste 60%.
  • Ten minste een Europese taal buiten Engels geslaag op eerstejaaruniversiteitsvlak.
  • Voornemende studente moet ’n motiveringsbrief, ’n akademiese rekord en ’n CV aan die PKK voorlê.
  • ?Let wel: Finale oorweging en aanvaarding van aansoekers berus by die diskresie van die komitee.

 

 

Addisionele vereistes

Voornemende studente moet ’n motiveringsbrief, ’n akademiese rekord en ’n CV aan die PKK voorlê.

Let wel: Finale oorweging en aanvaarding van aansoekers berus by die diskresie van die komitee.

Ander programspesifieke inligting

  1. Twee van die 20-krediet-modules mag aan ’n universiteit in Europa verwerf word (buitelandse studieprogram).
  2. Studente wat nie ’n Europese taal buiten Engels op tweedejaarsvlak geslaag het nie, moet sodanige module neem; so nie kan ’n projek/prakties in die geselekteerde spesialiseringsveld gedoen word, in oorleg met die mentor in daardie veld.

Minimum krediete: 50

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die onderlinge verbondenheid tussen die “geskiedenis”, “agentskap” en “geheue” van die gemeenskaplik-samestellende kragte sal ondersoek word, ten einde te lei tot die insig dat ’n mens nie die (“eie”) geskiedenis, tradisie en kultuur kan besit nie, maar dat hierdie eerder areas van kultuurpraktyk is wat voortdurend veranderlik is en onderhandel word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die EU-lekgotla sal studente voorsien van ’n kritiese forum om hulle navorsingsvoorstelle aan te bied en te bespreek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op ’n kritiese interdissiplinêre begrip van sleutelkonsepte in Europese denke, soos die geesteswetenskappe, nasionale identiteit en homogeneïteit, vak-formasie; essensialistiese teenoor nie-essensialistiese beskouings van “kultuur”, “identiteit”, “nasie”, “realiteit”, ens.

    Sien meer

Minimum krediete: 130

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die krediete vir hierdie module kan bekom word deur of ’n Europese taal – buiten Engels – op tweedejaarsvlak te neem of deur ’n projek te voltooi in die geselekteerde spesialiseringsveld in oorleg met die mentor in daardie betrokke veld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    (NB In oorleg met die betrokke mentor in die student se gekose spesialiseringsveld.) Veld 1: Narratiewe, visuele wêrelde, simboliese ruimtes. Hierdie veld handel oor die stories wat mense hulself vertel om sin te maak uit hulle bestaan, sowel as die simbole en verbeelde voorstellings van die werklikheid. Dit lei tot ’n kritiese herevaluasie van waarheidgewende prosesse. Mentore: Prof Amanda du Preez (Visuele Kunste), Prof Fraser McNeill (Antropologie). Veld 2: Sosio-historiese dinamika. Hierdie veld handel oor die chronologie en die dinamika van (mags)verhoudinge, kontak, kontra-kontak en die effek daarvan. Dit kan sosiologiese, politieke, historiese en ander benaderings tot hierdie dinamika insluit. Mentore: Prof Alois Mlambo (Historiese en Erfenisstudies), Prof Janis Grobbelaar (Sosiologie) Veld 3: Afro-Europese verhoudinge wat ons oortuigings en waardes onderlê. Hierdie veld kan studies insluit van die geskiedenis van menseregte in Afrika, van gender-, klas- of ras-gedrewe norme, van hoe sulke norme en tradisies verander, hoe ons “ons” norme vir onsself voorstel, hoe norme gekodifiseer word en wat dit is wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Mentore: Prof Karin van Marle (Philosophy of Law), Prof Dirk Human (Religion Studies) Veld 4: Politieke konstruksies. Hierdie veld verwys na politieke, private, en mark-instansies op gemeenskaps-, nasionale, inter- en transnasionale vlakke. Dit verwys na die kulturele praktyke en gewoontes van agentskap, na hoe mense dinge laat gebeur, hoe om gewoontes en sosiale handelinge te hanteer, hoe mag of verteenwoordiging geskep, georganiseer, versprei en ondermyn word. Mentor: Prof Maxi Schoeman (Politieke Wetenskap) Veld 5: Tale, kulture, vertalings. Hierdie veld verwys na spesifiek taal-geöriënteerde benaderings tot die dinamika van Afro-Europese verhoudinge en werk met “taal” as betekenismakende meganisme naas blote kommunikatiewe vaardighede. Mentore: Prof Russel West-Pavlov (English), Prof Willie Burger (Afrikaans).

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences