Jaarboeke

Aaneenlopende kliniekbesoekprogram 180


 
Modulekode LCP 180
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Die aaneenlopende kliniekbesoekprogram koppel studente van hul eerste tot vyfde jaar aan een van 40 klinieke in Pretoria en die stad se omgewing. Elke student word vir ‘n vierjaarperiode by 'n kliniek in Tshwane, Hammanskraal of Metsweding ingedeel, van die middel van die eerste jaar tot die middel van die vyfde jaar in die geval van mediese studente, en van die middel van die eerste jaar tot die einde van die tweede jaar in die geval van tandheelkundestudente. Studente besoek hierdie klinieke gedurende die blokke en spesiale aktiwiteite soos onderhandel met elke blok- en aktiwiteitshoof. Die aktiwiteite wat in die kliniek gedoen word, is 'n praktiese toepassing van die teorie wat in die klas geleer word met dié voordeel dat dit geskied in die konteks van die pasiënt en in die gesondheidstelsel.
Modulekrediete 0.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd Gemeenskapsbetrokkenheid, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Gesondheidswetenskappe Dekaan
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences