Code | Faculty |
---|---|
01240515 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof A Goslin [email protected] | +27 (0)124206043 |
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Die module gebruik Thomas, JR, Nelson, JK, en Silverman, SJ, 2010, se boek, Research Methods in Physical Activity, as basis vir navorsing in sport en rekreasie. Die module se onderafdelings is kwalitatiewe navorsing; kwantitatiewe navorsing; statistiek. Deur middel van 'n navorsingsvoorstel, skripsie en teoretiese eksamen en 'n navorsingsprojek-voordrag, kry studente die geleentheid om hulself in die vak te bewys.Module-inhoud:
Hierdie module ondersoek die verwantskap tussen sport- en rekreasieaktiwiteite en toerisme. Die rol van rekreasie en sport in die ontwikkeling van toerisme word verduidelik. Die multidimensionele impak van sport en rekreasie as toerismeaktiwiteite op gemeenskappe word vanuit ’n sportbestuurs-perspektief sowel as ’n byeenkomsbestuurperspektief ondersoek.
Module-inhoud:
Aspekte van visionêre rekreasiebestuur, entrepreneurskap, mannekragbestuur en bemarking word in die sport- en rekreasie-industrie toegepas. (1 uur kontaktyd per week met werksopdragte vir die volgende week.)Module-inhoud:
Filosofie van sport en rekreasie ondersoek die volgende temas: Inleiding tot die filosofie van sport en rekreasie. Die geskiedenis en basiese filosofiese beginsels van sport en rekreasie. Filosofiese benaderings tot sport en rekreasiebestuur. Die toekoms en beroepsgeleenthede binne sport en rekreasie in die 21ste eeu. Sportmanskap. Sport en etiek. Sport en chemiese prestasiemiddels. Sport en tegnologie. ''Liggaamlikheid'' in sport en rekreasie. Spel en sport.Module-inhoud:
Die bestuur van die natuurlike omgewing met betrekking tot sport- en rekreasieverbruik word verklaar. Fasiliteitsbestuur as kardinale opdrag van die sport- en rekreasiebestuurder word volledig bestudeer. Sporttoerisme as groeiende komponent van die industrie word ook aangeraak vanuit ruimtelike bestuursoogpunt. (1 uur kontaktyd per week met werksopdragte vir die volgende week.)Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App