Jaarboeke

Program: BSocSci Erfenis- en Kultuurtoerisme

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130068 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 366
Contact:
Prof CC Boonzaaier
[email protected]
+27 (0)124202597

Programinligting

Die program fokus op toerisme as een van Suid-Afrika se grootste, mees snelgroeiende bedrywe. Studente word opgelei om op ’n breë front ’n belangrike rol in die toerismebe­dryf te kan speel, veral waar daar belangstelling bestaan vir erfenis- en kultuurtoerisme. Gegradueerdes kan optree as toergidse, toeroperateurs (entrepreneurs), erfenis-hulpbronbestuurders en reklameagente.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie programme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers wat aan die minimum TPT-vereistes voldoen, maar nie aan die vakvereistes nie, moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem (sien Akademiese geletterdheid).

Keusemodules in die eerste studiejaar:
Kies enige drie van die onderstaande dissiplines en doen twee semesters of vier kwartale uit elk van die dissiplines. Indien u ’n keusedissipline neem waarvan sekere modules as kernmodules voorgeskryf is, moet u voldoende ander keusemodules neem om die nodige aantal krediete te verwerf.

Keusemodules in die tweede studiejaar:
Kies enige een van die drie dissiplines wat u op eerstejaarsvlak geneem het en doen twee semesters of vier kwartale uit daardie dissipline.

Keusemodules in die derde studiejaar:
Neem twee semesters of vier kwartale uit die dissipline wat u op tweedejaarsvlak geneem het.

Lys van keusemodules:
Argeologie: AGL 120 [12] AGL 210,220 [20 elk] AGL310,320 [30 elk]
Antropologie: APL 110, 120 [12 elk] APL 210,220 [20 elk] APL 310,320 [30 elk]
Geskiedenis: GES 110 [12] GES 210,220 [20 elk] GES 310,320 [30 elk]
Geografie: ENV 101, GGY 156 [6 elk] GGY 166 [8] GGY 252, 266, [12 elk], ENV 301, GGY 356,361,366 [18 elk] GGY 363 [12]
Geoinformatika: GIS 221 [12]
Weerkunde: WKD 164 [8]
Visuelekultuurstudies: VKK 111,121 [12 elk] VKK 211,221 [20 elk] VKK 311,321 [30 elk]
Taal: Sien Taalgroepe

TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME

Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.

Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1

• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifi­kasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)

Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220

Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfa­kodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322

Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1

• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120

Jaarvlak 2
ENG 210,220

Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322

Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1

• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123

Jaarvlak 2
FRN 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364

Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1

• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123

Jaarvlak 2
DTS 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364

Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1

GRK 110,120

Jaarvlak 2
GRK 210,220

Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1

HEB 110,120

Jaarvlak 2
HEB 210,220

Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1

LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)

Jaarvlak 2
LAT 210,220

Jaarvlak 3
LAT 310,320

Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121

Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220

Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320

Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1

• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211

Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320

Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1

• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211

Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320

Modulegroep 11 – Setswana
Jaarvlak 1

• Vir beginners: STW 110,120
• Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele  taal: STW 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat STW 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: STW 210,220
• Vir studente wat AFT 121, STW 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, STW 211

Jaarvlak 3
STW 310, AFT 320

Modulegroep 12 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102

Jaarvlak 2
SPN 211,221

Jaarvlak 3
SPN 311,321

Modulegroep 13 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123

Jaarvlak 2
PTG 211,221

Jaarvlak 3
PTG 311,321

Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.

  1. Studente wat ’n graadprogram in Engels volg: Die NSC Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 125 in Engels) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  • Eerste Addisionele Taal: Studente wat ’n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  1. Studente wat ’n graadprogram in Afrikaans volg: Die NSC Graad 12-Afrikaanspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (VAG 110 en VAG 125 in Afrikaans) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat ’n 4 of laer behaal het, registreer vir VAG 110 en VAG 125.

Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:

Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I) 
ENG 120 Introduction to literature in English (II) 
ENG 118 English for specific purposes 

Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I) 

Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta 
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners 
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners 
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.

Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners 
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners 
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners 
PTG 101 Portugees vir beginners

Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus 
LAT 110 Latyn 
GRK 110 Grieks 

Praktiese/kliniese/internskapinligting

’n Student moet in oorleg met die koördineerder goedgekeurde praktiese werk, ekskursies en toepaslike kortkursusse afhandel alvorens die graadkwalifikasie verwerf kan word.

Minimum krediete: 166

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot studie van die vakgebied Erfenis- en Kultuurtoerisme; oorsig van Suid-Afrikaanse oorde en natuurreservate as ‘n toeristeaantreklikheid binne die breër konteks van erfenis- en kultuurtoerisme. 'n Inleiding tot basiese navorsingsvaardighede in die EFK-domein.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Argeotoerisme Ontleding van toeriste- en ander besoeke aan argeologiese terreine. Onderwerpe sluit in internasionale en plaaslike wetgewing, etiek en bestepraktykdebatte oor wie die verlede interpreteer, wie dit ’besit’ en wie ’n profyt daaruit maak. Sluit ook terreinbestuursplanne in, kondisievasstellings en die inagneming van politiese en etiese vereistes aangaande ‘erfenis’. Gevallestudies sluit UNESCO Wêreld Erfenisterreine in asook klein amper vergete ‘plekke uit die verlede’ wat dwarsoor die wêreld voorkom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf. 
    Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
    Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Optional Field school usually in April
    Introduction to Archaeology
    An introduction as to how archaeologists study the past via the artefacts left behind by our ancestors. Basic introduction to archaeological theory and how it has contributed to interpretation of the past is discussed. Topics range from the origins of the human family in Africa over three million years ago to the study of more recent times.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en ontwikkeling van entrepreneurskap; die individuele entrepreneur en karaktereienskappe van Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Kreatiwiteit en innovasie, die ontdekking en ontginning van ? geleentheid. Die sakeplan en hulpbronvereistes word ontleed. Die begin van die onderneming (“start up”). Ondersoek die verskillende weë/roetes na entrepreneurskap. Toetrede tot familie-ondernemings; die aanskaf van ‘n konsessie (“franchise”); tuisgebaseerde onderneming en die besigheidsoorname. Hierdie semester dek ook hoe entrepreneurs netwerking kan bewerkstellig en ondersteuning vind in hulle omgewing. Gevallestudies van suksesvolle entrepreneurs - ook Suid- Afrikaanse entrepreneurs - word bestudeer.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    African and world archaeology
    Africa is the home of humanity in both a biological and cultural sense and we have the artefacts and sites to prove it. Topics range from the famous 3 million year-old Australopithecine ‘Lucy’ ancestor found in Ethiopia to the ‘Out of Africa’ dispersal of modern humans, and the emergence of human symbolism, rock art and the emergence of complex societies at society at Lake Chad (Daima) and southern Africa (Mapungubwe and Great Zimbabwe). The main aim is to situate events in Africa in global perspective. 

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
    *BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: kontemporêre idees
    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.

    Sien meer

Minimum krediete: 80

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Gemeenskapsgebaseerde toerisme Ontwikkelingsteorieë en toerismeteorie: verband tusssen ontwikkeling en toerisme. ‘Pro-poor’ toerisme. Geleenthede en hindernisse in toerisme-ontwikkeling. Gevallestudies in sub-Sahara Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die benutting van SA kultuurhistoriese erfenis vir toerisme
    Herinnering en herdenking en die gebruik daarvan in die toerismebedryf. Inleiding tot die historiese-konstitutionele ontwikkeling van Suid-Afrika en tot intergroepverhoudinge in die land in die konteks van die erfenis- en toerismesektor. 'n Inleiding tot veldnavorsing in die EFK-domein.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die opkoms en val van segregasie en apartheid Fokus op die oorsprong en teoretiese fondasies van die beleide van segregasie en apartheid en die verskansing daarvan in SA wetgewing. Die weerstand teen die instelling van hierdie onderskeie beleide en die daaropvolgende beëindiging van apartheid. Die impak op sosiale, kulturele en ekonomiese terrein.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Southern African Stone Age, Iron Age, Pastoralism, and Historical Archaeology are the main topics discussed. What types of people were making ESA, MSA, and LSA, when did hominids first left Africa, southern African rock art, the origins of livestock herding, the development and decline of complex societies in southern Africa, and postcolonial approaches in archaeology are some of the focus areas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Temas uit Afrikageskiedenis 'n Seleksie van temas uit die geskiedenis van Afrika en haar mense gedurende pre-koloniale, koloniale en postkoloniale tye, met die fokus op sosiale, politieke en ekonomiese kragte wat die historiese ervaring van Afrika help vorm het.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * GIS 221 verskaf nie toelating tot enige module op 300 vlak nie.
    Inleiding tot Geografiese Inligtingstelsels (GIS), teoretiese konsepte en toepassings van GIS. Die klem val op die GIS-proses van datavaslegging, data-analise, data-uitsette en gepaardgaande tegnologie. Hierdie module leer studente hoe om GIS as’n hulpmiddel te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Verstedelikende wêreld. Stedelike struktuur en grondgebruike. Stedelike prosesse. Die stedelike omgewing. Sosiale struktuur en verandering in stede. Leefstyl in stede. Ekonomie, samelewing en politiek in stede. Derde-wêreld stede en Suid-Afrikaanse stede. Toekoms van stede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fisiese prosesse wat die aardoppervlak en die bestuur daarvan beïnvloed. Spesifieke prosesse en hul interaksie in temas soos verwering, gronderosie, massabewegingsprosesse en fluviale prosesse. Praktiese laboratorium oefeninge sal gebaseer word op die temas wat tydens die teorie komponent behandel sal word

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Compulsory veld school, usually in September.
    Archaeological field methods and interpretation
    Introduction to the history and application of key field techniques such as research design, field survey, mapping, GPS and GIS, Total Station, compass work, photography, excavation, rock art recording, basic curation of artefacts, data management- and heritage legislation. Practical instruction in artefact cleaning, curation, meta-data capture and exhibition.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Seks, gender en genesing Hierdie module verken seks, seksualiteit, gender, ongesondheid en genesing. Dit behels 'n ontleding van die wyses waarop hierdie begrippe binne uiteenlopende sosiale kontekste verstaan word en hoe antropoloë dit in die hedendaagse samelewing bestudeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Mag en welvaart Hierdie module ondersoek antropologiese perspektiewe ten opsigte van politiek, mag en welvaart binne koloniale en post-koloniale verband. Kernbegrippe wat bespreek word, is onder meer burgerskap, kosmopolitanisme, hegemonie, menseregte, neoliberalisme, soewereiniteit, burgerlike samelewing, gender, ras en klas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Visuele (Post)kolonialismes Hierdie module ondersoek aspekte van ‘n Afrika identiteit, Afrosentrisme, multi¬kulturalisme, transnasionalisme en die Afrika diaspora, asook ‘n toeligting van die kruispunte tussen tradisionele kuns, toerisme kuns en die hibriede estetika van kontemporêre Afrika kuns en visuele kultuur. Die module konsentreer ook op die ideologieë van imperialisme en kolonialisme en die invloede daarvan op kuns en visuele kultuur vanaf die negentiende eeu. Die invloed van postkoloniale denke op die dekonstruksie van die koloniale word o.a. deur die landskap en geheue, die eksotiese en Primitivisme uitgelig.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    SA kultuurhistoriese terreine en aktiwiteite
    Bekendstelling aan die belangrikste kultuurhistoriese terreine en kultuuraktiwiteite in Suid- Afrika, met 'n spesifieke fokus op die beoefening van kultuurtoerisme in die praktyk. 'n Navorsingsopdrag met spesifieke aandag aandag aan literatuuranalise.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Etnotoerisme
    Benaderings tot die studie van kulturele landskappe: kenmerke van etnotoerisme. Die probleem van stereotipering in die toeriste-industrie. Invloed van toerisme op gasheergemeenskappe: toerisme-afhanklikheid en inwonergesindhede, outentiekheid en die aanbieding en kommodifisering van kultuur. 'n Studie-opdrag met spesifieke aandag aan kwalitatiewe navorsingsmetodes.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    *LW: Die inhoud van hierdie module is dieselfde as GGY 361 en studente mag nie vir beide GGY 361 en GGY 363 krediete verwerf nie.
    Interaksies van geomorfologiese prosesse in fisiese en mensgemaakte omgeings; temas soos gemorfiese en omgewingsveranderinge, heuwelhangprosesse en die omgewing, geomorfiese risiko’s en gevare, gronderosie en bewaring, geomorfologie in omgewingsbestuur, toegepaste verwerwingsprosesse.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *LW: Die module is net vir BSc (Geografie)- en  BSc (Omgewingswetenskappe)- studente beskikbaar. Die inhoud van hierdie module is dieselfde as GGY 363 en studente mag nie vir beide GGY 361 en GGY 363 krediete verwerf nie.


    Interaksies van geomorfologiese prosesse in fisiese en mensgemaakte omgewings; temas soos geomorfologie en omgewingsverandering, heuwelhangprosesse en die omgewing, geomorfiese risiko's en gevare, gronderosie en bewaring, geomorfologie in omgewingsbestuur, toegepaste verwerwingsprosesse. Praktika behels veldwerk insluitend monster opname en kartering en daaropvolgende laboratoriumanalise.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module focuses on the following topics: designing and managing fieldwork projects; the relationship between commercial practice, academic research, and local communities; management of archaeological collections in repositories and debates on repatriation; ethics; cultural resource management; presentation of archaeological sites; heritage and related legislation, The main aim is to prepare students for post-degree work in both private and public sectors. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Post/Moderniteite: Kontemporêre diskoerse
    Hierdie module ondersoek modernisme en postmodernisme as die oorheersende estetiese, diskursiewe en visuele paradigmas van die 20ste en 21ste eeu. Sleutelbegrippe in hierdie diskoerse en kontradiskoerse word belig en uitgebou, soos die daarstelling van moderne subjektiwiteit, die skone en die sublieme, die avant garde, die metafisika van teenwoordigheid, oorspronklikheid, outeurskap, hermeneutiek, die “taal”-wending, différance en die sogenaamde “einde van kuns”. Teoretici mag insluit: Kant, Heidegger, Derrida and Foucault.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrika: antropologiese perspektiewe 310 Kontemporêre etnografie in die Afrikakontinent, met besondere verwysing na politiek, oorlog, hervestiging en vlugtelinge, religie, identiteitsvorming en -politiek, etnisiteit en klas asook verbruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Historiese tendense in die moderne wêreld 'n Seleksie van politieke, ekonomiese en sosiale temas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *AGL 310 will be a prerequisite for a number of other modules (eg AGL 751 Advanced archaeological theory) and it is the responsibility of the students intending to continue archaeology to postgraduate level to do this module.

    Nature of archaeological theory; critique of various approaches to archaeological theory, debates over the relevance of theory, are some of the major topics to be presented.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Konseptuele integrasie van die omgewings-, ekonomiese en sosiale komponente van volhoubare ontwikkeling. Ander temas sluit in die veranderende persepsies oor ontwikkeling en omgewing, ontwikkelingsparadigmas, die uitdagings verbonde aan volhoubare ontwikkeling asook die rolspelers en aksies in volhoubare ontwikkeling. Landelike en stedelike bestaanswyses, en ‘n Derde-wêreldevaluering van volhoubare ontwikkeling in die ontwikkelde wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Veldwerk, etnografie en teorie Hierdie module bestudeer temas rakende veldwerkpraktyk, etnografiese skryfwerk en die ontwikkeling van teorie in antropologie. Die module bied die geleentheid om ervaring in etnografiese veldwerkmetodes op te doen en insig te ontwikkel vir die implikasies van metodologiese keuses en hul veband met navorsingsvrae en -kontekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Globalisering, diversiteit en verandering Teorieë en interpretasies van die proses van verandering. Globalisering en die betekenis daarvan vir o.m. die globale ekonomie, die nasiestaat, nasionalisme, etnisiteit en kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Klassieke ontwikkelingstrategieë. Die geskiedenis en erfenis van ruimtelike ontwikkeling in Suid-Afrika. Oorsig van huidige omgewingswetgewing in Suid-Afrika. Landelike ontwikkelingstrategie. Landelike en landboukundige rekonstruksie. Grondhervorming. Stedelike ontwikkeling en strategie. Stedelike ruimtelike strategie. Nasionale ruimtelike ontwikkelingstrategieë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fokus op kontemporêre omgewingsvraagstukke in suidelike Afrika. Huidige en toekomstige impak van menslike druk op natuurlike hulpbronne, die stand van die omgewing in Suid-Afrika, bestuur van kritiese hulpbronne, bevolkingstendense, verlies aan biodiversiteit, besoedeling, waterskaarste, verwoestyning, klimaatsverandering, akkumulasie en bestuur van afval, omgewingsbestuurstegnieke, omgewingsopvoeding en wetgewing t.o.v. omgewingsbestuur.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences