Modulekode | GNR 751 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Gender is ‘n sleutelkonsep in ons alledaagse interaksies, omdat dit ’n deel van ons identiteit vorm. Nasionale identiteitsdokumente heg byvoorbeeld betekenisvolle waarde aan ons genderstatus. Genderverskille bepaal hoe mans en vroue deur verskillende sosiale instellings behandel word. Die program het daarom ten doel om studente aan verskillende teorieë sowel as literatuur oor gender en genderongelykheid bloot te stel. Hierbenewens ondersoek die module alledaagse genderervarings om ’n beter begrip van gender en die betekenisse wat dit in die samelewing aanneem te ontwikkel. Dit sluit die wyses waarop identiteitsmerkers soos ras, klas en geografiese ligging hierdie ervarings beïnvloed in. |
Modulekrediete | 25.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week, 1 seminaar per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Sosiologie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App