Jaarboeke

Finansiële rekeningkunde 311


 
Modulekode FRK 311
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Voorbereiding en aanbieding van maatskappy finansiële jaarstate in ooreenstemming met die vereistes van Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk in verband met die volgende: inkomstebelasting; eiendom, aanleg en toerusting; waardedaling; niebedryfsbates gehou vir verkoop; ontasbare bates; beleggingseiendom; leenkoste; hure; rekeningkundige beleid; veranderinge in rekeningkundige ramings en foute; segmentverslagdoening; sekere aspekte van finansiële instrumente.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Voorvereistes FRK 211, 221 en INF 281
Kontaktyd 4 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Rekeningkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences