Jaarboeke

Program: BScHons Biokinetika

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10243025 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof PS Wood
[email protected]
+27 (0)124206046

Programinligting

Die volgende vereistes word gestel vir voltooiing van die graad:

  • Gevorderde onderrig by wyse van selfstudie en vier verpligte seminare waarvan ten minste een aan die betrokke departement voorgedra en verdedig moet word oor onderwerpe aan die student opgedra.
  • Praktiese ervaring in die laboratoriumtegnieke wat in die spesifieke subafdelings van die vak gebruik word.
  • Bywoning van die verpligte fakulteitsmodule (TNM 700) Toegepaste navorsingsmetodologie 700 sowel as (MBS 700) Mediese biostatistiek 700.
  • Bywoning van die voorgeskrewe module (MBS 700) Mediese biostatistiek 700. Inskakeling by ’n navorsingsprojek en aanbieding van ’n selfstandige navorsingsprotokol.
  • Bevredigende bywoning van 'n biblioteekgebruikerskursus.

Toelatingsvereistes

  • ’n Kandidaat moet in besit wees van ’n baccalaureusgraad wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.
  • Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat 'n student wat ’n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het slegs met goedkeuring van die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.
  • Die voorvereistes vir toelating tot die honneursgraadstudie in sekere studierigtings word by die spesifieke departement se leerplanne aangedui.
  • Sien ook Algemene Regulasies.

Addisionele vereistes

Die voorvereistes vir toelating tot die honneursgraadstudie in sekere studierigtings word by die spesifieke departement se leerplanne aangedui.

Sien ook Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Die eksamen aan die einde van die program bestaan uit twee skriftelike vraestelle van drie uur elk asook ’n mondelinge eksamen van 30 minute.
  2. Vir die spesialiseringsrigting Geneeskundige Fisika word een eksamen van drie uur elk in elkeen van die teoretiese modules afgelê. ’n Punt word ook aan die praktika toegeken wat by die berekening van die finale punt in aanmerking geneem word.
  3. Die maksimum tydperk vir die voltooiing van die honneursgraad is twee jaar in die geval van voltydse studente en drie jaar in die geval van na-uurse studente. In buitengewone omstandighede kan ’n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om verlenging van die tydperk.
  4. Om aan die slaagvereistes vir die graad te voldoen, moet ’n student ’n finale punt van minstens 50% in elke afdeling soos aangedui behaal, asook ’n slaagpunt van minstens 50% in die skripsie/werkstuk (indien van toepassing). Die bepalings ten opsigte van slaagvereistes vir verhandelings in die Algemene Regulasie is mutatis mutandis op skripsies van toepassing.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die eksamen (skriftelik, mondeling, prakties, ens.) behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module examines exercise physiology from a biokinetics perspective and includes the normal and pathophysiology of bio-energetics, adaptation of the body systems, environmental influences, ergogenic aids and special considerations such as aging, gender, genetics and fatigue. 

    (1 hour contact time per week with work assignments for the following week).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    In this module the focus will be on the execution of a research proposal and writing a research manuscript on the study executed, and the presentation of the research project which includes an introduction, literature survey, methodology, results and discussion, and conclusion and recommendations.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

    This module serves as the practical platform for students to acquire exposure to an experience in health promotion, the maintenance of physical abilities and final phase rehabilitation. This will be achieved by means of the practical application of scientifically based assessement and physical activity programme prescription for healthy and special populations. This module requires the student to meet the expected requirements stipulated by the Health Professions Council of South Africa and have accumulated 65 hours of Sport First aid.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences