Code | Faculty |
---|---|
01250015 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
Prof AB Hofmeyr [email protected] | +27 (0)124202702 |
Prof S Mühr [email protected] | +27 (0)124202419 |
Prof L Kriel [email protected] | +27 (0)124205732 |
Studente kies een van die volgende vyf spesialiseringsvelde:
Voornemende studente moet ’n motiveringsbrief, ’n akademiese rekord en ’n CV aan die PKK voorlê.
Let wel: Finale oorweging en aanvaarding van aansoekers berus by die diskresie van die komitee.
Minimum krediete: 50
Module-inhoud:
Die onderlinge verbondenheid tussen die “geskiedenis”, “agentskap” en “geheue” van die gemeenskaplik-samestellende kragte sal ondersoek word, ten einde te lei tot die insig dat ’n mens nie die (“eie”) geskiedenis, tradisie en kultuur kan besit nie, maar dat hierdie eerder areas van kultuurpraktyk is wat voortdurend veranderlik is en onderhandel word.Module-inhoud:
Die EU-lekgotla sal studente voorsien van ’n kritiese forum om hulle navorsingsvoorstelle aan te bied en te bespreek.Module-inhoud:
Hierdie module fokus op ’n kritiese interdissiplinêre begrip van sleutelkonsepte in Europese denke, soos die geesteswetenskappe, nasionale identiteit en homogeneïteit, vak-formasie; essensialistiese teenoor nie-essensialistiese beskouings van “kultuur”, “identiteit”, “nasie”, “realiteit”, ens.Minimum krediete: 130
Module-inhoud:
Die krediete vir hierdie module kan bekom word deur of ’n Europese taal – buiten Engels – op tweedejaarsvlak te neem of deur ’n projek te voltooi in die geselekteerde spesialiseringsveld in oorleg met die mentor in daardie betrokke veld.Module-inhoud:
(NB In oorleg met die betrokke mentor in die student se gekose spesialiseringsveld.) Veld 1: Narratiewe, visuele wêrelde, simboliese ruimtes. Hierdie veld handel oor die stories wat mense hulself vertel om sin te maak uit hulle bestaan, sowel as die simbole en verbeelde voorstellings van die werklikheid. Dit lei tot ’n kritiese herevaluasie van waarheidgewende prosesse. Mentore: Prof Amanda du Preez (Visuele Kunste), Prof Fraser McNeill (Antropologie). Veld 2: Sosio-historiese dinamika. Hierdie veld handel oor die chronologie en die dinamika van (mags)verhoudinge, kontak, kontra-kontak en die effek daarvan. Dit kan sosiologiese, politieke, historiese en ander benaderings tot hierdie dinamika insluit. Mentore: Prof Alois Mlambo (Historiese en Erfenisstudies), Prof Janis Grobbelaar (Sosiologie) Veld 3: Afro-Europese verhoudinge wat ons oortuigings en waardes onderlê. Hierdie veld kan studies insluit van die geskiedenis van menseregte in Afrika, van gender-, klas- of ras-gedrewe norme, van hoe sulke norme en tradisies verander, hoe ons “ons” norme vir onsself voorstel, hoe norme gekodifiseer word en wat dit is wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Mentore: Prof Karin van Marle (Philosophy of Law), Prof Dirk Human (Religion Studies) Veld 4: Politieke konstruksies. Hierdie veld verwys na politieke, private, en mark-instansies op gemeenskaps-, nasionale, inter- en transnasionale vlakke. Dit verwys na die kulturele praktyke en gewoontes van agentskap, na hoe mense dinge laat gebeur, hoe om gewoontes en sosiale handelinge te hanteer, hoe mag of verteenwoordiging geskep, georganiseer, versprei en ondermyn word. Mentor: Prof Maxi Schoeman (Politieke Wetenskap) Veld 5: Tale, kulture, vertalings. Hierdie veld verwys na spesifiek taal-geöriënteerde benaderings tot die dinamika van Afro-Europese verhoudinge en werk met “taal” as betekenismakende meganisme naas blote kommunikatiewe vaardighede. Mentore: Prof Russel West-Pavlov (English), Prof Willie Burger (Afrikaans).Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App