Jaarboeke

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Fakulteitsregulasies en -inligting

Die regulasies ten opsigte van grade wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan voor die aanvang van die akademiese jaar gewysig word.

Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Raadpleeg ook die Algemene Reëls en Inligting op die Jaarboek-webblad vir bykomende inligting.

Let wel: As gevolg van die deurlopende herstrukturering in die Fakulteit en die gepaardgaande instelling van modules en krediete wat ingefaseer word, is dit moontlik dat sommige inligting nie die mees onlangse verwikkelinge in die Fakulteit volledig weerspieël nie. Probleme wat as gevolg hiervan ondervind word, kan met die Studenteadministrasie opgeneem word.

Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot sommige graadprogramme in hierdie Fakulteit. Formele keuring vind plaas tov studente wat aansoek doen om toelating tot die BAdmin [Opsie: Publieke Administrasie], waar werkservaring 'n vereiste is.

Voorgraadse programme
Die basiese module-eenheid van die Fakulteit duur 14 weke. Studente vir die BCom- en BAdmin-grade wat aan die einde van ’n studiejaar nie in ten minste vier kernmodules geslaag het nie, moet aansoek om hertoelating tot die graadprogram doen. (Raadpleeg Algemene Regulasie G. 3.2.)

Algemeen
Die Dekaan het 'n beslissingsbevoegdheid ten opsigte van aangeleenthede waarvoor daar nie in die Algemene of Fakulteitsregulasies voorsiening gemaak word nie.

Die Senaat kan die aantal studente beperk wat toegelaat word om vir 'n graadprogram te registreer. In so 'n geval selekteer die betrokke Dekaan diegene wat toegelaat sal word uit die applikante wat vir toelating gekwalifiseer het.

Kandidate wat oorskakel vanaf 'n ander tersiêre instelling oorskakel
Kandidate wat voorheen by 'n ander tersiêre instelling geregistreer was, se aansoeke word deur die Fakulteit se Toelatingskomitee oorweeg aan die hand van Graad 12-uitslae en naskoolse akademiese prestasies. 'n Akademiese rekord, sowel as 'n skooleind-sertifikaat word in al hierdie gevalle vereis.

Let wel: Indien kandidate nog by 'n ander universiteit geregistreer is, moet akademiese rekords van hul studies so spoedig moontlik na afloop van hul finale eksamens aan die Fakulteit voorgelê word. Die sluitingsdatum vir hierdie aansoeke is ook 30 September.

Akademiese geletterdheid
Opleiding in akademiese geletterdheid word as deel van die studieprogramme aangebied.

Gelyktydige registrasie vir twee studierigtings
'n Student mag met verlof van die betrokke dekaan/dekane gelyktydig vir 'n graad, diploma of sertifikaat en 'n ander graad, diploma of sertifikaat, hetsy voor- of nagraads, registreer, onderworpe aan die regulasies wat op die betrokke studierigtings van toepassing is en enige ander voorwaardes wat die dekaan/ dekane mag neerlê op voorwaarde dat daar geen oorvleueling tussen die kursusinhoude van die eerste graad, diploma of sertifikaat en die tweede graad, diploma of sertifikaat mag wees nie. Sodanige vergunning kan deur die betrokke dekaan/dekane teruggetrek word, indien die student nie bevredigend presteer nie. (Kyk Algemene Regulasie G.6.)

Minimum studietydperke en vereistes vir baccalaureusgrade
'n Baccalaureusgraad word slegs aan 'n student toegeken, indien hy of sy voldoen het aan die minimum studietydperk en ander vereistes wat vir die verwerwing van die graad in die Gemeenskaplike Statuut en die regulasies van die Universiteit gestel word. (Kyk Algemene Regulasie G.7.)

Tydperke van bywoning en krediete in modules wat 'n student aan die Universiteit verwerf het en wat nie deel gevorm het van die vereistes van 'n graad wat reeds aan 'n student toegeken is nie, kan deur die dekaan in oorleg met die betrokke departementshoof aanvaar word vir 'n baccalaureusgraad, mits aan die bepalings van G.8.1 en G.9.4(a) voldoen word.

Behoudens andersluidende bepalings in die Gemeenskaplike Statuut, kan die dekaan as deel van die bywoning van 'n student vir 'n baccalaureusgraad aan hierdie Universiteit, bywoningstydperke as ingeskrewe gematrikuleerde student aan enige ander tersiêre inrigting wat die Senaat vir hierdie doel goedgekeur het, aanvaar.

Eksamens

  1. 'n Student word slegs tot 'n eksamen of die bevordering in 'n module toegelaat indien die dosent in daardie module in oorleg met die departementshoof sertifiseer dat die student deur die behoorlike uitvoering van sy/haar werk, hom-/haarself bevredigend voorberei het en aan die bywoningsvereistes voldoen het. Klasbywoning in alle modules en vir die volle duur van die program is verpligtend vir alle studente.
  2. 'n Student kan toelating tot die eksamen of bevordering tot 'n volgende studiejaar of in 'n module geweier word indien die vasgestelde klasgeld soos voorgeskryf, nie betaal is nie.
  3. 'n Student kan toelating tot die eksamen of bevordering tot 'n volgende studiejaar of in ’n module geweier word indien hy/sy nie aan die bywoningsvereistes voldoen het nie. Klasbywoning in al die modules en vir die volle duur van die program is verpligtend vir alle studente.
  4. In uitsonderlike gevalle, indien dit toepaslik geag word, mag die dekaan van 'n fakulteit 'n student toelaat om 'n module of gedeelte van 'n module nie by te woon nie.
  5. Die minimum semesterpunt om tot 'n eksamen in 'n eerstesemestermodule op 100-vlak toegelaat te word is 30% en die semester-/jaarpunt vir toelating tot 'n eksamen in alle ander modules is 40%.
  6. Die eksamens vir modules wat in die eerste semester aangebied word, vind in Mei/Junie plaas, terwyl alle ander eksamens (tweedesemester- sowel as jaarmodules) in Oktober/November plaasvind (kyk ook Algemene Regulasie G.12).

Slaagvereistes en subminima in eksamenvraestelle
Om in 'n module te slaag, moet 'n student 'n finale punt van minstens 50% behaal. Die jaar- of semesterpunt moet in die bestek van 40%-60% en die eksamenpunt in die bestek van 40%-60% van die finale punt wees. Uitsonderings op hierdie reël kan deur die Dekaan goedgekeur word. Die formule wat gebruik word om die finale punt te bepaal, word in die studiegids van die module uiteengesit.

Aanvullende eksaminering
Die eksaminatore kan 'n student na aflegging van 'n eksamen en voor bekendmaking van die eksamenuitslae oproep om 'n aanvullende eksamen oor bepaalde aspekte van die werk van 'n module af te lê.

Hernasien van eksamenantwoordstelle
Departemente gee na eksaminering terugvoering aan studente oor die raamwerk wat eksaminatore tydens eksaminering gebruik. Die wyse waarop hierdie terugvoering geskied, word deur die departementshoof bepaal. Studente kan na insae en binne 14 kalenderdae na die aanvang van lesings in die volgende semester, na betaling van die voorgeskrewe gelde, by die hoof van die betrokke departement of sy verteenwoordiger aansoek doen om die hernasien van 'n antwoordstel, wat dan deur 'n eksaminator, wat deur die betrokke departmentshoof aangewys word, nagesien word. (Kyk Algemene Regulasie G.14.)

Hereksamens
(Raadpleeg Algemene Regulasie G.12, par. 4.3, 4.4, 4.5)

  1. Hereksamens in modules wat in die eerste semester gevolg word, vind na afloop van die Mei-/Junie-eksamen plaas en dié modules wat in die tweede semester gevolg word, sowel as jaarmodules, na afloop van die Oktober-/ Novembereksamen.
  2. 'n Student kan tot 'n hereksamen in 'n module toegelaat word indien

 

  1. 'n finale punt van tussen 40% en 49% behaal is; of
  2. 'n slaagpunt behaal is, maar die vereiste subminimum in die eksamengedeelte van die module of onderdele daarvan nie behaal is nie.
  1. Indien die module waarin 'n finale punt tussen 40% en 49% behaal is, 'n eerstesemestermodule op 100-vlak is, moet 'n hereksamen toegestaan word, maar vir alle ander modules het die departement die diskresie om 'n student tot die hereksamen toe te laat. 
  2. Om in die hereksamen te slaag, moet ’n student 50% behaal – die semester-/ jaarpunt word nie in berekening gebring nie.
  3. Die hoogste finale persentasie wat aan 'n student in ’n hereksamen toegeken kan word, is 50%.
  4. Spesiale hereksamens word nie gereël vir studente wat nie gedurende die hereksamentydperk, om watter rede ook al, die hereksamen op die geskeduleerde tye kan aflê nie.
  5. Hereksamens dek dieselfde leerinhoud as wat vir die eksamen die geval was.

Buitengewone/siekte-eksamens
(Raadpleeg Algemene Regulasie G.12, par 5.1 en 5.2)

  1. 'n Student wat deur onvermydelike omstandighede of deur siekte verhinder is om vir die eksamen voor te berei of daaraan deel te neem, kan deur die Dekaan tot 'n buitengewone eksamen/siekte-eksamen in die betrokke module(s) toegelaat word.
  2. 'n Aansoek om ’n buitengewone/siekte-eksamen af te lê, moet, vergesel van die toepaslike, stawende bewyse (bv 'n oorspronklike mediese sertifikaat), binne drie dae nadat die module geskryf moes word, by die Studente-administrasie ingedien word, met die voorbehoud dat 'n aansoek wat nie betyds ingedien kon word nie, wel ingedien mag word mits daar 'n geldige rede bestaan.
  3. Indien 'n student 'n eksamen afgelê het, mag hy/sy nie daarna op grond van onvoorsiene omstandighede of siekte aansoek doen om 'n buitengewone/ siekte-eksamen nie.
  4. 'n Student wat toestemming gekry het om 'n siekte-/buitengewone eksamen af te lê en dan afwesig is, kwalifiseer nie vir enige verdere eksamen in die betrokke module nie.
  5. 'n Student wat ’n siekte-/buitengewone eksamen afgelê het, kan nie aanspraak maak op 'n hereksamen nie.

Spesiale eksamens
(Raadpleeg Algemene Regulasie G.12, par. 6.1)

  1. 'n Student vir die BCom- of BAdmin-graadprogram wat, met uitsondering van hoogstens twee modules van 14 weke elk, of die ekwivalent daarvan, aan al die vereistes vir die graad voldoen, kan toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester, of op 'n vroeër tydstip, 'n spesiale eksamen daarin af te lê.
  2. 'n Student kwalifiseer slegs vir 'n spesiale eksamen indien hy/sy toelating tot die voorgeskrewe eksamen gehad het, en wel die eksamen afgelê het in die finale (voorafgaande) eksamenperiode.
  3. Indien die spesiale eksamen voor 31 Januarie afgehandel is, moet sodanige student nie weer vir die betrokke module/s registreer nie en word die eksamen soos 'n hereksamen behandel.
  4. Indien die spesiale eksamen na 31 Januarie afgelê word, moet die student weer vir die betrokke module/s registreer en moet ’n semester-, eksamen- en finale punt op 'n gepaste wyse verwerf word. In so 'n geval word die uitslag van die eksamen nie in aanmerking geneem met die oog op die promosieplegtighede in Maart/April nie.
  5. Al die regulasies wat geld vir ’n hereksamen, is ook van toepassing op 'n spesiale eksamen (Reg G.12.4).

Toepassing van ou en nuwe regulasies en geldigheid van modules
(Raadpleeg Algemene Regulasies G.3 en G.5)
Behoudens oorgangsmaatreëls deur die Fakulteit gestel, moet 'n student sy of haar graad voltooi volgens die regulasies wat tydens sy of haar eerste registrasie vir 'n betrokke studierigting of spesialiseringsrigting gegeld het. Indien 'n student sy of haar studierigting of spesialiseringsrigting wysig of studies onderbreek, geld die regulasies van die jaar waarin die wysiging of hervatting plaasgevind het vir die gewysigde of nuwe studierigting.

'n Student wat versuim om sy of haar registrasie te hernu vir 'n graad of module binne vyf jaar na eerste registrasie vir die graad, moet aansoek doen om reregistrasie soos bepaal in G.3.2 en moet geskrewe toestemming verkry van alle Departementshoofde waarin die aanvaarding van die geldigheid van vorige modules geslaag, bevestig word.

Erkenning van modules
(Raadpleeg Algemene Regulasies G.8 en G.9.)
Krediet vir modules geslaag by ander instansies word beperk tot slegs eerstejaar- (100-vlak) modules en indien die geldigheidsdatum van die student se Nasionale Senior Sertifikaat met toelating tot graadstudie vroeër is as 2 April van die akademiese jaar waarin sodanige module voltooi is. 'n Student wat reeds in besit van 'n baccalaureusgraad is, mag nie modules wat vir dié graad geslaag is, weer vir 'n ander rigting of graad in hierdie Fakulteit aanbied nie.

Nagraadse programme
Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar:

Postgraduate programmes:
1. General selection principles for postgraduate study

In the Faculty of Economic and Management Sciences, all postgraduate applicants are subject to a selection process which differs from department to department and will be published in the departmental brochures and on the departmental webpages.

Selection is based on the content of and performance in the prior degree, bridging arrangements (where required), academic merit, prior work experience and research ability (For more detail, please refer to the departmental postgraduate selection criteria on the departmental website).

The HOD in consultation with the departmental Postgraduate Selection Committee reserves the right to request students to write an admission examination or to prescribe additional admission requirements or additional modules when deemed necessary (For more detail, please refer to the departmental postgraduate selection criteria).

Admission for all qualifications is subject to supervisory capacity in the field of specialisation in the relevant department and the department has the right to limit the number of students per year. The maximum number of students to be admitted per year will be published on the departmental website.

Research proposals for master’s and doctoral applicants should be in line with the research focus of the Department which is published on the departmental website.

Only applicants who comply with the requirements set out in this document will be considered for selection. However, the achievement of the requirements does not guarantee admission as only a limited number of students can be accommodated.

2. Consideration will be given for the diversity profile of students in accordance with the University strategy.
Incomplete applications and applications that are received after the closing date will not be considered for selection.

Any false information provided by a student in his/her application will result in the exclusion of the application.

Selected applicants must, within 30 days from receiving the letter of admission, return the acceptance form and pay the prescribed deposit. Applicants, who comply with the minimum requirements but are not selected, will be placed on a waiting list and will be considered for admission when space becomes available.

A dean may, on the recommendation of a particular Postgraduate Committee, cancel the registration of a student if the student fails to comply with the minimum requirements determined by the faculty board – on condition that a student may request that the dean reconsider the decision in terms of the set procedures. The general rule is that a student for a doctorate must complete his or her studies within three years, with a possible limited fixed extension, after first registering for the degree.

3. Renewal of registration
Students of the University are registered for one year of study, or for a shorter period determined in general or in specific cases by the Council. After a year or period of study has expired, students wishing to continue their studies at the University must renew their registration and pay such fees for renewal of registration as are prescribed by the Council from time to time.

Re-registration for an honours degree or a postgraduate diploma is permitted only if the student has passed at least the equivalent of four semester or two year modules in a particular year of study – on condition that faculty boards may stipulate other requirements for progress that students must comply with in order to be readmitted.

Subject to exceptions approved by the Dean, on the recommendation of the head of the department, a student may not sit for an examination for a postgraduate qualification more than twice in the same subject. This applies to both modules and the dissertation.

4. Recognition of modules passed at this university
If a student wishes to continue his/her study after an interruption, the Dean, on the recommendation of the head of the department may require either that such a student should repeat certain modules already passed or that supplementary work in these modules be undertaken with a view to the continuation of his/her studies.

Periods of attendance at and credits for modules which a student obtained at the University and which did not form part of the requirements for a degree already conferred on a student, may be accepted by the Dean in consultation with the head of the department concerned, for an honours degree, provided that the student complies with the stipulations in G.8.1 and G.9.4(a).

5. Degree with distinction
In order to be awarded a postgraduate degree/diploma with distinction, a student must meet the following criteria:

  • Obtain a Grade Point Average of at least 75% including at least 75% for the research component in the case of an Honours degree; 75% in the mini-dissertation in the case of a coursework Master's degree or 75% for a full dissertation Master's degree: # and
  • Complete the degree/diploma within the minimum period prescribed.
  • Only the final mark of the first attempt to pass the modules or dissertation will be considered; and
  • The GPA will be not be rounded up to a whole number.

Exceptional cases will be considered by the Dean.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences