Jaarboeke

Program: MSc Tandheelkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10252090 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Die program behels 'n verhandeling wat met die hoofvak verband hou.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad of ’n gelykwaardige kwalifikasie vereis, plus die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh]. Die kandidaat kan vrygestel word van laasgenoemde kwalifikasie na goeddunke van die betrokke departementshoof en met die goedkeuring van die Dekaan.
  •  Kandidate in besit van ’n toepaslike baccalaureus honoresgraad of gelykwaardige kwalifikasie kan toegelaat word tot sekere gespesialiseerde basiese tandheelkundewetenskappe volgens die diskresie van die betrokke departementshoof en ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies en met die goedkeuring van die Dekaan.

Eksamens en slaagvereistes

Die Algemene Regulasies geld. ’n Slaagpunt van minstens 50% word vir die verhandeling vereis.

Slaag met lof

'n Student moet in die verhandeling minstens 75% behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences