Jaarboeke

Program: MA Toegepaste Taalstudie Vertaling en Tolking (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250017 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 200
Contact:
Mrs R Marais
[email protected]
+27 (0)124204592

Toelatingsvereistes

  • ’n Erkende honneursgraad (of ander gelykwaardige tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) ter waarde van 120 krediete in ’n taal die linguistiek of ’n taalverwante dissipline.
  • ’n Gemiddelde van minstens 60% vir die honneursgraad word vereis van alle studente wat vir hierdie program inskryf.
  • 'n Gemiddelde van minstens 65% vir die toelatingstoets (raadpleeg die UP-webwerf vir meer inligting).
  • Die gekose taalpaar moet óf Afrikaans óf Engels insluit (en kan albei insluit).
  • Die keuse van ’n ander taal hang daarvan af of dit in ’n betrokke jaar aangebied kan word.

Addisionele vereistes

• Die gekose taalpaar moet óf Afrikaans óf Engels insluit (en kan albei insluit).

• Die keuse van ’n ander taal hang daarvan af of dit in ’n betrokke jaar aangebied kan word.

Ander programspesifieke inligting

  • TRL 851: Verpligtend vir studente wat beplan om in die miniverhandeling op vertaling te fokus.

  • Studente wat TRL 800, TRL 801, TRL 810 of TRL 802 wil neem, moet reeds op honneursvlak daarmee kennis gemaak het.

Minimum krediete: 100

Benewens die verpligte mini-verhandeling ter waarde van 100 krediete moet vyf ander modules ter waarde van 100 krediete gekies word. 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Studente word ook sterk aanbeveel om voorgraadse modules uit die programme in politieke wetenskappe en internasionale studies programme vir niegraaddoeleindes te neem.
    Inleiding tot die tolpraktyk
    Hierdie eerstesemestermodule dien as inleiding tot die vaardighede wat vir mondelinge vertaling vereis word. Lesings is gerig op die teorie en praktyk van verskeie tolkingstegnieke, onder meer mondelinge samevattings, sigvertalings en herbewoording van mondelinge tekste en toesprake, asook die praktyk van liaison-tolking in professionele situasies. Afhangende van die studente se taalkeuses, wat bo en behalwe Engels enige taal/tale wat op MA-vlak aangebied word mag insluit, sal hulle vir sekere lesings in kleiner groepe opgedeel word. Na afloop van hierdie module sal studente ‘n mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie tegnieke te toets.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is verpligtend vir studente wat beplan om in die miniverhandeling op vertaling te foukus.
    Studie van die belangrikste eienskappe van, en vergelyking tussen, verskillende vertaalmodelle, soos teksgeoriënteerde, funksionele, prosesgesentreerde en resepsiegebaseerde vertaalmodelle. Die verskuiwing vanaf voorskriftelike teorieë na deskriptiewe/beskrywende werkswyse binne die studieveld van vertaling. Korpus-gebaseerde vertaalkunde (corpus-based translation ctudies) (CTS): teorie en praktyk; die gebruik en toepassing van menslike taaltegnologie (MTT) in CTS.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kontemporêre teorieë en eietydse ontwikkelings op die terrein van literêre vertaling; verskeie benaderings tot literêre vertaling; historiese, konteksteule en linguistiese faktore wat van belang is in literêre vertaling; gevorderde praktiese vertaling van tekste met genre-spesifieke en/of kultuurspesifieke eienskappe (naas prosa, ook poësie, lirieke, drama).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van staatsbestuur, politiek, regte en ekonomie (sowel algemene beginsels as beginsels eie aan brontaal- en doeltaalgemeenskappe en state). Oriëntering met betrekking tot wêreldbeskouing. Kultuurspesifieke eienskappe met betrekking tot die gekose taalkombinasie. Konteks, gepastheid, en noodsaaklike kennis wat relevant is vir vertaling en, veral vir tolking.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente wat die TRL 811 module geslaag het, mag in die tweede semester in tolking spesialiseer. Hierdie tweedesemestermodule is op die tegniek van professionele konsekutiewe tolking toegespits. Die module sluit beide gesamentlike lesings in Engels en praktiese groepsessies in, afhangende van die studente se taalkeuses. Mondelinge eksamen sal na afloop van hierdie module studente se bemeestering van hierdie tegniek toets.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teoretiese agtergrond tot eietydse internasionale tendense in oudiovisuele vertaling, spesifiek met betrekking tot onderskrifskepping. Toepassing van hierdie beginsels in Suid-Afrika as 'n veeltalige ontwikkelende land. Gevorderde praktiese opleiding in die gebruik van professionele sagteware vir onderskrifskepping. Skep van onderskrifte vir 'n aantal vollengte plaaslike en internasionale tekste in verskillende genres, in elke student se eie taalkombinasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde vertaalbeginsels en -praktyk. Toepassing deur studente van hul kennis van die gebruik van menslike taaltegnologie (MTT) in die vertaalpraktyk. Spesialisering in verskillende tipes vertaling soos onder andere tegniese vertaling, regsvertaling, literêre vertaling (prosa en/of poësie), administratiewe vertaling (diensprosa), vertaling van advertensies, ens. In oorlegpleging met die dosent, spesialiseer die student in een of meer van hierdie vertaalterreine, in enige twee tale aangebied deur die Taaldepartemente mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word. Waar moontlik word praktiserende vertalers wat in verskillende tipes vertaling spesialiseer, by die module betrek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module beoog om studente die vaardighede wat vir hoftolking benodig word, aan te leer. Lesings sal beide teoretiese aspekte en die praktyk van hoftolking insluit, asook etiese aspekte rakende die beroep dek. Buiten die kontak lesingsure sal studente in kleiner groepe opgedeel word, afhangende van hulle taalkeuses, wat bo en behalwe Engels enige taal/tale wat op honneursvlak aangebied word, mag insluit. Na afloop van hierdie module sal studente ’n mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie vaardighede te evalueer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vertaling van meer uitdagende gespesialiseerde tekste vanuit en in Frans. Studente word die geleentheid gebied om in spesifieke vertalingsveld van hulle keuse te spesialiseer. Professionele vertalingsprojek van gespesialiseerde teks van hulle keuse (bestaande uit ongeveer 6 000 woorde) sluit die module af.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte van die leksikografie; tipologie van die woordeboek; struktuur van die leksikon; preskriptiewe vs deskriptiewe woordeboeke; behoeftebepaling; problematiese aspekte van lemmatisering; bou van korpusse; kruisverwysing as leksikografiese hulpmiddel; inleiding tot die vak leksikografie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Studente wat in tolking spesialiseer mag hierdie module neem indien hulle die module TRL 812 geslaag het.

    Lesings is op die teorie en praktyk van simultaantolking (konferensietolking) van mondelinge tekste en toesprake gerig. Hierdie tegniek word deur middel van verskeie oefeninge bemeester en praktiese oefeninge (in die student se gekose taalkombinasie) in die tolkingshokkie sluit die module af. Studente sal deur mondeling eksamen na afloop van die module geëvalueer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsing oor drie handelsmerke in drie verskillende kategorieë: maatskaplike bewustheid, kleinhandel en 'n persoonlike handelsmerk. Skryf 'n kreatiewe strategie vir elk van die gekose handelsmerke. Ontwikkel drie veldtogte met vyf kommunikasies elk; die media wat gebruik word, sal afhang van die strategie, die handelsmerk, die doelgehoor/teikenmark en kommunikatiewe oogmerke. Stel 'n kopieportefeulje wat geskik is om aan die bedryf voor te lê op grond van die voorafgenoemde saam.

    Sien meer

Minimum krediete: 100

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die miniverhandeling moet die resultaat wees van onafhanklike navorsing oor vertaling en/of tolking. Benewens die analise en interpretasie van navorsingsresultate, moet die miniverhandeling ook omvattende literatuurstudie en sintese van bestaande beskouinge rakende die spesifieke onderwerp soos weerspieël in die literatuur, bevat. Lengte: 18 000-20 000 woorde/ongeveer 80-100 getikte bladsye.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences