Jaarboeke

Spesifieke kontraktereg 802


 
Modulekode SKC 802
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud A. Koopreg 1. Algemene beginsels 2. Capita selecta uit: (a) Geskiedkundige oorsig van die koopkontrak (b) Metodes om die koopprys en koopsaak te bepaal (c) Formaliteitevoorskrifte by die verkoop van grond (d) Die Actio Empti, Actio Redhibitoria en Actio Quanti Minoris (e) Oorgang van eiendomsreg en waarborg teen uitwinning (f) Betaling van die koopprys: opskortende voorwaardes (g) Risiko-leerstuk B. Huurreg 1. Algemene beginsels 2. Capita selecta uit: (a) Aard van die huurkontrak (b) Essentialia (c) Huurbehuisingswet 50 van 1999: aard en bevoegdhede van ‘n huurbehuisingstribunaal (d) Verpligtinge van die verhuurder en die Huurder (e) Remedies van die verhuurder en die huurder (f) “Huur gaat voor koop” (g) Verbeterings aan die huursaak: regte, verpligtinge en remedies C. Aspekte van borgstelling en verteenwoordiging
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Handelsreg
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences