Jaarboeke

Statutêre mededingingsreg 801


 
Modulekode SCL 801
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud Hierdie module sal studente 'n gedetailleerde kennis en begrip van die onderliggende beleid en diverse bepalings van die Wet op Mededinging 89 van 1998 (soos gewysig) gee sowel as praktiese leiding verskaf ten aansien van die toepassing daarvan. Die volgende aspekte sal binne die konteks van vergelykende mededingingsreg behandel word: (a) Inleiding tot mededingingsbeleid, jurisdiksie en die strukture van mededingingsowerhede (b) Ekonomiese aspekte van mededingingsreg (c) Relevante aspekte van markte en markkrag (d) Horisontale ooreenkomste en beperkende horisontale praktyke (e) Vertikale ooreenkomste en beperkende vertikale praktyke (f) Misbruik van dominansie (g) Die Wet op Mededinging en prysvasstelling (h) Aansoeke om vrystelling (i) Assessering van samesmeltings (j) Regulering van samesmeltings: regs- en prosedurele aspekte
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Handelsreg
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences