Jaarboeke

Regsleer 120


 
Modulekode JUR 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte BASIESE BEGINSELS VAN DIE: (a) Verbintenisreg (kontrakte en delikte) (b) Strafreg (c) Siviele Prosesreg (d) Strafprosesreg (e) Bewysreg. TOEGANG TOT GEREGTIGHEID (a) Howe en alternatiewe dispuutbeslegting (b) Regsprofessie (c) Toegang tot geregtigheid en die bevordering daarvan in Suid-Afrika (die beginsel, probleme, verteenwoordiging in strafsake, rol van verskillende organisasies, ens) BOGENOEMDE INHOUD VORM DIE GRONDSLAG VAN DIE VAARDIGHEDE-KOMPONENT, WAT AKADEMIESE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE INSLUIT: (a) Die opstel van ‘n eenvoudige kontrak wat op ‘n feitestel gebaseer is (b) Die lees, verstaan en opsom van ‘n hofsaak wat op die deliktereg gebaseer is en toepassing van die beginsels van argument en logika op die hofsaak (c) Die opsom, ontleding, kritisering en verbetering van ‘n regsteks te make met die bewysreg (d) Die verstaan en toepassing van die beginsels van hoofondervraging, kruisondervraging en herondervraging op ‘n feitestel met die oog op deelname aan ‘n skynhof of debat
Modulekrediete 15.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 4 lesings per week, 4 seminare per week, 1 tutoriaal per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Regsleer
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences